Dié boodskappe kan jou in die tronk laat beland

sosiale-media-facebook-twitter-instragram

Argieffoto (Foto: LoboStudioHamburg/Pixabay.com)

Suid-Afrikaanse burgers wat van apps (oftewel toeps) soos WhatsApp gebruik maak, sal voortaan twee keer moet dink voordat hulle ’n dreigende, beledigende of eksplisiete boodskap aanstuur, aangesien dit jou in die tronk kan laat beland.

Boodskappe wat onder meer saakbeskadiging of geweld teenoor ’n persoon of groep op enige manier aanhits, sal ingevolge die Wet op Kubermisdaad ’n strafregtelike oortreding wees. Dié wet is Dinsdag deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken.

Jy kan ook in die sop beland as jy ’n intieme beeld van ’n persoon sonder toestemming plaas of aanstuur, aan kuberbedrog skuldig bevind word of intellektuele eiendom steel.

Oortreders kan beboet en/of tot 15 jaar tronkstraf opgelê word.

Carla de Beer, regskenner in sosiale media by The Digital Law Co, het dié wet verwelkom. “Gegewe die huidige sosialemediaklimaat in Suid-Afrika en die res van die wêreld, is dit baie belangrik om kuberwetgewing gereed te hê.”

Sy sê ook Suid-Afrika se Kuberwet is nou grootliks in ooreenstemming met die wêreld se wetgewing.

Argieffoto: Pixabay

“Die wetgewing is onder meer belangrik om te verseker dat mense se data bewaar word, maar ook om die ‘skelms van die internet’ makliker vas te trek.”

De Beer sê dit baan ook die weg om met ’n hofbevel makliker inligting en data uit diensverskaffers te kry.

Sy sê voorts hoewel Suid-Afrikaners se regte deur die wet beskerm word, bly dit elkeen se verantwoordelikheid om hom- of haarself te onderrig en bewus te wees van wat hy of sy op die internet of op sosiale media plaas.

“’n Mens moet maar altyd versigtig wees en nog steeds jou inligting so privaat moontlik hou. Hoe meer jy van jouself daarbuite plaas, hoe minder privaatheid het jy.

“Dis ook belangrik om jouself oor die gevare van sosiale media op te lei.”

De Beer waarsku dat burgers ook moet ligloop vir boodskappe wat oënskynlik onskuldig is, aangesien dit maklik onderskep kan word en jou later in groot moeilikheid kan laat beland.

“Wees versigtig met wat jy deel. As jy weet wat jy doen, is nie reg nie, moet dit eerder nie rondstuur of plaas nie.”

Die datum wanneer die wet in werking sal tree, is nog nie in die Staatskoerant bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

absoluut ·

Dit is alles goed en wel en ek ondersteun dit ten volle maar hulle kan nie eers die mense wat in die openbaar “haatspraak”teen n sekere groep mense maak vasvat nie hoeveel te meer gaan of kan hulle dit doen op sosiale media????

Leeuwyfie ·

“As jy weet wat jy doen, nie reg is nie, moet dit eerder nie rondstuur of plaas nie”
In vandag se politieke klimaat is goed wat verkeerd is reg genoem en goed wat reg is verkeerd genoem. So wie besluit wat reg is? Verstaan niemand hier hoe hierdie teen ons gebruik kan word deur net te sê die president is verkeerd en my lewe maak saak? Hierdie is ‘n wetgewing wat meer in die tronk gaan stop vir waarheid praat as vir die vieslike goed wat regtig gebeur. Klim van whatsapp en facebook af. Gebruik telegram en gab. Mense moet die waarheid hoor en jy kan nie die waarheid praat as jy gepolisieër word deur ‘n onderstebo regering.

Adri ·

Die probleem lê by ‘n regstelsel wat die regering se beleid volg en toepas.

Robert ·

Daar is ‘n verskil. Hulle deel nie hulle data met enigiemand nie.

Fluisterwind ·

As ek hierdie wet saam die PEPUDA Wysigingswetsontwerp lees, sien ek potensiële gevare in Godsdiensvryheid op sosiale media. Sou iemand nie hou van ‘n preek of geestelike boodskap wat aangestuur word via byvoorbeeld “WhatsApp” dan is die outeur in die spreekwoordelike sop net oor daardie aanhoorder beledig voel?

Francois Le Cochon ·

Drikus, eerstens moet jy nie ‘n preek of ‘n geesteliks boodskap of iets dergliks aanstuur nie, behalwe as die ontvanger dit versoek het. Dit is baie arrogant om net iets van 20 minute aan te stuur, en werklik te verwag dat die ontvanger sy/haar lewe tot stilstand moet bring om jou boodskap te lees/luister. ‘n Boodskap wat aangestuur word sonder toestemming, behoort nie die ontvanger meer as ‘n paar sekondes besig te hou nie.

Robert ·

WOW… ja nee lyk my party mense hou nie van vryheid van spraak nie…

johann ·

Daar was onlang ‘n geval van ‘n TV advertensie van Windhoek Lager waar
n persoon gevoel het sy manlikheid word bevraagteken omdat hy voel dat hy ooreenstem met
n pieperige mannetje in die advertensie. Dit lyk my sy klagte het nie geslaag nie want ek sien die ad word weer uitgesaai

Wakkerslaper ·

…mmmmmm. Nog ‘n stok waarmee net die blankes geslaan gaan word.

Robert ·

Vryheid van spraak is juis die reg om enige opinie of denke te deel.

Robert ·

Niks fout met Tipper se commentaar nie, dit word ook in Engels erken.

marius ·

Gaan dit op almal van toepassing wees of net sekeres wat vaste adresse het ?

Francois Le Cochon ·

Die goue reel vir sosiale media is om nie jou opinie te lug of kommentaar te lewer nie. Ek weet van ‘n jong meisie wat nie ‘n werk kon kry oor ‘n opinie wat sy jare gelede ge-post het. Werkgewers gaan kyk op ‘n aansoeker se sosiale media om meer persoonlike inligting van ‘n aansoeker te kry.

Michael ·

Dit geld sekerlik net vir die wit mense. As dit ook vir 2our people” geld moet hulle nog baie tronke bou.

Lood ·

Dis eintlik belaglik en in stryd met jou reg ingevolge die grondwet.

Sarel ·

Geld dit ookvir die EFF.Seker as jy fyndkrif lees sal sekrre partye iitgesluit wees

Klipkop ·

Daar was ‘n tyd wat die leuen jou in die tronk kon laat beland. Deesdae kan die onbetwiste waarheid jou in die tronk last beland.

Sonneblomkind ·

Geen probleem met die nuwe wet nie…maar hul kan nie eers mense wat roif en moord pleeg vir 15 jaar laat sit nie. Ek lag lekker hieroor. My gewete is skoon

Robert ·

Gaan lees Orwell se 1984… vryheid van spraak is net dit, nie jy mag enigiets kwytraak behalwe…

Danie ·

Ek dink Drikus slaan die spyker op sy kop.
Nou sit ek oorgehaal vir daai blourok tannie wat my pes.

4ntj13 ·

Ek hoop dit beteken dat Witmense ook minder bedreig sal word op Twitter en Facebook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.