DG van gesondheid terug in pos

Dr. Sandile Buthelezi. (Foto: Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad)

Dr. Sandile Buthelezi is weer as direkteur-generaal (DG) van die departement van gesondheid aangestel nadat hy in September voorlopig geskors is hangende sy verskyning voor ’n tugkomitee oor sy beweerde rol in die Digital Vibes-skandaal.

Foster Mohale, woordvoerder van die departement, het nou gesê Buthelezi is terug in sy pos nadat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se verslag rakende die skandaal bekend gemaak is.

“Hy is vrygespreek van alle aanklagte wat tydens die verhoorproses teen hom gemaak is, vandaar sy terugkeer na die kantoor,” het Mohale oor die DG gesê.

Buthelezi het reeds Maandag teruggekeer werk toe.

Dít nadat hy vroeër vanjaar nes oudminister Zweli Mkhize en verskeie ander amptenare betrek is by die omstrede toekenning van ’n kommunikasietender aan Digital Vibes.

Die SOE het bevind dat verkwistende uitgawes van tussen R72 miljoen en R80 miljoen deur die gesondheidsdepartement aangegaan is met die Digital Vibes-kontrakte en daar is verdoemende bevindings teen Mkhize en ander amptenare van die departement gemaak.

Mkhize het sedertdien uit die regering bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

casper ·

Sjoe ne – Nou kan hy maar weer aangaan met sy skelmstreke met permissie ne.

Perdeby ·

As ek reg lees is hy vrygespreek en was hy nie betrokke gewees nie.

Nie Verbaas ·

Soos ons alreeds weet word groot vissies se sake aanhoudend uitgestel. Ek en jy sou lankal agter tralies gewees het.

JohanR ·

Soe ons kan verwag dat Zweli Mkhize ook sommer gou vrygespreek sal word? Ek vat dit dat ‘n Suid Afrikaanse HOF met ‘n REGTER, het hom nie vrygespreek maar sommer ‘n paar manne wat in ‘n kamer vergaarder het met ‘n paar drankies. Na almal lekker dronk was het hulle hom vry gespreek! Klink soos ‘n ANC proses?

Genis ·

Net nog n laggende ryk kader…. sies, het hulle geen skaamte nie?

Jacobus ·

Dit bly steeds ANC-beleid dat integriteit, etiek, uitnemendheid, geskiktheid en meriete nooit in ag geneem word, wanneer kaders aangestel, of ontplooi word. Die afwesigheid van hierdie eienskappe, of vereistes bepaal die senioriteit van die aanstelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.