‘Diamante’ lok talle na KZN

Talle mense stroom nou na KwaHlathi buite Ladysmith op soek na skatte. (Foto: Twitter)

Die departement van minerale hulpbronne en energie gaan Dinsdag ’n span geologiese en mynboukenners na KwaHlathi buite Ladysmith in KwaZulu-Natal stuur om ondersoek in te stel na die beweerde ontdekking van diamante in dié omgewing.

Die departement het Maandag in ’n verklaring gesê hy is bewus van berigte in die media sowel as foto’s en video’s op sosiale media waarin daar beweer word dat diamante in die omgewing van KwaHlathi ontdek is.

Die foto’s en video’s vertoon kristalstene wat lyk soos diamante. Talle mense stroom intussen na die nedersetting op soek na dié stene en kommer bestaan nou oor onwettige mynbedrywighede.

Dié kristalstene word glo by KwaHlathi opgegrawe. (Foto: Twitter)

Die departement se span moet nou gaan om die terrein te fynkam en vas te stel wat presies in die omgewing ontdek is. Die span sluit in kenners van die Raad vir Mineraaltegnologie (Mintek) en die Raad vir Geowetenskap sowel as die Suid-Afrikaanse diamant- en edelmetaalreguleerder.

Die kenners is reeds op pad om monsters te versamel wat dan ontleed sal word voordat ’n formele verslag mettertyd uitgereik sal word.

Die departement sowel die KwaZulu-Natalse premier, Sihle Zikalala, het intussen ’n beroep op die publiek gedoen om kalm en geduldig te bly terwyl die span sy voorlopige ondersoek doen.

Die publiek word ook versoek om onwettige mynbedrywighede in die omgewing te staak en die terrein in die hande van die taakspan oor te laat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

SirDikDeDunnerin ·

Soos ek vir BlouPieter s^e – ‘Ek wonder hoe ek hierdie land van my kosteloos gaan ontklip, en geploeg kry…’

Hannelie ·

Oh my word. Enige iets om nie te werk nie….alles is mos verniet.

Sê maar net ·

Ja en kyk hoe baie het nie werk nie, maar hulle kom grawe…..

JM ·

En as ‘n “diamant” nou gekry is, wie gaan dit koop? Kan ook nie verder dink nie …

Belinda ·

Ek weet nie wat doen julle more nie, maar ek dink ek gaan ook sommer soontoe … lol

Belinda ·

Sou nie n slegte plan wees nie, kan jou tuin mooi omgeskoffel he…

Nie Verbaas ·

Net in Afrika. Nie lank voor menere met wapens opdaag en die gebied aan hulself toeien nie.

SjN ·

Hoop dieselfde reels en wetgewing geld vir hulle tov lisensies en prospekteer permitte sowel as verskaffing van waarborge vir rehabilitasie. Die aansoeke vat lank.

Tipper ·

een van die dae is dit n groot gat,dan trek hulle mekaar met toue uit.

Misky ·

Naaste wat party van hulle aan ‘n graaf of pik sal kom….

Jakes ·

Seker maar weer n klomp tjol. Indien dit wel diamante sou wees sal die ANC vinnig die gebied omhein en seker maak dat net hulle comrades voordeel daaruit sal trek.

Jessey ·

Mensies, los hulle, die Kimberley gat is besig om toe te val, dis tyd dat daar nog ‘n gat gegrou word. En, op die einde vd dag is die waarvoor daar gevra word, dat die sweeties vd land gedeel word met almal. Ek sien nie die probleem hier nie

Tanniepetoors ·

Die departement het ‘n hele span mense nodig om vas te stel wat dit is? Hahaha!!!

Spook ·

Ek wil voorstel die delwers gooi een van hulle kristalle in ‘n glas water. As dit oplos, delf hulle vir sout.

Tino ·

Sterkte met die Zama Zamas, julle kan hulle nie regeer op ander plekke nie. Hoe wil julle hierdie ene gaan uitsorteer?

Francois Le Cochon ·

Net jammer hulle is 154 jaar te laat, en op die verkeerde plek! ‘n Nuwe betekenis vir ” Afrika tyd”.

Elinette ·

OK, so ás dit nou diamante is … het “our people” al daaraan gedink hoe dit hulle gaan baat? Wat gaan hulle daarmee maak, want in SA kan nie enige Jan Rap en sy Maat sommer net edelmetale en – stene verhandel nie!!!

Sê maar net ·

Uhmmmmm, weet hulle dat dit onwettig is om met ongeslypte diamante rond te loop? En die polisie is nét so korrup, so dit gaan nie help om hulle te roep nie. Good luck met dié taai tammeletjie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.