Dié is Afrika se voorste paspoorte

(Argieffoto: Morné an Rooyen)

Seychelle, Mauritius en Suid-Afrika is pas aangewys as die drie top-Afrika-lande op die Henley-paspoortindeks.

Die indeks meet paspoorte wêreldwyd volgens die getal bestemmings wat die draers daarvan kan besoek sónder dat hulle vooraf vir ʼn visum moet aansoek doen en meet dus die mate van reisvryheid.

Seychelle lê wêreldwyd in die 26ste plek, Mauritius staan op 32 en Suid-Afrika is 56ste op die lys.

Japan spog met die boonste posisie en dié land se burgers kan 191 lande besoek sonder hulle vooraf moet aansoek doen vir ʼn visum. Dié van Singapoer kan 190 lande só besoek, terwyl Suid-Korea een plek teruggesak het en saam met Duitsland vrye toegang tot 189 bestemmings wêreldwyd bied.

Die indeks word saamgestel op grond van inligting van die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA), asook navorsing deur Henley se navorsingsafdeling.

Seychelle en Mauritius was ook die enigste twee lande wat hul plek op die ranglys die afgelope paar jaar kon verbeter. Henley sê dit is grootliks te danke aan ʼn ooreenkoms met die Schengen-gebied wat bepaal dat ʼn visum nie meer vir burgers van dié lande nodig is nie.

Die draers van ʼn Seychelle-paspoort kan sonder ʼn visum na 151 lande reis, gevolg deur Mauritius op 146 lande. Suid-Afrikaners kan op dié manier na 100 lande reis.

Afrika het die grootste terugsakking gehad en Afrika-lande verteenwoordig 19 van die 27 lande wat die afgelope dekade die grootste dalings op die ranglys getoon het.

Nigerië het die grootste daling gesien en Nigeriese paspoorthouers kan net na 46 lande reis sonder om vir ʼn visum aansoek te doen. Marokkane kan na só na 63 bestemmings reis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Selfbestuur ·

Wanneer ons eie welvarend eerstewereld republiek gevestig het sal ons ook visumvry kan reis. Ons kan ‘n klein gebied so groot soos Swaizland eerstewereld maak. Welvarend. Konserwatief liberaal. Veilig. Vry van ANC-regime onderdrukking. Werkloosheid op 2%. Landbou uitvoer. Kom ons maak dit werk.

Gerrit ·

En n paar jaar nadat ons dit laat werk het, word dit maar net weer weggegee. Moenie die witman se obsessie onderskat om alles verniet weg te gee nie. Wêreldwyd, nie net hier nie. Veral deur die volgende geslagte wat nie persoonlik alles moes opbou nie, maar net alles by hul voorouers gekry het. Easy come, easy go.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.