Dié 59 word vir OB se pos oorweeg

Makhosi Khoza, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat daarmee getaak is om nominasies op te stel vir die pos van die openbare beskermer (Skermskoot van die regstreekse uitsending toe die lys van genomineerdes bekend gemaak is op 28 Junie 2016)

Makhosi Khoza, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat daarmee getaak is om nominasies op te stel vir die pos van die openbare beskermer (Skermskoot van die regstreekse uitsending toe die lys van genomineerdes bekend gemaak is op 28 Junie 2016)

Die parlementêre ad hoc-komitee wat getaak is met die benoeming van ʼn kandidaat vir die pos van die nuwe openbare beskermer (OB), het Dinsdag die lys van 59 kandidate bekend gemaak wat vir die amp oorweeg sal word.

Maroela Media het vroeër berig staatsaanklaer Gerrie Nel, voormalige minister van finansies Nhlanhla Nene en oudpresident Nelson Mandela se vrou, Graça Machel, is van die hoëprofielpersone wat benoemings vir die pos van die hand gewys het.

Die huidige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se termyn verstryk in Oktober. Volgens die Grondwet mag Madonsela egter nie ʼn tweede termyn dien nie, aangesien die OB slegs vir ʼn tydperk van sewe jaar mag dien.

Makhosi Khoza, voorsitter van die komitee, het Dinsdag aan verslaggewers in die parlement gesê LP’s het 73 nominasies ontvang.

Volgens haar het die komitee nie formele nominasies vir voormalige president Thabo Mbeki, afgetrede hoofregter Dikgang Moseneke of advokaat Dumisa Ntsebeza ontvang nie, en hulle kan gevolglik nie oorweeg word nie. “Ander kandidate kon nie bereik word om hul nominasie te bevestig nie en hulle name is ook van die lys verwyder,” het sy bygevoeg.

Lede van die publiek kan nou kommentaar en besware indien deur die komitee se sekretaresse, Vhonani Ramaano, te kontak by [email protected] voor Vrydag, 8 Julie.

Genomineerdes moet ook teen 8 Julie ʼn vraelys voltooi wat teen Woensdag aan hulle gestuur sal word.

Die lys van 73 persone vir wie formele nominasies by die komitee ingedien is:
– Bernard Peter Agulhas;
– Adv Rhulani Ralph Baloyi;
– Melanie Bernard (née Fryer);
– Prof Narnia Bohler-Muller;
– Vincent James Botto;
– Adv Nonkosi Princess Cetywayo;
– Raymond Edward Chalom;
– Prof Pierre de Vos;
– Regter Sirajudien Desai;
– Phillip Dexter;
– Adv Pumeza Futshane;
– Adv Andrea Gabriel SC;
– Nombonisa Gasa;
– Adv Mathys Johannes Gildenhuys;
– Adv MT Goodman (née Shai);
– Pregs Govender;
– Adv Mojankunyane Gumbi;
– Prof Alexander Mzamo Gumbi;
– Adv Mark Andrew Hawyes;
– Nick Haysom;
– Adv William Andrew Hofmeyr;
– Adv Zarina Kellerman (née Prasadh);
– Adv KB Kgoroeadira;
– Ashook Kirpal;
– Burt Silverston Laing;
– Muvhango Lukhaimane;
– Graca Simbine Machel (het nominasie van die hand gewys);
– Adv Zwelethu Madasa;
– Adv Thuli Madonsela (kan nie in aanmerking kom nie);
– Prince Sefako Mafojane;
– Zola Majavu (het nominasie van die hand gewys);
– Adv Mohale Joseph Maluleke;
– Adv Kevin Sifiso Malunga;
– Lynnette Gail Marais;
– Busisiwe Mkhwebane;
– Vickqus Nkosikhona Mncube;
– Adv Hishaam Mohamed;
– M Mohlala-Mulaudzi;
– Regter Yvonne Mokgoro (het nominasie van die hand gewys)
– Adv Chris Madibeng Mokoditwa;
– Ronnie Samuel Mokoena;
– Thokwane Phineas Post Moloto;
– Tjitlo Monaledi;
– Audrey Mpofu;
– Adv Dali Mpofu SC;
– Adv Loyiso Khanyisa Bunye Mpumlwana;
– M Mthebule;
– Adv MM Mthembu;
– Themba Phillip Mthethwa;
– Adv Philani Pilatu Sydney Mthethwa;
– Janine Kim Myburgh;
– Krish Naidoo;
– Gerrie Nel (het nominasie van die hand gewys);
– Nhlanhla Nene (het nominasie van die hand gewys);
– Malcolm John Sphiwe Nhleko;
– Sophy Moipone Noko;
– Vuyokazi Pamella Noncembu;
– Nokuthula Sincercia Nwaoshai;
– Mthuthuzeki Moshesh Nyiki;
– Jill Claudelle Oliphant;
– Adv Vusi Pikoli (het nominasie van die hand gewys);
– Kaajal Ramjathan-Keogh;
– Tshepiso David Humphrey Ramphele;
– Riaz Achmed Saloojee;
– Jonas Ben Sibanyoni;
– Boiki-John Tamako;
– Bawinile May Thabethe (het nominasie van die hand gewys);
– Adv Tseliso Thipanyane;
– Adv Randal Titus;
– Khunoana Harry Tswago;
– Vuyisa Vuza;
– Hermanus Lambertus Waldicks; en
– Regter Sharise Weiner.

Ná die sperdatum van 8 Julie vir kommentaar en besware van die publiek sal die komitee weer vergader om ʼn kortlys saam te stel voor onderhoude in Augustus begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

cobusp ·

Ja ek is op die lys …………natuurlik onder n skuilnaam……

John ·

Ek gaan ‘n wilde raaiskoot waag dat ‘n Indier die keer die pos gaan vul. Ons is mos ‘n demokratiese land.

charmaine ·

En Gerrie Nel staan soos n puisie op n voorkop uit, gee seker bietjie kleur in die donkerdae. Hy het baie hoop of is net selfversekerd. En mandela se ex??huh? het sy kwalifikasies?

C ·

Ja-nee kyk. Die Guptas en Zumtas het my genader en die pos belowe, maar ongelukkig moes ek dit ook van die hand wys. LOL!!! Ek sien hier is darem ‘n paar blankes ook op die lysie, maar verseker gaan dit nie ‘n blanke wees nie, daarvan is ek nogal sterk oortuig. Wie stem, sekerlik nie die publiek alleen nie?

neelsie ·

Zuma sal seker maak dat een van sy kaders die pos kry .
Madonsela het hom lekker opdraande laat stap.

Wil weet Willemien ·

Waar kan ons hulle cv’s besigtig en hoe gaan hulle onafhanklikheid getoets word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.