Die ANC is in die moeilikheid – Zuma

President Jacob Zuma Foto: @newswallcoza, Twitter

President Jacob Zuma Foto: @newswallcoza, Twitter

President Jacob Zuma het Woensdag erken dat die ANC geskud is en in die moeilikheid is.

“Die jeugliga is geskud, maar die moederliggaam is ook geskud,” het hy aan afgevaardigdes by die ANC-jeugliga se konsultatiewe konferensie in Soweto, Johannesburg, gesê. “Ons erken dat die organisasie in die moeilikheid is.”

Zuma verwys na gesprekke Dinsdag tussen die ANC se gekombineerde nasionale werkkomitee en die nasionale uitvoerende komitee.

“Ek kan jou waarborg dat as alles met die ANC verkeerd loop, sal alles in die land verkeerd loop. Daar is geen twyfel daaroor nie,” het hy gesê. Hy het die jeugliga-lede gemaan om die ANC te verdedig.

Voordat Zuma opgedaag het, het afgevaardigdes liedere gesing wat die president vereer, en gesing, ‘lei ons Zuma’, in isiZulu. Toe hy by die saal instap, het die afgevaardigdes gejuig en ‘Umshini wam’ (bring my masjiengeweer) gesing.

Die ANC-jeugliga se konferensie moes die jeugliga se verkiesingskonferensie gewees het, maar die nasionale taakspan het Dinsdag aangekondig dat die afgevaardigdes nie nuwe leiers sal aanstel nie. Magasela Mzobe, koördineerder van die taakspan, het gesê die verkiesingsfase is vir 2015 beplan. Dit is die tweede keer dat die verkiesing vir nuwe leiers uitgestel word. Die eerste een moes reeds tussen 24 en 28 September plaasgevind het.

Mzobe het vandeesweek gesê die konsultatiewe forum sal slegs politieke, organisatoriese en funksionele verslae hanteer en sal kommissies hê wat die beleidsdokumente hanteer. Die nasionale taakspan is verlede jaar ingestel nadat die ANC die besluit geneem het om die ANC-jeugliga se nasionale uitvoerende komitee te ontbind.

ʼn Aantal afgevaardigdes was ongelukkig dat die verkiesing vir nuwe leiers weer uitgestel is. ʼn Groep afgevaardigdes van Gauteng was oproerig en het sommige ANC-leiers afgejak deur “boo!” te skree. Hulle het ook “boo!” geskree omdat hulle nie by die konferensie mag stem nie.

Zuma het tydens sy toespraak aan die afgevaardigdes gesê die ANC het die besluit geneem om die jeugliga se konferensie eerder ʼn konsultatiewe-konferensie, in plaas van ʼn verkiesingskonferensie te maak. “Ons wou nie dieselfde uitslag hê as die vorige keer nie,” het hy gesê, met verwysing na die omstrede 2011-konferensie toe voormalige ANC-jeugligaleier, Julius Malema, vir ʼn tweede termyn verkies is.

Daar was reeds talle uitdagings voor die konferensie. “Terwyl ons met die nasionale taakspan vergader het om die konferensie te bespreek, en hulle verslag gedoen het, was ons nie oortuig dat dit veel anders sou wees as die vorige konferensie nie,” het Zuma gesê. “Ons [die ANC] het aan die nasionale taakspan gesê ons kan julle nie toelaat om voort te gaan nie.”

Zuma het gesê indien die ANC-jeugliga se verkiesingskonferensie hierdie week sou plaasgevind het, sou dit weer ontbind moes word. Hy het die afgevaardigdes aangemoedig om die konsultatiewe konferensie te gebruik om die jeugliga weer op te bou. “Dit word gedoen ter wille van die hele beweging.”

Hy het gesê die afgevaardigdes raak “te opgewonde” wanneer hulle nuwe leiers moet kies, en vergeet dan van beleidskwessies.

“Dit was die regte besluit om te neem. Miskien dink jy as ʼn individu of julle as groep dat dit nie die regte besluit was nie, maar dan plaas jy nie die organisasie eerste nie. Ons is hier vandag, maar ons sal nie môre hier wees nie… maar die ANC sal. Kom ons plaas die ANC eerste,” het hy gesê.

