Dié bankrowers gesoek

Een van die verdagtes. (Foto: Valke)

Die Valke in die Wes-Kaap het vandeesweek die publiek se hulp versoek om twee verdagtes in verband met ʼn vlaag bankrooftogte oor die afgelope vier maande op te spoor.

Die Valke vermoed dat die verdagtes by agt bankrooftogte in dié provinsie betrokke was. Aangesien hulle Covid-19-maskers aan het, is dit moeilik om die verdagtes uit kringtelevisiebeeldmateriaal te identifiseer.

Een verdagte word slegs as “lank” en die ander een as “kort” deur die polisie beskryf. Albei is mans.

Zinzi Hani, die Valke se woordvoerder, sê die hoeveelheid geld wat gesteel is en die verdagtes se modus operandi kan nie bekendgemaak word nie, aangesien dit die saak kan belemmer.

Een van die verdagtes. (Foto: Valke)

 

Een van die verdagtes. (Foto: Valke)

 

Een van die verdagtes. (Foto: Valke)

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) sê daar was vanjaar veral ’n toename in bankrooftogte in die Wes-Kaap.

Nischal Mewalall, uitvoerende hoof van Sabric, het aan Maroela Media bevestig dat daar tussen 1 Januarie en 31 Maart vanjaar ses bankrooftogte in dié provinsie was, vergeleke met een bankrooftog wat oor dieselfde tydperk verlede jaar plaasgevind het.

Sy sê Sabric staan die Valke in hul ondersoek na dié voorvalle by.

Sabric se misdaadsyfers vir 2021 sal na verwagting teen die middel van die jaar bekendgemaak word.

  • Enigeen met inligting oor die verdagtes word versoek om kapt. Petro Coetzee by 071 481 6932 te kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

OppieProvince ·

Ek kan nie glo hoe gebeur ‘n bankroof deesdae nie. Die veiligheid binne banke lyk vir amper onoorkombaar….

Manie ·

Opportuniste weet goed dat met ‘n masker op, hy nie sommer gevang kan word nie. Hoekom het banke nog nie daaraan gedink om die toonbanke te beskerm sodat beide die bankier en kliënt sonder ‘n masker van agter ‘n koeëlvaste glaskas met mekaar kan praat nie?

Jacobus ·

Misdaad in hierdie land is buite beheer. Gedink dit is nie meer moontlik om sommer n bank te beroof nie. Ek was duidelik verkeerd in hierdie misdaad geteisteede land.

Anel ·

Nogal ‘n wonder dat daar nie meer rooftogte is nie. Dit was die eerste waaraan ek gedink het toe die dra van maskers verpligtend geword het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.