Dié belastingbetalers hoef nie opgawe in te dien

Edward Kieswetter, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. (Foto: Facebook)

Suid-Afrikaners wat minder as R500 000 per jaar verdien hoef nie ʼn belastingopgawe in te vul nie, mits hulle geen ander inkomste het nie, sê die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), Edward Kieswetter.

Hy het vanoggend omvangryke aankondigings gemaak by ʼn mediakonferensie in Pretoria.

Onder meer het hy aangekondig dat elektroniese indiening van belastingopgawes van 1 Julie af kan plaasvind, en indiening van opgawes by SAID-kantore van 1 Augustus af.

Die spertyd vir elektroniese indiening is 4 Desember en die indiening van opgawes by SAID-kantore kan tot 31 Oktober plaasvind.

Volgens Kieswetter neem die SAID nougeset kennis van die inligting wat voor die Nugent-kommissie van ondersoek na die SAID verskaf is, en voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping verskaf word.

ʼn Spesifieke werkgroep onder leiding van die voormalige waarnemende SAID-kommissaris, Mark Kingon, gaan die stellings feitelik na ter voorbereiding van invordering saam met die Spesiale Ondersoekeenheid.

Kieswetter het toegegee dat die maand wat hy aan die hoof van die SAID is, meer soos tien jaar voel weens personeeluitdagings uit hoofde van die skade wat die afgelope vyf jaar aan personeel se moreel aangerig is.

“Ek het nou reeds met 60% van ons personeel byeengekom. Ons voer openlike gesprekke om opnuut met personeel kontak te maak op ʼn betekenisvolle en positiewe manier. Ek moet egter toegee: waar dit maklik is om probleme met inligtingstegnologie en beleid reg te stel, is dit moeilik om mense te inspireer wat voel hul gees is geknak,” aldus Kieswetter.

“Dit help nie om dit te ontken nie: daar is ʼn verlies aan vertroue in die SAID-bestuur, ʼn klimaat van vrees en rassespanning.”

Kieswetter het die versekering gegee dat alle dissiplinêre optrede sedert 2014 (hy verwys hier na die oorname van Tom Moyane as kommissaris van die SAID, hoewel hy dit nie so uitgespel het nie) herevalueer word en dat vaardigheidsverliese én marginalisering van personeel reggestel sal word.

Spesifieke aandag word tans gegee aan die bestryding van die onwettige ekonomie, veral tabakhandel en onwettige handel in petrol – twee bedrywe wat aan kwaai belastingheffings onderworpe is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

blink plan? ·

Is ek verkeerd as ek se dat as jy nie indien nie, jy ook niks sal terugkry nie?

KOOPenBETAALisDIEwetVANtransvaal ·

Korrek dit is hoekom die SARS nie dit vereis nie, as jy net een bron van inkomste het, betaal jou werkgewer mos maandeliks namens jou die belasting oor aan SARS. So hulle spaar meer geld, want sodanige individue sal sonder n opgawe niks terug eis vir mediese bydraes, pensioen bydraes ens. nie..

JohanL ·

My advies – vul in. Jou werkgewer kan verkeerd aftrek en al verdien jy net ‘n “standaard inkomste sonder byvoordele” kan jy dalk wel bietjie terugkry. Dis die een ding.

Die ander ding – as jy “standaard inkomste” verdien, is dit so ontsettend maklik en vinnig op eFiling om dit in te vul, jy kan dit net sowel doen.

Hierdie bepaling is suiwer om SARS te help om minder werk te doen – en dan meer tyd het om (onnodig) te krap by ander mense.

My vrou het ‘n “standaard inkomste” sonder enige truuks of ekstras. Twee jaar gelede het haar werkgewer deur die jaar te veel afgetrek, en het sy dus einde van die belastingjaar teruggekry. As sy onder die nuwe regulasies niks ingevul het nie, het sy dit verloor.

Nee wat – mense vul maar in. SARS moet hul werk doen.

Marius ·

So nou as die staat jou geld skuld gaan jy niks kry want jy is onder R500 000 laat jou dink die staat het nie geld.

