Dié dorp volgende op die lys vir kragonderbrekings

Argieffoto (kimwonyeul, Pixabay)

Inwoners van die Madibeng-omgewing (Brits) het nou ook kennis gekry dat beurtkrag hul voorland is weens wanbetaling deur die plaaslike munisipaliteit. Só het Hannetjie Grobbelaar, VF Plus-raadslid vir Madibeng gister gesê.

Grobbelaar meen die inwoners van Madibeng gaan nou gebuk gaan onder die gevolge van die ANC se wanbestuur van die munisipaliteit. “Dit tree boonop in werking op 6 Desember, wat in die feesseisoen is,” het Grobbelaar gesê.

Die agterstallige skuld beloop volgens haar nagenoeg R114,65 miljoen.

“Die ANC vererger die saak deurdat hy nie eens ʼn dringende munisipale vergadering gereël het om ʼn weg vorentoe te bepaal nie.

“Dit wil voorkom asof dit die ANC se houding is dat die situasie maar net so kan voortgaan, sonder om die geweldige verliese in ag te neem vir een van die hoof ekonomiese toevoere van die dorp, toerisme en akkommodasie. Dit gaan die Brits-omgewing se ekonomie in sy geheel benadeel,” het Grobbelaar gesê.

Grobbelaar meen “onbevoegdheid” kan nie geduld word nie.

“Die VF Plus sal ʼn brief aan die speaker van die stadsraad skryf oor hierdie onhoudbare situasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

deon ·

Die betaler word gestraf, die wanbetaler voel n vy, niks word aan hom gedoen nie. By ons in Griekwastad word al 6 en n half uur beurtkrag toegepas op n dag. Gaan ook nie nou meer betaal nie.

Leahim ·

Ek kan nie glo Brits gaan so agteruit nie die wiele het lank terug hier afgeval n verandering in regering is al wat die dorp gaan red en ek weet nie eers of dit sal help nie.

Frikkie (Nie pienk) ·

Die hele land se wiele het afgeval. ‘n Regime-verandering gaan ook nie dinge red nie. Sommiges het eenvoudig nie die vermoë om te regeer nie.

Johan ·

Mense die speaker is ook ANC so dink julle regtig hy gaan veel doen aan die saak kry maar julle alternatiewe krag in plek.

marous ·

Klas aksie teen munisipaliteit en verkoop alles wat hulle besit….tot hulle kersboom!

Kragreus ·

Ek stem deon. Die wat die geld so steel se krag moet afgesny word sommer permanent. Ons betalers word altyd gesyraf

Leon ·

Dit is so waar Leahim.
En dit van ‘n stadsraad, toe ek nog ‘n trotse Britsie was, een van die sterkste stadrade in die land was!. Dit wys jou net, dit is AL wat die klomp narre kan doen, is verwoes steel en bedrieg. Om nie eens te praat van die talle nywerhede wat nou seker hul deure sal sluit nie.

snoefie ·

waar was diegene wat nou deur die kragonderbrekings benadeel gaan word op verkiesingsdag? hou op wegkruip agter die lam, dom ou verskoning van “my stem gaan nie n verskil maak nie ” doen jou plig. die wie eerder braai as stem, kan nie kla nie. verder, hoekom neem solidariteit, vf+, afriforum ens nie vir eskom hof toe nie? as hulle sedert koopkrag ingestel was, krag self aan die publiek verkoop het en klagtes oor onwettige verbindings opgevolg en die oortreders vervolg het, kon hulle self kernkragstasies in elke provinsie gebou het. heng hulle hoef dit nie self fisies te verkoop nie. almal het selfone. dis so maklik soos *456*654# en siedaar. jan publiek het krag eskom het geld

Kannaland ·

Die wat nie styem nie is volluit verantwoordelik vir dit wat in die land aangaan.

SjN ·

Beurtkrag gaan beslis nie die rekening betaal nie, raak ontslae van die onbevoegde persone wat veronderstel is om die werk te doen,

Britsie ·

Dis nie net Eskom wat kla nie. Hier in Brits is nie baie verkeersligte wat werk nie. Kontrakteurs word nie betaal vir die werk nie, so hulle maak nie reg nie. Ry deur die dorp dan ruik jy die rioolwerke al van ver af. Niks word in stand gehou nie, en die inwoners moet maar daaronder ly. Elsa Lourens en Hannetjie Grobbelaar (albei VF+) doen alles moontlik om iets te laat gebeur. Baie dankie daarvoor. Maar ongelukkig kan hulle ook net soveel doen. Ek sê (amper) almal by die stadsraad moet afgedank word want die een wil meer onbevoeg wees as die volgende persoon

CHRISTA ·

Kan julle nie Afriforum en OUTA kry om teen die stadsraad op te tree nie?

Boet Fasie ·

Al hoe meer betalende kliente is besig om hulle huise te voorsien van alternatiewe kragbronne en is besig om water tanke by hulle huise te laat installeer. Een van die dae gaan die munisipaliteite en Eskom agterkom dat daar geen betalende kliente is wat hulle kan melk nie.

"Krag"loos ·

Douglas ook 6.5 ure per dag sonder elektrisiteit. Doengevolg daarvan is dat ons ook nie genoeg water het nie omdat die water pompe minder werkstyd het. Dus word krane nou toegedraai van 17h00-5h00 en het ons geen krag en ook met tye geen water. Munisipale verteenwoordigers daag nie eers op by dorpsvergaderings nie.. Sterkte vir almal wat oral deur beurtkrag geraak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.