Senior leiers van die ANC insluitend twee voormalige ANC-jeugligapresidente, minister van binnelandse sake Malusi Gigaba en sportminister Fikile Mbalula het ook die konferensie bygewoon. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die party; sy adjunk Jessie Duarte; en ANC-tesourier Zweli Mkhize was ook teenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

adrian ·

Hoekom is die anc in die moeilikheid, jy Zuma het die land met al die kaders oor die afgrond bestuur Nee, mister president die land sal nie in die moeilikheid wees nie maar die anc kaders sal, hul sal hul misbruikte posisies moet prysgee, dit sluit in die guptas en die skadu mense in die regering. Dink net … geen anc in beheer nie, geen kommunistiese unies nie dit is ware VRYHEID

Conrad ·

‘Toe hy by die saal instap, het die afgevaardigdes gejuig en ‘Umshini wam’ (bring my masjiengeweer) gesing’, maar o wee, as Steve ‘n gedeelte van die Stem sing. Eish!

boer ·

Is hierdie lied ” ‘Umshini wam’ (bring my masjiengeweer), nie haatspraak nie??????????

En tog maak hulle hulle broeke vuil ,as ons die “STEM” sing

Wat sal hulle doen as ons begin sing “bring my masjiengeweer” ?

Herman ·

Gaan die klomp libtarts nou dalk wakker word. Suid Afrika is in die moeilikheid agv die anc en sy mense en die libs.

Dave ·

Zuma is voor op die was as hy dink dat hy belangrik genoeg is om die ANC in die moeilikheid te beland het. Die land is in die moelikheid sedert direk na die uitslag van die referendum in 1992. ‘Go figure’ soos Hofmeyr sou sê.

‘Umshini Wami’… ‘n masjiengeweer (wat hy so graag teen witmense sou wou gebruik, is immers ‘n blanke uitvindsel. Hulle sou nog steeds spiese gebruik het. Hy behoort ‘Umkhonto Wami’ (bring my assegaai) te sing.

Leeutjie ·

Weereens ‘n goeie een Dave. Of stokke, bande en klippe!

Gerhard Bezuidenhout ·

Ou Zuma se erd begin lelik afspring maar intussen is die skade wat hy en die ANC teen die land aanrig onberekenbaar.

zahn ·

Jip, nou kry pappa pak van die kindes wat hy wetteloos probeer grootmaak het. Kry vir jou! Die poging is heeltemal te laat, maar kom ek waag ‘n voorspelling, binnekort gaan daar wette op die tafel wees om die “jeug” se gedrag te probeer inkort. Die anc se jeugliga boo tot vir gwede, het geen respek vir niks en niemand nie, nou gaan hulle dit met wetgewing probeer beheer.

Die sleutelwoord hier is respek, zoempie. En respek is nie afdwingbaar nie, allermins met wetgewing, soos jy self sal weet. Respek is soos “charity”, en die engelsman sê mos, “charity begins at home”. Tipies anc, wil die simptome aanspreek.

Hein ·

Die ANC was miskien goed as terroriste organisasie, vra maar al die onskuldige mense wat met hulle lewens geboet het toe hulle bomme geplant het en hoeveel ‘informants’ ge-necklace het, maar van land regeer weet hulle niks!
Oor die stelling “Wanneer die ANC in die moeilikheid is, is die land ook in die moeilikheid” kan ek ook maar net my kop skud en sê ons is al lankal in die moeilikheid! Water en krag is op die randjie van ingee, die oorgrootte hoeveelheid munisipaliteite is disfunksioneel en wetsgehoorsame landsburgers moet hulle self toesluit omdat die kriminele vryloop. So kom ons sing umshini wami en waai ons “Proudly brought to you by the ANC” terwyl julle nog wonder hoekom die hordes in opstand gaan kom as hulle nie meer gratis water en elektrisiteit gaan hê om te steel nie! Maar maak nie saak hoeveel julle aanjaag of julle eie mense benadeel nie; julle moet opkom vir die ANC; GO FIGURE!

snip ·

En presies wat gaan die honorable anc en prez zoompie daar omtrent doen? mag ons ook weet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.