Lollo ·

Dit is ongelukkig so, so dien maar jou opgawe in. Ek moet maar indien, want ek ry ‘n maatskapy voertuig en hulle slaan by baie hard met die belasting elke maand. Dis om van naar te word.

Kiepie ·

Hy het gesê jy “hoef nie in te doen nie”. Hy het nie gesê jy mag nie indien nie. As jy reken jy het ‘n eis is jy meer as geregtig en welkom om steeds in te dien. As jy egter slegs ‘n salaries verdien en net die gewone aftrekkings het (medies, pensioen ens) en jou werkgewer het dit korrek in betekening gebring behoort jy nie ‘n eis (of betaling) te hê nie.

Nie-kiepie ·

Verkeerd kiepie, afhangende van jou omstandighede kan jy terugeis.

Magda ·

Almal wat minder as R500 000 verdien MET medies, uittreeannuiteite, motor toelae , huur (wins/verlies) dien nog steeds in en ontvang nog steeds hulle uitbetalings.

Hansie Slim ·

Kieswetter is ‘n baie bekwame man maar soos dit met enige departement wat verwoes is sal gaan, sal die mense en bestuur hare op hul tande moet hê. Die selfde geld vir Gordhan en die SAL. Hy (Gordhan) het nog rugstekers ook. Die kanse is net nie goed vir hulle nie!! Hopelik het Kieswetter nie teveel nie want dit kom baie naby aan ons sakke… Ons het sowaar ‘n SAID nodig wat reg werk!!
Ek sal graag wil hoor hoe die tabak ondersoek gaan… dalk spring Juju nog uit die hoed uit!!

Gert van Wierdapark ·

Wie moet bedank word vir die toestand van SARS werkers. Nie mnr Kieswetter nie, maar ‘n ander wet_er wat deur JZ losgelaat is in Sars, naamlik Tom Monyane!

Alida X ·

Niemand sê jy mag nie jou vorm invul nie.
Indien jy aftrekkings het wat vir belastingkorting kwalifiseer mag jy nog steeds jou vorm indien.
Dit is slegs vir persone wat minder as R500 000pj verdien , maandeliks hulle regmatige deel betaal en geen rente, kommissie of huurinkomste verdien waarop hulle ook nog moet betaal nie.
Al wat eindelik gesê word is dat daar nie onnodige vorms ingedien moet word nie.
Jy sal nog steeds elke sent moet betaal op elke rand wat jy verdien. Gladnie iets om vreeslik opgewonde oor te wees nie.
Wat verblydend is is dat daar daadwerklik planne gemaak gaan word om onwettige sigarethandel hok te slaan.
Ek wonder wat van al die informele sypaadjie handelaars wat ook goeie inkomste verdien en met goeie motors ry. Wanneer gaan hulle ook bietjie op hulle inkomste begin betaal. Waar is die Taxibedryf se deel?
Moelik om die goed te polisieer maar jy wat vir ‘n salaris werk moet bly opdok en verdien soms minder as die bedrywe waarna ek verwys.
Help my reg as ek die pot nou heeltemal mis sit.

TLC ·

As jy aan mediese fonds behoort en jy het baie om terug te eis stel ek voor Dien jou opgawe in en klaar
Jul gaan sekerlik ge audit word
En ja hoeveel gaan boetes kry omdat oogawe nie ingedien word nie
In verlede het dit ook so gewerk maar ek weet van mense wat aanmanings gekry het
Ja mnr Kieswetter ek is gatvol want na 30 jaar word ek oor velkleur mis gekyk

jaco ·

Dit verbaas my steeds dat hierdie man so n hoë pos gekry het. Sy mede-kleurlinge wat werk soek of vir bevordering aansoek doen, moet gedurig hoor: application unsuccessful because you are not black enough”.
Ek het bewyse. Dis nie net wit mense wat swaarkry onder regstellende aksie nie. Kleurlinge en Indiërs beleef ook al hoe meer hoe daardie BEE-AA deure in hulle gesigte toegeklap word.

