Dié boodskappe kan jou in die tronk laat beland

sosiale-media-facebook-twitter-instragram

Argieffoto (Foto: LoboStudioHamburg/Pixabay.com)

Suid-Afrikaanse burgers wat van apps (oftewel toeps) soos WhatsApp gebruik maak, sal voortaan twee keer moet dink voordat hulle ’n dreigende, beledigende of eksplisiete boodskap aanstuur, aangesien dit jou in die tronk kan laat beland.

Boodskappe wat onder meer saakbeskadiging of geweld teenoor ’n persoon of groep op enige manier aanhits, sal ingevolge die Wet op Kubermisdaad ’n strafregtelike oortreding wees. Dié wet is Dinsdag deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken.

Jy kan ook in die sop beland as jy ’n intieme beeld van ’n persoon sonder toestemming plaas of aanstuur, aan kuberbedrog skuldig bevind word of intellektuele eiendom steel.

Oortreders kan beboet en/of tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.

Carla de Beer, regskenner in sosiale media by The Digital Law Co, het dié wet verwelkom. “Gegewe die huidige sosialemediaklimaat in Suid-Afrika en die res van die wêreld, is dit baie belangrik om kuberwetgewing gereed te hê.”

Sy sê ook Suid-Afrika se Kuberwet is nou grootliks in ooreenstemming met die wêreld se wetgewing.

Argieffoto: Pixabay

“Die wetgewing is onder meer belangrik om te verseker dat mense se data bewaar word, maar ook om die ‘skelms van die internet’ makliker vas te trek.”

De Beer sê dit baan ook die weg om met ’n hofbevel makliker inligting en data uit diensverskaffers te kry.

Sy sê voorts hoewel Suid-Afrikaners se regte deur die wet beskerm word, bly dit elkeen se verantwoordelikheid om hom- of haarself te onderrig en bewus te wees van wat hy of sy op die internet of op sosiale media plaas.

“’n Mens moet maar altyd versigtig wees en nog steeds jou inligting so privaat moontlik hou. Hoe meer jy van jouself daarbuite plaas, hoe minder privaatheid het jy.

“Dis ook belangrik om jouself oor die gevare van sosiale media op te lei.”

De Beer waarsku dat burgers ook moet ligloop vir boodskappe wat oënskynlik onskuldig is, aangesien dit maklik onderskep kan word en jou later in groot moeilikheid kan laat beland.

“Wees versigtig met wat jy deel. As jy weet wat jy doen, is nie reg nie, moet dit eerder nie rondstuur of plaas nie.”

Die datum wanneer die wet in werking sal tree, is nog nie in die Staatskoerant bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

37 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pierre

lankal tyd om wetgewing toe te pas

absoluut

Dit is alles goed en wel en ek ondersteun dit ten volle maar hulle kan nie eers die mense wat in die openbaar “haatspraak”teen n sekere groep mense maak vasvat nie hoeveel te meer gaan of kan hulle dit doen op sosiale media????

Leeuwyfie

“As jy weet wat jy doen, nie reg is nie, moet dit eerder nie rondstuur of plaas nie” In vandag se politieke klimaat is goed wat verkeerd is reg genoem en goed wat reg is verkeerd genoem. So wie besluit wat reg is? Verstaan niemand hier hoe hierdie teen ons gebruik kan word deur net te sê die president is verkeerd en my lewe maak saak? Hierdie is ‘n wetgewing wat meer in die tronk gaan stop vir waarheid praat as vir die vieslike goed wat regtig gebeur. Klim van whatsapp en facebook af. Gebruik telegram en gab. Mense moet… Lees meer »

Drikus

As ek hierdie wet saam die PEPUDA Wysigingswetsontwerp lees, sien ek potensiële gevare in Godsdiensvryheid op sosiale media. Sou iemand nie hou van ‘n preek of geestelike boodskap wat aangestuur word via byvoorbeeld “WhatsApp” dan is die outeur in die spreekwoordelike sop net oor daardie aanhoorder beledig voel?

Wakkerslaper

…mmmmmm. Nog ‘n stok waarmee net die blankes geslaan gaan word.