Diamant-sindikaat oopgevlek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Aantal sakelui wat glo deel was van ʼn diamantsmokkelsindikaat, is Vrydag in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.

Nathi Mncube, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die sakemanne is tydens ʼn klopjag in hegtenis geneem op aanklag van onwettige diamanthandel, die besit en verkoop van ongeslypte diamante en geldwassery.

Die ondersoekspan is in Oktober 2011 saamgestel en geheime agente het van verskeie onwettige transaksies in die Noord-Kaap te wete gekom.

Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Vrydag 10 bevele aan die NVG toegestaan om bates te waarde van R50 miljoen te vries. “Dit sluit kontant van R43 miljoen in wat die opbrengs is uit kriminele bedrywigheid, asook vyf vaste eiendomme en vier voertuie wat gebruik is om onwettige diamanttransaksies uit te voer,” het Mncube bygevoeg.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder vir die Valke, het gesê 19 persone is in verskeie provinsies in hegtenis geneem. Hulle is in Kimberley, in Vryburg in Noordwes, Bloemfontein in die Vrystaat en Johannesburg in Gauteng in hegtenis geneem. “Van die persone het reeds in die hof verskyn en is vrygelaat op borgtog van tussen R50 000 en R500 000,” het Ramaloko gesê.

Ramaloko verwag dat nog persone in hegtenis geneem sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

dewald ·

Ń ongeslypte diamant is ń natuurlike klip, en is slegs onwettig om te besit in Sa en Namibië…die res van die wêreld het regte demokrasie.
Hoekom word die valke nie beter gebruik om die korrupte spul regerings amptenare vas te vat nie?…Nkandla is maar net die een groot openbare diefstal wat ons van weet; ek is seker daar is derduisende ander wat hulle net onder die mat ingevee het.

Paplepel ·

Enigste 2 lande in die wêreld waar die land se wetgewing gebruik word om privaat maatskappye se monopolieë te beskerm. Stem saam met Dewald, ‘n diamant kom natuurlik voor. Hy behoort aan die persoon wat hom optel. Klink my volgens ons wette behoort al die diamante aan De Beers en hulle maatjies. Wat van die res van die klippe wat rondlê? Wie s’n is dit?

Louis ·

Ek beskou ook nie Diamant smokkel as `n kriminele oortreding nie.Maar ek dink ook nie die manne tel die klippies, waarmee hulle handel, op nie !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.