Dié Gauteng-munisipaliteit se krag nie nou afgesny

Argieffoto: GCIS

Die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng se kragvoorsiening sal nié meer volgende maand afgesny word nie nadat die Gautengse provinsiale tesourie betaalplanne met Eskom onderhandel het.

Dié munisipaliteit en gedeeltes van die Midvaal-omgewing sou in Oktober sonder krag gewees het as gevolg van agterstallige betalings.

Barbara Creecy, Gauteng se LUR vir finansies, sê die provinsiale regering het nou saam met die Emfuleni-munisipaliteit én Eskom onderhandel om ʼn ooreenkoms te bereik.

“As gevolg van hierdie onderhandelinge het ons ʼn brief van Eskom ontvang wat sê dat hulle nie meer die kragvoorsiening op 3 Oktober sal stop nie,” sê sy.

Creecy sê dit beteken dat Midvaal ook kragvoorsiening sal hê aangesien die nywerheidsgebied van dié omgewing ʼn ooreenkoms met Emfuleni het wat krag aan hulle voorsien.

“Ons sal saam met die relevante munisipaliteite werk om te verseker dat die betalingsplan vir uitstaande skuld nagekom word om kragonderbrekings te vermy, aangesien dit ʼn negatiewe impak het op inwoners, besighede en die ekonomie.”

Die DA het in Mei vanjaar gesê die Emfuleni-munisipaliteit is al meer as R100 miljoen aan Eskom verskuldig en ook meer as R200 miljoen aan Rand Water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

stefanie ·

Hoekom word die onwetige krag aansluitings toegelaat en mense wat gereeld krag betaal maar asgevolg van omstandighede een maand nie krag betaal nie se krag word afgesny of is dit hoe dit in die nuwe suid afrika werk

Frikkie (Nie pienk) ·

Nêrens lees ons ooit dat Eksdom oorweeg om buurman Bob se krag af te sny nie. Ons aanvaar dus dat hy ‘n beter kliënt as bv Emfuleni-munisipaliteit is ??!!

snoefie ·

tensy eskom self direk aan die publiek krag verkoop, behoort die uiters ongrondwetlik te wees on mense wie krag koop se toevier af te sluit. maar omdat al die middelmanne en swart gemeenskapoe bevoordeel moet word, word eskom toegelaat die betalers se menseregte weg te neem. EEN KW, EEN PRYS of daar R10 000 se krag in Hartenbis of R10 se krag Olievenbos gekoop word.

Jonathan ·

Sny af die Elektries dis reg sny af by almal wat vir die munisipaleteit werk of dienste verskaf miskien sal die gelde ontvang op die regte plekke spandeer word

Kers ·

Elektrisiteit is ‘n kolonialistiese luuksheid, neem dit weg en laat die burgemeester en maters by ‘n vuurtjie sit.

Wagter ·

Dis elke keer se storie, “Groot dorp se krag gaan afgesny word binne weke agv wanbetaling” en dan n dag voor die tyd word daar onderhandelings gemaak.. sigh.. sal nou juis n storie wees as dit wel gebeur hehe

SjN ·

Bepaal julle eerder by die onwettige aansluitings, op party plekke lyk dit soos n spinnekop web soos drade oor paaie gespan word.

MM ·

Gaan sny Nkandla se krag af – dis eintlik die ANC regering wat nie HULLE skuld betaal het nie – waar is die geld heen – GESTEEL WAAR ANDERS deur die Korrupte ANC regering – Sny al die hoe koppe se krag af – laat hulle voel hoe dit voel as daar van jou gevat word al betaal jy jou skuld. of eerder neem terug wat van ons gesteel is.

marous ·

Sny dit af dan kan die inwoners wat betaal die burgemeester se ketting verkoop en hul rekenaars en hul yskaste en hul vullistrokke en hul partytjie versieringe en en en…

Dorpenaar ·

Wel as inwoner wat onder Emfuleni val…wat voorheen in Midvaal gebly het kan ek se Emfuleni sal om ‘n vuur sit eerder as te onderhandel. Indien daar onderhandelinge was, sou die handjievol DA Raadslede dit seker gedoen het. Ons elektrisiteit is meer af as ooit. Indien jy bel sit hul die foon neer omdat jy nie vra, how are you nie. Elektrisiteit gisteraand na 7uur af, vanoggend voor 8 geskakel. Ma’am, we do not work on public holidays and weekends, our technicians only work from 8 to 3 (met moontlik nog 2ure ete ook). Phone back at 10. Ek sit met 3 werkers, wat betaal moet word….en my generator wat aan is. My alarm nou weer stukkend wat vervang moet word. Dankie Emfuleni. Waar by Midvaal, wat DA gebied is kon ek enige tyd bel…en binne minute is water of elektrisiteit reg. Hartseer….maar waar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.