Dié 10 dinge is vanjaar goedkoper

Foto: Pixabay

Dit is sekerlik een van die mees besproke onderwerpe van die nuwe eeu – hetsy jy tuis, by die werk of bloot om die braaivleisvuur kuier, kruip die onderwerp van drastiese prysstygings, veral dié van kos en brandstof, op ʼn manier by die gesprek in.

Dit is darem nie sonder meriete nie. Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) moes gebruikers die afgelope paar jaar hul hande heelwat dieper in hul sakke druk vir onder meer mediese dienste, versekering, water, vleis, onderwys en elektrisiteit.

Daar is egter nie nét slegte nuus nie. Volgens ʼn nuwe studie van die SSA, wat pryse van Augustus 2017 met dieselfde items in Januarie 2017 vergelyk het, het die pryse van onder meer brandstof, groente en vrugte, brood en selfs huishoudelike items gedaal.

Die uitslae van dié studie het getoon dat jy in Augustus sowat R577 vir ʼn 45 liter-tenk 93-oktaan-petrol sou betaal, terwyl dieselfde hoeveelheid petrol jou in Januarie R589 uit die sak sou jaag. As die afgelope twee prysverhogings in brandstof egter in ag geneem word, is brandstof nie meer een van die items wat goedkoper geraak het nie, aangesien jy tans ongeveer R40 meer vir ʼn tenk brandstof sal betaal as in Januarie.

Die grootste in dié prysdalings op StatsSA se lys is gesien in telekommunikasie-toerusting soos selfone en die prys van vrugte.

ʼn Ander daling in pryse wat opgemerk is, is onder meer dié van huishoudelike toestelle. Die pryse van huishoudelike toestelle het oor die algemeen met 2,4% gedaal wanneer Augustusmaand met Januarie vergelyk word. ʼn Wasmasjien sou in Januarie vanjaar sowat R4 656 kos terwyl dieselfde wasmasjien in Augustus R4 440 sou kos.

Sommige kospryse het ook ʼn daling gesien. Volgens SSA het die prys van groente met sowat 3,6% gedaal tussen Januarie en Augustus. Goedkoper groente is meer spesifiek blaarslaai, tamaties, pampoen en aartappels.

Brood en ontbytpap se pryse het ook in dié tydperk gedaal nadat die pryse daarvan in 2016 skerp gestyg het weens die erge droogte van 2016. In Augustus vanjaar sou jy sowat 4% minder betaal vir brood en ontbytpap as in Januarie vanjaar.

Olies en vette, spesifiek margarien, se pryse het ook gedaal.

Die grootste in al dié dalings is egter vrugte en telekommunikasie. Piesangs, pruime en pynappels kos in Augustus sowat 8, 4% goedkoper as in Januarie. Volgens SSA was die prys van vrugte laas op dié prysvlak in Junie 2016.

Die prys van telekommunikasie-toerusting het ook teen Augustus met 8,6% gedaal. Die gemiddelde prys van slimfoon het met sowat R82 geval vanaf R2 622 in Januarie na R2 540 in Augustus. Die gemiddelde prys van telekommunikasie-toerusting het volgens SSA sedert Januarie 2014 met 36% gedaal.

Hier is ʼn opsomming:

ItemDaling in prys
1.       Telekommunikasie-toerusting8,6%-daling
2.       Vrugte8,4%-daling
3.       Meubels, matte en tekstielware4,1%-daling
4.       Brood en ontbytpap4,0%-daling
5.       Olie en vette3,9%-daling
6.       Groente3,6%-daling
7.       Huishoudelike items en eetgerei2,4%-daling
8.       Hotelle1,9%-daling
9.       Brandstof1,7%-daling
10.   Ontspanningstoerusting1,7%-daling

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

filiSTEYN ·

Stem 100%
Mens kan nie meer voorbly nie – boer net agteruit.

Genieve ·

Wat is goedkoop in die lewe,jy kan nie eers by hou met jou salaris nie.

Alta ·

Mielies 2015-2016 oesjaar R 5600 p ton
Mielies 2016-2017 oesjaar R1500 p ton
Iemand kan nie somme maak nie. Dit is nie daling van oor die 100%. Beslis nie op kosrakke verander nie. Insetkoste soos saad, kunsmis, diesel, parte en lone het verseker ook nie geval nie inteendeel styg volgens inflasie. Kosvoorsieners van ons land m.a.w. boere jul is in my hart en gebede.

Stev ·

Jammer, maar iets kan nie met “100%” daal nie, wat dan is dit verniet. Volgens jou nommers is die daling +/- 73.2%

Mornay ·

Dit is wat statistieke wys maar wat in die winkels op die rak aan gaan is n ander storie
ek glo nie die inligting nie

As petrol styg styg alles die brood kom nie aan geloop nie

Groete

Johann ·

StatisWATsuidafrika? En ek moet n nommer of syfer of berekening glo wat uit die Zuptopia afdeling kom? Whahahahahhaaaaa….met al die ander afdelings en departemente wat wemel van onbevoegde hand poppe, moet ek glo dat díe sirkus weet wat hulle doen? Niks anders as deel van n propaganda masjien van die ANC om die all for free en niks kos iets nie te promote. KLUG!

Cynthia ·

By watter winkels is die pryse goedkoper defnitief geen winkel waar ek bly nie, in teendeel die pryse is ongelooflik duur alles het opgegaan.
Sal graag wil weet.

Leslie ·

Dan het ek ń bril nodig. Ek betaal nog net so duur indien nie meer nie vir die nodige.

wielie ·

Waar kom hulle aan die syfers ?? Brood is dan nou duurder van verlede maand?
Vrugte??? weet nie waar koop julle vrugte maar dis duur — en na 2 dae sleg

Nicolene ·

Die ou wat die somme gemaak het, het sekerlik net wiskunde gehad tot einde van Gr 1.

bgj van der westhuizen ·

alles wat ek koop is net duurder en om te se brandstof het goedkoper geraak waar kom hulle aan dit dit was die mense wat dit gedoen gesuip

Annelene ·

Jammer maar dis n klomp twak. Goed is vrek duur en dis soos lotto speel om iets te kry wat goedkoper is.

koos1 ·

Help nie eletroniese goed word goedkoper nie. Ek koop nie elke maand ‘n wasmasjien nie, maar koop wel elke maand vleis en kos, en gebruik my kar daagliks. Dis die goed wat saak maak.

Menine ·

Dink hulle moet weer hulle feite nagaan. Botter is onbekostigbaar nou, en brood is baie duurder as die begin van die jaar. Om nie te praat van vrugte en groente nie. Nee alles gaan op, behalwe die krag , dit gaan af ???

Marinda ·

Let me start by saying I am not a pensioner. On 10 October 2017, I bought the following from a well-known green Merchant.
Brwn sliced 700G R9.99,
Carrots 750g R5.99, Eng Cucumber R10.99, Happy CW sliced cheese 400gr R34.99,
Lettuce crisp HD R7.99, Spinch bunch R6.99 and off course my checkout bag. 52.
Total paid R72.49.
I was shocked that except for the cheese everything was under R10. So yes, I agree, certain items have dropped in price, but we carry our car (? ?
?) to the garage when we fill up, as fuel is still very expensive.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.