Diamant van Cullinan-myn vir miljoene verkoop

Die diamant wat verkoop is.

Die diamant wat verkoop is.

ʼn Diamant van 121,26 karaat, wat verlede maand by die Petra-mynmaatskappy se Cullinan-diamantmyn naby Pretoria gevind is, is vir meer as $6 miljoen verkoop.

Volgens Petra is die steen ʼn Tipe II-diamant van uitsonderlike kleur en helderheid. “Dit is ʼn merkwaardige voorbeeld van die groot en hoë gehalte diamante waarvoor die myn bekend is.”

Die diamant is gekoop deur ʼn gesamentlike onderneming van Nemesis International en Golden Yellow Diamonds, twee voorste diamantvervaardigers, wat spesialiseer in groot diamante.

In 2014 is twee blou diamante, onderskeidelik 122,52 en 29,6 karaat, by die Cullinan-diamantmyn gevind.

Die Cullinan-myn is die wêreld se belangrikste bron van blou diamante, volgens Petra. Die maatskappy het die myn in 2008 gekoop. Die myn is bekend vir die 3106,75 karaat Cullinan-diamant wat in 1905 daar gevind is. Dit is in verskillende stene geslyp en in Brittanje se kroonjuwele geset.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wiebo ·

Ek woon in Cullinan. Sal maar die naweek in die tuin moet werk en grawe en grawe…………… Wat as ek so n diamant kan opgrawe?????

snuffels ·

Dit klink soos die een wat ek daar op besoek verloor het, maar hulle sal dit nou ontken….

lynette ·

Wag tot Malema hoor van die een wat kroonjuwele geword het!!!! Hy is kapabel en eis dit terug!!!!

johann cb ·

My verloofde dra dit nou as neusring. Sy sukkel effens om asem te haal ek ek moet haar mond soek om haar te soen, maar sy lyk nogal nie te sleg nie!

Cherokee ·

Hou tog op met die navrae per epos……. dit is toe nie ek wat dit gekoop het nie. Wou nie die bod verhoog en dit is toe aan ‘n hoër bieër toegestaan. Hulle het dit net-net gekry!

cobusp ·

Ja manne die blink klippies is nog n storie…….Debeers het die myn verkoop volgens hulle uitgewerk . Dood mors dood. Intussen haal die nuwe eienaars knewels daar uit en lag al die pad bank toe……….kan net dink hoe die vorige eienaars voel as hulle lees daar is weer n blink klip opgeveil vir miljoene dolla……..en mog julle nog so n paar opgrawe…..nag ou grote

Koos ·

Wens dit was my diamant,ek kan ‘n paar Afrikaanse skole help bou het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.