‘Die GROOT Ontbyt’ nie uitgesaai oor Covid-19  

Die GROOT Ontbyt, kykNET en GROOTfm 90.5 se ontbytprogram, sal vir drie dae nie regstreeks uitgesaai word nie nadat ʼn werknemer positief vir Covid-19 getoets het.

Volgens GROOTfm 90.5 het een van sy tegniese personeellede gister positief getoets vir Covid-19.

“Alle maatreëls is egter getref en word tans uitgevoer om te verseker dat die res van GROOTfm 90.5 se personeel veilig en gesond is.”

Dit beteken egter dat van die stasie se radioprogramme asook Die GROOT Ontbyt-TV-program aangepas moet word vir die volgende drie dae.

Die programme GROOTplaas, Die GROOT Ontbyt en Kom Ons Praat Daaroor wat op kykNET, kanaal 144, uitgesaai word, word tot en met Vrydag geraak. Ander projekte, #jouGROOTkuier met Brand Pretorius, sal noodgedwonge skuif na Donderdag 16 Julie en #jouGROOTwerkswinkel saam met Maroela Media is voorlopig gekanselleer.

Volgens Hardus Zevenster, uitvoerende hoof van die Bloudruk Media Groep, sal die veiligheid en gesondheid van GROOTfm 90.5- en Die GROOT Ontbyt se personeel prioriteit geniet.

“Terselfdertyd gaan ons nie die kwaliteit van ons produk afskeep nie. Ons het beplan hiervoor en daar sal dus steeds goeie inhoud uitgesaai word totdat ons kan terugkeer na ‘normaal’ volgende week.”

eNuus het Saterdagaand ʼn voorafopgeneemde nuusbulletin uitgesaai nadat een van die nuusdiens se werknemers positief vir Covid-19 getoets het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Sterkte 90.5 FM

Duck

Is in elk geval ‘n Groot Klomp Snert