DG van binnelandse sake voorlopig geskors

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake (Foto: ANA)

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, is Maandag voorlopig geskors.

Die departement van binnelandse sake het in ʼn kort verklaring namens minister Hlengiwe Mkhize bevestig Apleni is voorlopig geskors. Die departement het geen besonderhede verskaf oor die redes vir Apleni se skorsing nie.

Apleni het LP’s vroeër vanjaar warm onder die kraag gehad nadat hy nie by ʼn parlementêre vergadering oor die toekenning van vervroegde burgerskap aan lede van die Gupta-familie teenwoordig was nie. LP’s het gesê Apleni asook Malusi Gigaba, voormalige minister van binnelandse sake, moet bewys dat die departement onpartydig en binne die raamwerk van die wet opgetree het toe hy burgerskap aan die Guptas toegeken het.

Dit is nie duidelik of Apleni se skorsing met die toekenning van die Guptas se burgerskap verband hou nie.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johanna Botha ·

Skandes op skandes , week na week en nou al dag na dag !

Adam ·

Sy skorsing is bloot geografiese inligting. Hy is nou van “Binnelandse” sake na “Buitelandse” sake. Dit maak immers geen veskil aan sy verdien-potensiaal nie.

Theresa ·

SKANDELIK dat leiers en mense in gesogte, hoë posisies so optree dat hul in skandes kom. Ag nee man! LIve up to your status en get a life. Die jongmense het geen goeie voorbeeld in meeste voorbeelde van hooggesplaasdes nie. Skrik wakker (of is dit onmoontlik???).

Nico K ·

Adam ek weet nie of ek jou reg verstaan nie, maar ek dink jy het iewers iets verkeerd. Hy is nie na Buitelandse Sake toe nie.

Loeis ·

Iemand het ‘n hele wyle gelede in een van die koerante ‘n voeltjie laat fluit dat die Guptas diplomatieke paspoorte wou he, en die rede wat hulle aangevoer het is omdat hulle baie op reis is. Het iemand meer inligting hierroor?

Sou dit waar wees, is dit insigself rede om ‘n paar vrae te vra. Soos byvoorbeeld, of dit hulle diplomatieke immuniteit in die buiteland kan gee, en gevolglik van moontlike wandade kan vrystel. Ek wonder sommer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.