‘Die advertensie wat DStv nie wil hê jy moet sien nie’

Kol. Renate Barnard. Foto: Reint Dykema

Kol. Renate Barnard. Foto: Reint Dykema

Die vakbond Solidariteit en DStv se regspanne is in ʼn briewestryd gewikkel oor die digitale satelliet-uitsaaier se reklameverkoopshuis, DStv Media Sales, se weiering om die vakbond se advertensie oor regstellende aksie uit te saai.

Solidariteit sê hy het die advertensie vervaardig, advertensieruimte bespreek en betaal maar is egter kort voor dit op DStv moes begin verskyn in kennis gestel dat dit nie uitgesaai gaan word nie aangesien dit oor regstellende aksie handel. Die advertensie is vervaardig in aanloop tot die Renate Barnard-regstellendeaksiesaak wat op 20 Maart in die konstitusionele hof in Johannesburg aangehoor word. Kol. Barnard, wat deur Solidariteit verteenwoordig word, veg reeds agt jaar om bevordering in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Sy is telkemale oor die hoof gesien vir bevordering weens haar velkleur.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die vakbond is steeds in gesprek met DStv. “Volgens DStv het hy die absolute reg rakende die inhoud van advertensies en hoef hy nie redes te verskaf oor hoekom hy nie ‘n advertensie wil uitsaai nie. Ons is kort voor die advertensie moes begin verskyn meegedeel dat die advertensie nie aanvaarbaar is nie aangesien dit die woorde regstellende aksie bevat. Ons het die woorde met rassekwotas vervang maar is meegedeel dat dit steeds nie aanvaarbaar is nie. Dit is verregaande dat DStv hom die reg toeëien om te besluit dat die publiek nie die advertensie mag sien nie.” Solidariteit sê hy sal verdere stappe teen DStv neem indien die uitsaaier na afloop van die huidige gesprekke steeds weier om die advertensie uit te saai. Die vakbond sê hy sal die advertensie dan ook op sosiale media bekend stel ten einde vir die publiek te wys wat DStv meen hulle nie mag sien nie.

Lees ook:

Solidariteit begin met regsaksie teen DStv oor advertensie
Eksklusiewe video: Hier is die advertensie wat jy nie mag sien nie

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Joey Odendaal ·

Ag wat is Sollidariteit nou betrokke by so ‘n stryd met DSTV? Daar is ‘n baie makliker manier om die advertensie te plaas sodat ALMAL dit kan sien – sit die advertensie op FB!! Ons sal sorg dat ALMAL dit sien!

Anicia ·

Dis al lank tyd dat ons moet saam staan vir dit wat reg is. Stuur dit na al die sosiale netwerke uit. Dit is in my opinie amper ‘n vinniger opsie. Eendrag maak mag.

JOHANNES BLOM ·

Al wat ek kan se en ek het dit al gese is DSTV sal logies dit nie wil uitsaai nie want hulle is dan selfverbind tot regstellende aksie so dus moet ons hulle ook begin boikot veral Supersport en soos iemand reeds gese het laai dit op FB en so word dit gratis deur ander versprei en dan nog internasionaal ook.Onthou DSTV (mnet) is deel van BEELD,RAPPORT VOLKSBLAD DIE BURGER HUISGENOOT EN NOG ANDER EN almal is in die MEDIA24 stal.

Slim Daan ·

DSTV = Nasionale Pers = Monopolie. Die diktators van die mediabedryf sal besluit wat is geskik en wat nie.
Soos in dae van ouds sal SABieSie nuuskykers net sien wat gese word hul moet sien.

Isabel ·

Ek my eintlike woorde moet se wat ek dink sal ek sowaar tronk toe gaan…. Maar n advertensie onder die ondersteuners op sosiale blaaie sal werk! Mens stop nie net by een weiering nie.” Waar n wil is, is daar n weg!” Al wat ek by wil se is die “papper” sal nooit die waarheid wil hoor want die duiwel wil mos wen! Laat ons stemme gehoor word en aksie moet bewyse lewer!

Johan ·

Goed gedaan Solidariteit! Hierdie is net nog een meer rede waarom DSTV nie ons geld moet kry nie. Hulle saai in elk geval die grootste klomp uitgedateerde snert uit en herhaal dit dan in weeklikse en 3 maandelikse siklusse… Hiermee dra ek ook by tot Solidariteit se stryd met DSTV, Maart is die laaste maand wat DSTV my geld sal kry.

Sarie van Niekerk ·

Vergroot die advertensie en sit dit langs die pad tussen Pretoria en Johannesburg en tussen Pretoria en die Oos-Rand op ‘n reuse reklame bord op. Niemand gaan dit miskyk nie

Nico ·

Die ANC het definitief te veel van ‘n hand in Naspers (en m.a.w. ook in DSTV, Beeld, etc.)

Susan Lombaard ·

Dagsê! Ons onderhandel tans met Solidariteit om die videomateriaal van die advertensie te bekom. Ons glo ons sal dit deur die loop van die middag nog vir ons lesers kan publiseer. Groetnis, Susan Lombaard (Bestuurder: Maroela Media)

Riaan ·

Wys ons sommer hier! Ons op die grond sal die advertensie oor fb die wereld instuur!

Dr Jerry Moitse ·

Die enigste gevolgelinge wat mens hier uit kan neem is in die vorm van n vrag: is S.A media onafhanklink of word dit deur die regering ge-boelie? Kon die ooreenkoms tussen Dstv en Sabc wel n groot invloed op die besluit gespeel het? Ek sien geen rede in n land wat demokrasie as n anker beskou beswaar het teen n advertensie van die aard! I’m totally confused and disappointed

Stephan ·

Die skrif is aan die muur. Die vyand stel homself aan die volk bekend…Tim du Plessis met Media24, Naspers, SABC…en nou ook DSTv. Dankie vir hul erkenning. Nou weet ons met watse gepeupel ons te make het.

Advertensies kan liefs langs die N1 en/of op die sosiale media gepubliseer word. Dit het meer trefkrag. My TV word in elk geval afgesit as daar advertensies op verskyn!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.