Die Afrikanerrebellie van 1914-15 op Facebook

‘n Kommando rebelle van 1914 nuttig ontbyt te velde. Foto: fak.org.za

‘n Kommando rebelle van 1914 nuttig ontbyt te velde. Foto: fak.org.za

Wat sou die leiers van die veelbesproke Afrikanerrebellie van 1914-15 op Facebook geskryf het as hierdie kommunikasiemiddel destyds reeds bestaan het?

Op hierdie vraag is daar natuurlik geen definitiewe antwoord wat mens kan verskaf nie. Aan die ander kant kan die konstruksie van fiktiewe Facebook-inskrywings, wat so na as moontlik getrou bly aan die feitelike besonderhede oor die Rebellie wat aan ons bekend is, ongetwyfeld daartoe bydra om ons begrip, asook kennis van die Rebellie te verbreed.

Maroela Media spits hom onder meer daarop toe om as ‘n forum vir gesprekke oor die verlede van die Afrikanergemeenskap te dien. Die honderdjarige herdenking van die Afrikanerrebellie lê vlak voor die deur. Ons skop op die aand van 4 Augustus af met ‘n Afrikanerrebellie-bladsy op Facebook. Ons lesers word hartlik uitgenooi om op die inskrywings op die bladsy te reageer. Die inskrywings op die blad word deur die historikus en skrywer, dr. Jackie Grobler, behartig.

Die werklike Rebellie het eers op 9 Oktober 1914 begin, maar gebeure in die opbou tot die Rebellie strek terug tot kort na die aanvang van die Eerste Wêreldoorlog vroeg in Augustus 1914. Dit is streng gesproke verkeerd om voor Oktober na die opstandelinge in Afrikanergeledere as rebelle te verwys. Hulleself het bloot aangedui dat hulle aan ‘n veldtog van gewapende protes teen die beleid van die regering van die Unie van Suid-Afrika in verband met die Wêreldoorlog (wat deur hulle die Oorlog in Europa genoem is) deelneem. Histories het hulle mettertyd die naam “rebelle” verwerf. Daarom word hulle leiers en woordvoerders (asook enkele van hulle simpatiseerders wat nooit tot enige opstand oorgegaan het nie) op Maroela Media se Afrikanerrebellie-bladsy op Facebook die Rebelle-Faceboek-groep genoem. Aan die ander kant is daar ter wille van balans ook ‘n Facebook-blad vir die Lede van die Unieregering wat die optrede van die regering bespreek. Die twee groepe kommunikeer nie op Maroela Media se Facebook-bladsye met mekaar nie, want hulle groepe is geslote.

Klik hier om te sien wie is die lede van die rebelle-groep op Facebook.
Klik hier om Die Rebelle se Facebook-blad te besoek, en onthou om “like” te klik!

Klik hier om te sien wie is die lede van die Unieregering-groep op Facebook.
Klik hier om die Unieregering se Facebook-blad te besoek, en onthou om “like” te klik!

Dr. Jackie Grobler, verbonde aan die departement historiese en erfenisstudies aan die Universiteit van Pretoria. Hy is ‘n historikus en skrywer van ‘n tiental publikasies oor die geskiedenis en kultuurerfenis waaronder Louis Tregardt se dagboek 1836 – 1838.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.