DG se skorsing tersyde gestel

Mkuseli Apleni, DG van binnelandse sake Foto: ANA

Die Pretoriase hooggeregshof het Woensdag die skorsing van Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, tersyde gestel, omdat die minister nie enige mag gehad het om hom te skors nie.

Apleni was suksesvol in sy hofaansoek teen sy skorsing deur die voormalige minister van binnelandse sake, dr. Hlengiwe Mkhize. Sy is intussen vervang deur Ayanda Dlodlo as die minister van die departement.

Apleni het volgehou hy kan slegs deur die president geskors word, en nie die minister nie.

Mkhize het nie enige redes verskaf toe sy Apleni verlede maand geskors het nie.

Apleni voer aan die minister wou hom uit die pad gehad het sodat die departement ʼn hofsaak vir miljoene rand kon skik, en hy geweier het om dit te doen.

Die hof het beslis dat die minister nie die outoriteit gehad het om Apleni te skors nie en dat die skorsing dus “ongrondwetlik” was. Die hof het ook die minister beveel om die kostes van die aansoek te betaal.

Apleni het gesê die uitspraak beteken dat hy kan terugkeer werk toe. Die departement het nog nie aangedui of hy appèl sal aanteken teen die uitspraak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marous ·

Skors die minister omdat die belasting betaler die koste moet delg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.