DG van finansies se kontrak verleng

Lungisa Fuzile (Foto: Tesourie)

Lungisa Fuzile (Foto: Tesourie)

Die kabinet het die direkteur-generaal van finansies, Lungisa Fuzile, se kontrak verleng.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Vrydag ná ‘n kabinetsvergadering aangekondig dat Fuzile se kontrak verleng word nadat sy vyf jaar termen op 15 Mei 2016 tot ‘n einde sou kom. Daar was gerugte dat Fuzile se kontrak in Mei gekanselleer sou word nadat pres. Jacob Zuma die finansiesportefeulje geskommel en Des van Rooyen as minister aangewys het. Die president het egter daarna onder druk toegegee en Pravin Gordhan weer in die amp aangestel.

Gordhan het Vrydag sy volle vertroue in sy kollega bevestig en tydens ʼn perskonferensie gesê die staatsdiens kan dankbaar wees om hom in diens te hê.

Fuzile werk al 18 jaar lank in die departement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.