Dié bevinding bevestig nuwe BEE-fase in SA

Argieffoto

Die BBBEE-kommissie se bevinding oor die MTN Zakhele-Futhi-transaksie raak duisende maatskappye in Suid-Afrika en bevestig dat ʼn nuwe, verskerpte fase van BBBEE op hande is. Só sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, op grond van voorlopige ontleding deur dié organisasie se regs- en navorsingspan.

Die kommissie se bevindinge hou omvattende korporatiewe ontwrigting vir die Suid-Afrikaanse ekonomie in, sê Le Roux: “Die MTN-bemagtigingstransaksie was op die oog af in lyn met die beste praktyke in BEE en die Wet op Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (Wet op B-BBEE). Duisende transaksies, insluitende die van JSE-gelyste maatskappye, is op soortgelyke wyse gestruktureer – en die risiko’s wat hierdie bevinding inhou is dus nie beperk tot die MTN Groep, en sy aandeelhouers, se belange nie.”

Le Roux sê die kommissie fouteer klaarblyklik in hul bevindinge en oorskry met hul aanbevelings die perke van hul bevoegdhede: “Die bevindinge en aanbevelings van die kommissie druis in teen beginsels van die maatskappyereg. Dit verteenwoordig ʼn waninterpretasie van die Wet op B-BBEE. Dit ignoreer die quid pro quo wat behoort te geld wanneer BEE-aandeelhouers aandele teen groot afslag bekom. Dit eis openbare verskonings van ʼn maatskappy en sy werknemers wat binne die bestek van hul professionele oordeel en fidusiêre pligte opgetree het. En dit verhoog die risikoprofiel van BEE-transaksies sodanig dat maatskappye in Suid-Afrika nou meer as tweemaal sal dink voordat hulle deelneem aan ʼn spel waarvan die reëls voortdurend verander.”

Le Roux wys daarop dat die uitspraak pas in ʼn patroon van verskerpte en toenemend onredelike BEE-vereistes in Suid-Afrika: “BEE behoort grondig herbedink te word: vir ʼn wet wat bedoel sou wees om wyer en groter ekonomiese voorspoed te bring, slaag dit nie.

Sakeliga waarsku reeds die afgelope agtien maande dat ʼn nuwe, verskerpte en meer skadelike fase van BEE voorlê. Verwikkelinge in hierdie fase sluit die volgende in: In April vanjaar het Zodwa Ntuli, BBBEE-kommissaris, die oorgrote meerderheid van trust-gestruktureerde BEE-bemagtigingstransaksies as ongeldig bestempel. In Februarie het president Cyril Ramaphosa die Mededingingswysigingswet onderteken, wat BEE nou by mededingingsreg inkorporeer. In Mei het minister Rob Davies verskerpte BEE-kodes gepubliseer. In 2017 het wysigings (ingestel onder die destydse minister van Finansies Pravin Gordhan) aan die staat se voorkeurverkrygingsregulasies in werking getree, ingevolge waarvan staatsentiteite soos Eskom vandag die mag het om wit kontrakteurs by voorbaat uit te sluit van tenders. En so kan die lys aangaan.

Sakeliga se regs- en navorsingspan stel tans verdere ondersoek na die kommissie se bevindinge in en sal wanneer gereed ʼn openbare inligtingsessie daaroor aanbied. Aandeelhouers, sakelui en belanghebbendes wat graag uitgenooi wil word of op hoogte wil bly kan inteken op Sakeliga se verspreidingslys vir inligting oor BEE, op www.sakeliga.co.za/brandpunte/bee.

Voorlopige ontleding deur Sakeliga se regs- en navorsingspan identifiseer onder meer die volgende vier problematiese aspekte van die bevindinge.

