Dié is die bankrekening vir jou

kredietkaart-geld-inkopies

Foto: Jarmoluk/Pixabay.com

In 2017 is sterk mededinging in die mark vir persoonlike transaksionele bankrekeninge voortgesit. Dít is volgens die agtste jaarlikse uitgawe van die Solidariteit Bankkosteverslag wat vandag uitgereik is.

Volgens Gerhard van Onselen, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SRI), is daar bewys van voortdurende sterk mededinging in die transaksionele bankruimte.

“Die vier groot banke het weinig ruimte om fooie aan die onderpunt van die mark te verhoog, en dit is die gevolg van volgehoue druk van Capitec se aanbieding. Die banke kan ook nie toelaat dat die gaping tussen die bondelrekening wat aan middelinkomstegroepe bemark word en die goedkoper rekeninge te groot word nie, anders loop hulle die risiko dat kliënte na die goedkoper opsies sal oorskuif of eenvoudig na mededingers sal oorskakel,” het Van Onselen gesê.

Van Onselen merk op in die lae-inkomste- en basiese bankruimte, te oordeel net na fooie, word Capitec vanjaar net-net geklop deur Absa se Transact-rekening, FNB se Easy Account en Nedbank se Pay-As-You-Use.

“As die rente wat Capitec betaal in ag geneem word, is Capitec egter steeds, maar net-net, die goedkoopste rekening. Met dit in ag geneem, is Absa se Transact-rekening nou ’n werklik dwingende proposisie vir kliënte wat selde indien ooit meer as R2 000 in hul rekening hou,” voeg Van Onselen by.

Met betrekking tot die vlagskiprekeninge van die vier groot banke wat aan kliënte met middelklasinkomste en gesofistikeerde bankbehoeftes bemark word, wys Van Onselen daarop dat Standard Bank se Elite Plus-rekening nie meer die goedkoopste opsie onder hierdie bondelrekeninge is nie.

“Die Elite Plus-rekening van Standard Bank word nou getroef deur Absa se Gold Value Bundle-rekening en Nedbank se Savvy Plus-rekening. Nadat Nedbank onttrekkingsgeld vir kontant by kleinhandelaars afgeskaf het, is sy Savvy Plus-rekening vanjaar op hierdie vlak mededingend vir kliënte wat om enige rede nie Capitec as voorkeurbank wil gebruik nie,” sê Van Onselen.

“Kliënte in die middelklasinkomstekategorie wat bankdienste sonder tierlantyntjies wil hê, kan dit egter lonend vind om Capitec en die relatiewe nuwe aanbieding van Old Mutual te oorweeg. Wanneer die rente op batige saldo’s en bestaande kitsbank- en takstrukture in aanmerking geneem word, is Capitec hier die sterkste proposisie,” voeg Van Onselen by.

Vir rekeninge wat aan hoërmiddelklaskliënte bemark word, noem Van Onselen dat Absa se Platinum Value Bundle die ander banke beduidend klop as net koste in ag geneem word. “Koste is egter nie die enigste rede waarom kliënte hierdie duurder rekeninge oorweeg nie; dit sluit gewoonlik bykomende voordele in, en sulke voordele moet individueel oorweeg word,” voeg Van Onselen by.

Die verslag toon ook dat byvoorbeeld die prys vir ’n midvlakbondelrekening nou al etlike jare lank op ongeveer R100 per maand staan; dit beteken ’n reëele daling in die prys van hierdie rekeninge as verbruikersinflasie in aanmerking geneem word.

