Dié 10 SA ambassades, hoë kommissies weens geldnood gesluit

Die departement sluit 10 van sy buitelandse kantore. (Argieffoto: Maroela Media)

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) gaan weens ʼn krimpende begroting verskeie van sy buitelandse kantore sluit.

Die departement se werklike begroting vir die 2020-’21-boekjaar was R6,3 miljard. Die begroting vir die huidige boekjaar is R6,45 miljard, terwyl die departement aanvanklik gevra het vir net meer as R7 miljard.

Dr. Naledi Pandor, minister, het Woensdag die departement se begroting aan die parlement voorgelê en die aankondiging oor die sluiting van verskeie kantore gedoen.

“Ná beraadslaging wat gelei het tot ʼn besluit deur die kabinet, het Dirco die moeilike maar noodsaaklike besluit geneem om tien diplomatieke missies in die buiteland te sluit.

“Dit is gedoen in reaksie op ons land se fiskale beperkings wat vererger is deur die Covid-19-pandemie,” sê Pandor.

Die missies sluit ambassades, hoë kommissies en konsulate in. Die kantore sal deur die loop van die huidige boekjaar gesluit word. Volgens Pandor word “die besluit word diep betreur”.

Die minister sê Suid-Afrika is vol vertroue dat hy sy uitstekende diplomatieke verhouding met die betrokke lande en streke ten spyte van die sluiting steeds sal kan voortsit.

Dié missies gaan sluit:

  • Minsk, Belo-Rusland
  • Port of Spain, Trinidad & Tobago
  • Heilige Stoel, Vatikaanstad
  • Helsinki, Finland
  • Milaan, Italië (konsulaat)
  • Muskat, Oman
  • Suva, Fidji
  • Boekarest, Roemenië
  • Lima, Peru
  • Chicago, VSA (konsulaat)

“Ons wil Suid-Afrikaners in die buiteland, sakeondernemings en toeriste verseker dat ʼn gladde oorgang van burgerlike en immigrasiedienste na ander missies onderweg is,” sê Pandor.

Die minister sê Suid-Afrika moet sy buitelandse beleid doelbewus en in reaksie op die dinamika van nasionale en internasionale gebeure uitvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Maggies ·

En só val ons mooie land verder. Kry hulle nie skaam nie?!

Jack ·

Ek beskou dit nie as verval nie. Dis lankal tyd dat hiersie regering moet ophou sy lyf rondgooi asof hy ‘n wereld moontheid is. Ambassades hoort net in lande war jy wesentlike belange het. Amabassades is duur om aan te hou.

Jessey ·

Lekker lag ek nou. Het in die afgelope 30 Jaar bitter min dinge sien “glad” verloop. Dankie vir die bietjie humor in onse dag

Jack ·

Die pikkewyne sal die ANC mis. Dink net, geen KFC oorskiet kos meer te ase nie.

Jack ·

Fantastiese nuus. Dit wys dat kapitalisme (finansieele realisme) uiteindelik die oorhand begin kry. Selfs aartssosialiste kan nie ekeonoomiese wette ontduik nie, soos byvoorbeeld dat jy nie onbeperk bo jou vermoë kan leef nie.

Antjiepat ·

miljard rande begroting.. miljard.. liewe genade ek sal net graag wil sien puntsgewys waarvoor begroot word..

Wielspore ·

Familie van ons (vrou) het tot onlangs diens gedoen in Poland, die voordele is ongelooflik. Die man is verbonde aan die weermag en is saam soontoe op spesiale verlof, hy ontvang volle salaris. Hulle kind is in ‘n privaat skool met die beste opleiding. Die vrou verdien salaris en hulle kostes soos verblyf en kruideniersware word betaal deur die staat. Hulle ontvang ‘n buitelandse toelae bo hulle salaris, kry een keer per jaar verlof om huis toe te kom vir ‘n vakansie op die staat se koste.
Hulle het nou met die finale terugkeer na SA vir hulle ‘n huis by die see gekoop.
Hoe ry die trein, hoe ry die trein, die SA sous trein, kyk daar hoe mors hy, hoe mors hy, SA se balasting geld.

Surfer ·

Geen Visa verkryging in SA het nog ooit glad geloop nie. Dream on.

Caroline ·

George how right you are trying to renew a South African Passport in the United Kingdom is like looking for a sausage in a dog kennel

Hennie ·

Meeste van die plekke klink in elk geval soos vakansie vir kamerade…
As ek kyk na die swak diens van die konsulaat in Dubai, dan wonder ek soms of of die ANC weet wat diens aan sy buitelandse burgers behels.

Hennie J ·

Shame, waar gaan hulle nou poste kry vir die ‘redundant’ politici/kaders wat hierdeur geraak work? Seker deur n ambassade in Oranje te vestig.

marius ·

Van rommelstatus na geen status . Gaan praat met die eienaars van die wonings wat verhuur was . Dan sal julle die waarheid hoor en sien .

Jack ·

Die ekenning van fiskale verval. Wonder of moodies dit in ag sal neem. Die amptenare by die entiteite het teveel gekos vir min waarde. Wonder of hulle nou sonder werk sit. Indien nie bespaar die staat maar min.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.