  1. Die kommissie poog om vir aandeelhouers, en in hierdie geval ʼn minderheidsaandeelhouer met ʼn 4%-belang, meer regte te gee as wat sulke aandeelhouers normaalweg kragtens die maatskappyereg sou ontvang.
  2. Die poging om ʼn buitensporige inspraak aan MTN Zakhele-Futhi in die MTN Groep te gee is in stryd met artikel 1 van die Wet op B-BBEE, omdat die artikel nie aan BEE-aandeelhouers die reg gee om meer seggenskap te bekom as wat hul belang normaalweg sou regverdig nie.
  3. Aangesien ras die oorwegende gronde vorm waarop die kommissie aan MTN Zakhele-Futhi ʼn buitensporige inspraak in die beheer van die MTN Groep wil gee, kom dit neer op politieke verheffing van een tipe aandeelhouer bo ʼn ander.
  4. Die kommissie maak inbreuk op die kontrakteervryheid van die partye sodanig dat BEE-ooreenkomste voortaan veel moeiliker op ʼn wedersyds aanvaarbare grondslag gesluit sal kan word. So, byvoorbeeld, was die uitreiking van MTN Zakhele-Futhi-aandele in die eerste plek gedeeltelik deur MTN self befonds, wat in ruil vir sekere voorwaardes ʼn verwatering van bestaande eienaarsekwiteit daargestel het. Die voorwaardes se bedoeling is om te voorkom dat die BEE-entiteit nadelige transaksies aangaan wat die langdurigheid van die BEE-transaksie kan beperk, of deur hul direksie en aandeelhouers besluite neem wat nadelig vir die moedermaatskappy is. Die inbraak op die kontrakteervryheid van die partye, wat neerkom op ʼn nademaalse verwatering van ekwiteit en billike inspraak vir bestaande aandeelhouers, maak BEE-transaksies, ironies genoeg, nog onaantrekliker vir meeste maatskappye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Boy van die Suburbs ·

BEE is gebaseer op die Afrika gesegde: “Krap my rug, en dan krap ek joune” Kaderontplooiing!!

George in Bloem ·

En so sal die spul parasiete voortfletter tot daar dan uiteindelik ook van die res van ekonomie,wat nog oor iscen so so funksioneer,bokkerol oor is nie.En as die blanke dan nou uiteindelik van net mooi alles uitgesluit word,wat dink die klomp onbevoegde korruptes in beheer gaan die uiteinde van dit alles wees? Of dink hulle ooit daaraan?

1963 ·

Gee ‘n parasiet die pinkie en hy vat die hele hand. Stadig maar seker word die pot warmer gestel.

Disselboom ·

… en Solidariteit/Afriforum sal die res doen om die wa deur die drif te trek.

sweis ·

Dit is diskriminerende wette gebaseer op velkleur, en ons aanvaar dit na 25 jaar se sogenaamde demokrasieë, hoekom??

fred ·

ek verstaan nie dat VF+, Solidariteit en Afriforum nie hof toe gaan om die ganse BEE diskriminasie af te skaf…dit is swart rassisme in die ergste graad…volgens die grondwet is iedereen gelyk..wat stop hierdie organisasies om dit aan te kla?????
CR ,Sexuale en baie ander swartes het so oornag skatryk geword….mense as julle kan stuur julle kinders Technicon of universiteit toe so dat hulle later kan besluit om te emmigreer…hier is nie meer hoop vir blankes nie

Johan ·

Geen Blanke voel tuis in ‘n vyandige rassistiese Suid-Afrika nie. Ons wil positief deelneem aan die opbou van ons land, maar daar is drakoniese wette wat ons op grond van velkleur uitsluit. En nog steeds is daar mense wat sê die Wittes word bevoordeel. Hulle moet verduidelik op watter manier. Hierdie is ‘n radikale poging om ‘n sekere deel van die bevolking vinnig te verarm

Pieter ·

Dit is maar soos dstv kos n 1000 n maand om alles oor en oor te kyk ons moun maar ons betaal maar ons blanke volk sal nooit regkom nie jammer om dit te se

Maljan ·

Easy come easy go. No regrets want daar was ten eerste nie betaal of gewwrk voor nie. Geniet dit.

Arie ·

Ek kan nie glo hulle is so vertraag dat hulle nie kan sien Bee werk nie en sal ook nooit werk nie!!!

Sarel ·

Sodoende word stemme gewerf ongeag die gevolge vir die land of sy mense. Dit raak hulle nie

Dirk Breytenbach ·

Dit help nie om nou vinger te wys nie, wat gaan ons huidiglik om regstellende aksie reg te stel?

Viva BBBBBBBEEEEEEEE ·

SA is die enigste land waar dit nodig is om die meerderheid te beskerm teen die minderheid, hmmmm? As die minderheid ‘n lonende besigheid begin moet hulle dit deel en die gedeelte weggee aan die bak hande en selfs mense aanstel volgens kwota en nie vermoë nie wat later jou besigheid skade doen, want jy was bevoordeeld deur ‘n besigheids idee uit te dink. Daarom staan lande nie tou om in SA te belê nie, want dit maak nie besigheids sin en die risikos is te groot. Viva ANC!

