Die eerstes wat oor staatskaping gaan getuig

Die geregtelike kommissie wat staatskaping ondersoek se embleem (Foto: Gertrude Makhafola/ANA)

Mcebisi Jonas, voormalige minister van finansies, en Mabel Petronella “Vytjie” Mentor, voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, sal van die eerstes wees wat Maandag sal getuig in die geregtelike kommissie van ondersoek na staatskaping.

Die verhore sal Maandag om 10:00 in Parktown in Johannesburg afskop.

Raymond Zondo, adjunkhoofregter en voorsitter van die geregtelike kommissie, het Vrydagaand per e-pos ʼn verklaring aangestuur dat die volgende persone oor die volgende paar weke voor die kommissie sal getuig: Ndleleni Willie Mathebula van die tesourie; Jonas; Mentor; Themba Maseko, voormalige kabinetwoordvoerder; en Phumla Williams, wat verbonde is aan die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS).

Zondo het verder gesê dat ander getuies ook deur die kommissie se regspan geïdentifiseer word en dat daar met hulle gekonsulteer word.

Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer (OB), het in haar staatskapingsverslag van November 2016 gesê Mentor beweer sy is in 2010 by die Saxonwold-woning van die Gupta-broers die pos van minister van openbare ondernemings aangebied.

Jonas beweer hy is ʼn reusebedrag omkoopgeld van R600 miljoen en die pos van minister van finansies aangebied deur Ajay Gupta in ruil daarvoor dat hy hul opdragte uitvoer.

Maseko voer aan dat voormalige pres. Jacob Zuma hom persoonlik gebel het en gevra het om die Guptas te “help”. Hy moes glo regeringsadvertensies en bemarking na die Guptas se koerant van destyds, The New Age, te verwys.

Maseko het Vrydagaand op Twitter gesê. “August 31st is my date with the Commission. Its gonna be going down.!!!!”. [sic]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

zoom zoom ·

SA is een groot kommissie. Want dit ia al wat gebeur en niemand word ooit skuldig bevind nie wat nog van tronkstraf. Een groot grap

Genie ·

Ongelukkig is jy heeltemal korrek. Die kommissies kos 100de miljoen rande en kry niks uitgerig nie. Dit is maar net ‘n verdere rondte van geldstelery.

Casper Labuschagne ·

Kom ek maak sommer nou die voorspelling dat dit gaan begin by die Guptas maar sal baie vinnig oorgaan na “Wit Monopolie Kapitaal.” Die ou beproefde taktiek is om nie na jou eie vuil huis te verwys nie, maar om te gil, “Kyk hoe sleg lyk dit daar oorkant!”

Kommissery ·

Weet dis NET om media besig te hou en diesulkes wat oor niks beter kan praat of skryf…Stel gladnie belang ou nuus gaan nou geen doel dien behalwe om die aandag van grondgrype en verkiesings bedrogbeplanning af te trek.

1+1 ·

Hier kom die gelykmaker. Apartheid in die een pan van die skaal en alles wat sedert 1994 in SA skeefgeloop, verloor en vernietig is aan bedrog ens. in die ander pan van die skaal. Ek hoop na hierdie oefening sal die mense besef dat die speelveld nou gelyk is, sodat ons op ‘n nuwe bladsy kan begin. Dit is moontlik!!

Afrikaanse Knaap ·

Niemand gaan iets oorkom nie. Dit was verseker wat nommer 2 met nommer 1 onderhandel het. Onthou julle nie dat Mr Zuma president moes wees tot April 2019 nie? Ek is seker sy beskerming was onderhandel en verseker.

Johann ·

Guptas lankal landuit. Zuma het hulle gewaarsku voor hy bedank het dat hulle moet vlug. Hulle kon hulle tot dusver nie terugkry in Suid-Afrika nie so hoe gaan hulle hulle terugbring as hulle aangekla word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.