DG van hoër onderwys geskors

Gwebinkundla Qonde (Foto: Departement van hoër onderwys)

Gwebinkundla Qonde, die direkteur-generaal van die departement van hoër onderwys, is geskors.

Minister Blade Nzimande het in ʼn verklaring gesê Qonde is voorlopig geskors ná ʼn ouditverslag vir die 2019/20-boekjaar deur die ouditeur-generaal. Dr. Phil Mjwara, direkteur-generaal van die departement van wetenskap en innovasie, is aangestel om met onmiddellike effek in die pos waar te neem totdat die ondersoek en enige gevolglike prosesse afgehandel is.

Qonde se skorsing hou verband met ʼn forensiese ondersoek na die nasionale vaardigheidsfonds (NSF).

Die ouditeur-generaal het bevind R1,8 miljard van die NSF is onderbestee. Die entiteit het ook nie voldoende stelsels in plek gehad om boek te hou van geoormerkte fondse nie. Die finansiële state het ook nie aangedui hoe R2,5 miljard spandeer is nie.

Die NSF het in Maart gesê hy het ʼn dispuut verklaar oor die verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dries ·

Ouma dit beteken die geld is nie gebruik vir wat dit geoormerk is nie. Nou is daai geld weg

twaalfboor ·

Nee Dries jys verkeerd. “Onderbesteding” sê presies wat dit beteken. Maw dit moet terug betaal word aan die Nasionale Tesourie en in die volgende boekjaar moet jy as Departement hard verduidelik hoe jy jou begroting regverdig.

Stephanus ·

Ja, nou hoef hy niks te doen nie terwyl die belastingbetalers vir sy (en ook vir Magashule) se lekker laaaang verlof moet opdok. As dit dieselfde tydperk gaan duur as wat dit geneem het om vir Zuma in n hoek te druk, word hierdie ouens se brood nou aan beide kante gebotter (word n vet salaris betaal tewyl die buit uitgeleef of weggesteek kan word)

Wielspore ·

Onderbesteding het ‘n negatiewe impak op toekomstige besteding aangesien begrotings nie akkuraat is. Skop die mense uit wat nie bevoeg is om hulle werk te doen.

Kokerboom ·

Wielspore dit werk nie so in ANC..Die kader sal eerder ‘n posverhoging kry

Klipkop ·

Hy is natuurlik ook onskuldig en kwaad nes al sy kommunistiese vriende vir die onreg hom aangedoen.

Henk ·

Hulle onderbestee as daar nie ruimte vir korrupsie is nie. Dit gebeur oral.

Hennie ·

As jy n pak klete aanhet is jy hoogs gekwalifiseer in die cANCer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.