Cherokee ·

Dit bots altyd lynreg, sommer so met ‘n trefslag, wanneer mense aan mediese fondse behoort. Ek kon nog nooit verstaan hoe enigiemand aan enige fonds kan behoort nie.

Amanda ·

Nou as jy dit nie I Dien hoef jy seker nie Meer tax te betaal nie of hoe?

Stefan ·

Hier word verskeie teenstellende opmerkings deur lesers gemaak oor die berig. Kan/wil ‘n belastingkundige nie asseblief die saak vir ons behoorlik uiteensit en verduidelik nie.

Chantel ·

Stefan, indien jy tydens Maart 2018 tot Februarie 2019 by slegs 1 werkgewer gewerk het en geen ander inkomste verdien het nie, is jy nue verplig om jou belastingopgawe in te dien nie. Jou werkgewer sou jou belasting korrek afgetrek het wat dan op ‘n nil balans sal uitwerk. Indien jy enige aftrekkings het, bv groot mediese bybetalings of dele wat nie gedek was nie, of as jou medies privaat was, annuiteite en reistoelae, dien jy nogsteeds jou opgawe in sodat jy die krediet van Sars kan eis.

Susan ·

Ek kry n pensioen van my werkgewer en n pensioen van my oorlede man maar dit is nie naastenby R500 000 nie
Die probleem is daar word nie belasting van die pensioen afgetrek nie moet ek nog steeds belasting indien

Tax Practitioner ·

Die beste is om seker te maak.
Volg gerus hierdie skakel en beantwoord die vrae eerlik. Dan het jy n baie goeie idee of jy MOET indien of nie.

https://www.sars.gov.za/TaxTypes/PIT/Pages/Do-you-need-to-submit-a-return.aspx

Soms betaal jy belasting, maar hoef nie n opgawe in te dien. Dis niks nuuts, dis al jare die geval.

Dit kom wel voor asof SARS nie omgee vir hulle eie reels en baie belasting betalers met admin penalties belas en selfs so ver gaan om hulle aan te skryf. Meer as een maal ook ondervind dat wanneer jy n boedoel begin beredder, wil SARS opgawes he wat nie nodig was om in te dien. Om dan historiese inligting te bekom is nag! Nie eens gepraat van probeer om onwettigge boetes te beveg…

My raad aan kliente, as jy n IRP5 kry… Dien jou opgawe in.

Chantel ·

Ja Susan, omdat jy meer as 1 inkomste verdien moet jy jou belastingopgawe indien

Diefie ·

Oom Kieswetter, jy sal moet hare op jou tande hê om dinge te verander in SAID.

NET EK ·

Ek werk en ek verdien n pension ( due to ill health) nou se sars dis 2 verskillende inkomstes. Hul vat dit as n “klein besigheid”??? Daar word van elk belasting afgetrek ……. maar ek moet nog R1300 per maand inbetaal aan sars?????

se net ·

Ek kry baie baie minder as daai sg R500 000 per jaar. Belasting word elke maand van my afgetrek en genoeg ook. Maar ek het n medies en pensioen en n uittreeannuiteit.
Jammer mnr Tax, ek sal my vorm indien want ek kry altyd terug. Al is dit net R100.00, dit is geld wat jy van my vat wat jou nie toekom nie.

Lindtjies ·

@ sê net. ek stem 100% saam met jou. Nog elke jaar wat ek my opgawe ingedien het, het ek iets terug gekry. Hoekom sal ek nou ophou? Genoeg van my geld gaan vir belasting.

Adri ·

My pa het nie eers R100 000 pj verdien nie, en toe vir ‘n jaar of 2 nie vorm ingevul nie, hulle het hom nogsteeds R250/jaar beboet omdat hy nie die vorm ingevul het nie. So nee wat of ek nou kwalifiseer of nie ek vul die vorm in anders betaal mens boete.

Sebastiaan ·

500 000? Dis nie dalk 50 000 nie? Min mense kry meer as 500 000 per jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.