Dié bestuurslisensies nou selfs langer geldig

(Foto: RTMC)

Die geldigheid van bestuurslisensies wat ná 26 Maart vanjaar verval het, is nou selfs verder verleng.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Donderdag in die Staatskoerant afgekondig: “Alle leerlinglisensies, bestuurslisensies, tydelike bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte wat tussen 26 Maart en 31 Desember 2020 verval, word as geldig beskou.

“Die verdere grasietydperk vir geldigheid eindig op 31 Augustus 2021.”

Duisende motoriste sit die afgelope paar maande hande in die hare oor die hernuwing van hul bestuurslisensies. Beskikbare tydgleuwe vir hernuwings en nuwe aansoeke is so skaars soos hoendertande.

Mbalula het verlede maand verskeie stappe aangekondig om die agterstand te probeer uitwis.

Die minister het onder meer gesê 70% van alle kapasiteit, menslike hulpbronne en toerusting by toetssentrums sal toegewys word aan die hantering van vervalde bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte (PDP’s). Daarby sal 70% van tydgleuwe op die aanlyn besprekingstelsel toegewys word aan vervalde bestuurslisensies en professionele bestuurspermitte, én twee satellietsentrums gaan by die RTMC-kantoor in Centurion en Midrand geopen word.

Die geldigheid van die lisensies is reeds twee keer tevore verleng nadat talle kantore weens die Covid-19-pandemie moes sluit en ʼn groot agterstand veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eiervrug ·

Ek sê as ‘n lisensie geldig is, is hy geldig totdat hy gesuspend word vir watter rede ook al. Dis soos om vir ‘n dr te sê hy moet elke jaar weer sy papiere invul om verder te kan praktiseer….

Sarel ·

Weens Korrupsie beantwoorddie hernuwing nie is sy doel nie en behoort geskraap te word
Die Opposissie wat dit reg kry kry my stem

Wilhelm ·

My ondervinding laas maand by Randburg lisensie kantoor:

Soveel vir tyd slotte – hoe vroeer hoe beter
Lisensie verwerking = 40 min
Betaling = 2ure+

2 betaal klerke agter die venster. 12H00 loop die een weg en kom eers 13H40 terug met haar KFC pakkie. Toe eers handeroom en grooming ens …

Die gemiddelde tyd om een betaling met tydelike lisensie te verwerk is tussen 5 en 7 minute.

Na 14H00 is die toets beamptes besig met niks.

Boonop 3 dae later kry ek n ‘phishing’ oproep waar ek ingelig word deur sogenaamde Standard Bank Fraud div dat iemand n transaksie probeer doen en ek moet my kaart nommer en ccv kode gee om die transaksie te stop. Hulle het die laaste 4 kodes gehad wat jy van die slip af kry en my naam en telefoon nommer.

Voor dit het ek die kaart laas 2 weke gelede gebruik! En voor dit nie gereeld nie …

Strandloper ·

Moenie ooit jou ID verloor nie, om dit te vervang grens aan raserny . Arogant, onbekwaam, uitdagend, om n paar te noem!

Meisie ·

My lisensie het in September 2020 verval, 6 weke toe het en ‘n nuwe een. So ek kon eintlik maar ook agteroor sit en dit gelos het as ‘n “new years resolution” Hoe is lisensies wat MAART verval geldig tot Augustus 2021? Dit vat regtig nie so lank om dit te hernu nie..

Piet parys ·

Ja meisie dalk is jy net gelukkig en die personeel maar joune gedoen . 6 weke is te lank en behoort binne n week afgehandel te word. Die punt is wil die mense wat daar is werk of wag hulle net vir die end van die maand wanneer hulle salaris kom
Die stelsel moet vebind word aan produktiwiteit en nie aan net om op te daag vir werk nie.

gatgogga ·

George lisensie kantoor is skynbaar so deurmekaar dat hulle wel in sekere gevalle die hernude lisensies ontvang het, maar hulle is nie in staat om dit aan die betrokke bestuurders deur te gee nie – dinge is glo te deurmekaar daar. En dis nodal DA beheerd.
Ek is ‘n pensionaris. en ek het vir 55 minute in die reen tou gestaan om my lisensie te hernu. Dus tyd en geld gemors.

MAGRIETHA ·

EKT my lisensie in 1976 gekry was nog nooit in n ongeluk betrokke nie met di genade van bo toe kom die nuwe bedeling in 1994 toe skielik moet jy gaan vir hernuwing wat in my oe net n geldmaak storie is so ek stem saam met sarel dit moet geskrap word

Chris ·

Dis n geldmaak storie. As jy n lisensie het hoekom moet dit elke 5 jaar vervang word. klomp onnodige amptenare wat betaal moet word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.