Hans ·

Mense geniet groot finansiële voordele waarvoor hulle geen risiko’s /werklike finansiële bedraes gemaak en gevolglike buitensporige beheer.

Johanna Botha ·

Ag neuk voort wat almal weet bee het nie gewerk nie …meer werkloosheid meer mense arm

Elna ·

Nee Danie. Hulle het niks geleer uit eskom nie en sal net voort gaan en alles vernietig om die BEE sisteem te bewerkstellig. Net snaaks dat die oorsee se lande niks daaroor se of dit enigsins bevraag teken nie.

Jerry ·

VF en sy frontorganisasies moet nie nou kom huil omdat hulle die aanslag nie kan stop nie. Hulle was gewaarsku dat hulle taktiek die aanslag uitlok en vererger. Slimjanne wat mure gebou het gaan nog bitter spyt wees omdat hulle nie brue gebou het nie! Ongelukkig gaan die domastrantheid die kwesbaarste mense die swaarste tref, dit is reeds die geval. As enige iemand reken FW het n fout gemaak, dan gaan alle Afrikaners dubbeld soveel reken dat die VF en sy frontorganisasies, sewe x sewe keer n groter fout gemaak het. Jy skiet nie diknek as jy geen idee het met wie en wat jy mee te doen het nie! Julle het geen lesse geleer uit die geskiedenis van Afrika nie, want julle het niks daarvan eerstehands en persoonlik ervaar nie, maar julle gaan, julle beurt kom!

Adam ·

Jerry, ek is bevrees jou argument is verwarrend en waar jy beweer jou landgenote het nie “lesse geleer” nie, klink dit gewoon meewarig. Natuurlik het FW foute gemaak en natuurlik sal die VF+, ander partye en organisasies foute maaak en net so sal ons as individue foute maak. Die enigste waarborg om nie foute te maak nie, is om niks te doen ni. Ek sou bale graag wou hoor hoekom jy dink die foute van die hede is 7×7 keer groter as die van die “verlede” en watter lesse ons volgens jou uit Afrika moes geleer het.

Gatvol Verby ·

Jerry… ? ..slimjanne… wat mure en nie brûe gebou het nie…
Asseblief!!! As daar nou iemand is wat brûe probeer bou het is dit óns (besluit wie jy wil hê dit moet wees). ‘n Brug dra tweerigting verkeer maar die brug wat jy ooglopend goedkeur is die een wat middele van “ons” na “hulle” oordra. BB…EEEE of wat jy dit ookal wil noem is só brug waaroor alles van “ons” na “hulle” oorgedra moet word. Die skuld vir die mure lê nie by die bouers daarvan nie maar by díe wie dit moet uithou – en die geskiedenis het ons mooi daarvan geleer. Die aanslag wat kwansuis deur die taktiek uitgelok word was nog áltyd daar. Om te wil beweer dat die aanslag deur die reaksie veroorsaak word is louter snert. Die geskiedenis van Afrika bewys juis dít – en ja, daarom gaan ons vasstaan en verby ondeurdagte raat soos joune kyk – diknek skiet – juis omdat ons weet presies wat en waarmee ons te doen het. Ek reageer op jou kommentaar juis omdat ek eerstehands en pesoonlik ervaar het wat jou ideologie inhou. Twee woorde wat waarskynlik totaal uit jou woordeskat ontbreek is: Sinergie en Simbiose. Inteendeel, uit jou kommentaar keur jy blykbaar die parasitiese verhouding wat tans op ons afgedwing word goed.
Gaan kyk wat gebeur uiteindelik met die parasiet en sy gasheer….dan sal jy verstaan waarom mure gebou word!

Loopbaanloos ·

BEE het my loopbaan vernietig. Ek het hard gewerk, goed gevorder tot op n punt, toe is bevordering taboe. Toe ek sien watse ouens bo my geleendheid kry oor BEE, toe kon ek nie anders as om te bedank nie. Ek gaan nie my lewe lank n slaaf wees vir onwyse oppertuniste nie. Nou is ek n slaaf vir wyse slawedrywers van my keuse, met geen loopbaan nie, maar wel n job. Dit pyn my hart om te sien hoeveel loopbane is totniet en hoe bitter swaar die besighede kry agter die skerms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.