Diamantmyn by Kimberley kry nog ʼn knewel

Die Kareevlei-diamantmyn. (Foto: Twitter / BlueRock Diamonds)

’n Hoëgehaltediamant van 14,3 karaat is by die Kareevlei-diamantmyn in Kimberley in die Noord-Kaap ontdek.

Dit is die derde waardevolle knewel wat oor die afgelope paar weke by dié myn, wat deur BlueRock Diamonds PLC besit word, gevind is.

Mike Houston, uitvoerende voorsitter van die maatskappy, sê die vorige twee diamante was onderskeidelik 58,6 karaat en 21,6 karaat.

Houston sê die ontdekking is goeie nuus vir die voorspelling van die gereeldheid waarmee ʼn sekere grootte diamant sal voorkom.

“Dít is ʼn aanduiding dat ons mynpype grootkaraatdiamante behoort te lewer.”

Volgens Houston sal die geldwaarde van dié uitsonderlike stene aan die einde van die maand ná afloop van die Augustus-tender bekendgemaak word.

ʼn 14, 8 karaat diamant is aan die begin van die jaar vir 163 000 Amerikaanse dollar, sowat R2,5 miljoen, verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ockie ·

Wonderlike goeie nuus. Mag dit lei tot vele geleenthede vir werkskepping en ‘n ekonomiese inspuiting vir klein besighede in die provinsie.

Baardman ·

Sulke ontdekkings moet nie in die media bekend gemaak word nie. Dit lok ongewenste aandag.

Anoniem ·

Met die bekendmaking van die fondse moet hul nie skrik as daar oproer gaan geskied en grondonteiening dadelik toegepas gaan word nie. Aasvoëls kan in honderde toesak.

Grassie ·

Die diamant so groot soos ‘n skaapkop wat Siener voorspel het lê nog en wag.

Petrus ·

Grassie en soos wat dinge nou lyk, behoort dit binnekort gevind te word.

Blomme ·

Groot ASB hou tog maar sulke nuus stil… Móre storm sekeres weer op daai gronde af en begin sommer met die hande in die grond rondkrap op soek na hulle deel. Ons ken mos al die dril in die land!

Chuck ·

Altyd lekker om te hoor van Kimberley se diamant velde wat ‘n vondsie oplewer. ( …en Griekwas wat weer die top rugby spanne pakgee!) Nou wonder menige nog steeds of die veel besproke ‘knewel de luxe’ wat almal voor wag, nie dalk maar in die ‘Groot Gat’ se buik begrawe is nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.