“Hoewel akkurate vergelyking van rekeninge oor tyd heen moeilik is weens veranderinge in die name en strukture van rekeninge, dui vergelykings van inflasie-aangepaste koste van soortgelyke rekeninge oor ʼn tydperk daarop dat daar oor die algemeen groot dalings was in die reëele koste van transaksionele bankdienste,” voeg Van Onselen by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Leahim ·

Ek was al die jare by nedbank die bank fooie was altyd baie hoog toe skuif ek Capitec toe die diens en fooie is uitstekend ek sal nie maklik na n ander bank skuif nie

Willie E ·

Ek is ‘n FNB klient vir al meer as 27 jaar,en ek moet se,die bank koste is baie hoog. Ek doen wel baie EFT’s,E Wallet transaksies en kaart transaksies,maar as ek na my bank koste kyk dan wonder ek waarom ek nie ook oorskuif Capitech toe nie. Dis net my baie jare by FNB wat my laat bly by hulle.

Frederik ·

Ek het na 34 jaar by Standard oorgeskuif Capitec toe, en was nog nie een dag spyt nie. Geen ” Server not available “, lang rye en hoë bankkoste meer nie.

Grant ·

Goeie dagse, dit is te verstaande dat j al 27jaar by jou bank is, maar die uintlike vraag wat jy jouself moet afvra is “Gaan x nog vir 27 jaar daai geld ini asblik gooi waar dit as maandlikse beaparins kon gewees het..
Nou wil ek nie eens vra watter tipe rekening dit isi..
Maar onthou evaluate ko cons and pros

Withond ·

Ek weet van n oom wat jare gelede,nadat hy sy plaas verkoop het, die kontant binne n trommel onder sy bed gebere het en daarvan geleef het tot sy dood.

Cherokee ·

Die (koopkrag van die) geld wat hy onder sy bed gebêre het, het benewens die risiko, verminder teen die koers van inflasie elke jaar. Hy moes elke jaar meer daarvan gebruik om dieselfde te koop/doen as die vorige jaar.

Hoe werk dit? ·

FNB het aan lede wat in Shamburk (naby Hekpoort) bly Goue Cheque rekeninge gegee…
Hulle bankkostes is maar R5.50 per maand

Hoe werk dit? Ons moet oor ons ore betaal vir bank kostes…

Witblitz ·

Ek het al rekeninge by al die groot banke gehad, en Capitec wen altyd. Goeie diens (so goed soos ‘n bank kan wees in elkgeval), lae kostes en hoë rente.

Gerrie ·

Moet asb nie ABSA vergeet nie hulle dienste is seker die hoogste van alle banke,ek is al meer as 20 jaar by hulle en dis tyd dat daar n verandering gaan kom

Matilda ·

Ek is sedert 1970 by ABSA voorheen United maar nou is dit belis tyd om te verander
as na my kostestaat maandeliks gekyk word Kyk maar wat is die koste verbonde aan ‘n eenvoudig aftrekorder. Dit is net nie meer lonend nie .

Cherokee ·

ABSA is gevorm deur die koalisie van ‘n paar banke, nie slegs United nie. Ek het ‘n rekening by ABSA waarmee ek begin het in 1981 by Trustbank. Ek stem met jou saam mbt bankkostes. Jy sal egter vind dat ‘Internet Banking’ ‘n relatiewe groot positiewe verskil maak aan bankostes.

HPV ·

Enige ander bank is ‘n verbetering op Absa. Ek het ook Absa gegroet na 46 jaar . Persoonlik dink ek Absa se probleme het begin toe hulle meer soos ‘n versekeringsmaatskappy geword het. Ek lag nou al die pad bank toe!

koos1 ·

Ek was by ABSA (Volkskas), Standerd Bank en Nedbank. Is sowat 5 jaar terug Capitec toe, en nog nooit spyt nie. Om tjeks in te betaal vat egter lank, maar my bankkoste en my rente kanseleer mekaar omtrent elke maand uit. Net my salaris word inbetaal en ek het geen vaste beleggings nie. Ook skiet hulle takke soos paddastoele op, wat my bank na my toe bring en nie dat ek ‘n bank moet gaan soek nie. En nee ek werk nie vir hulle nie, maar kan hulle gerus aanbeveel. Ek was ook bang om te skuif weens my jare verbintenisse met die ander “groot” banke, maar dit was pynloos en ‘n plesier.

Driekie ·

Capitec is tops ek was al by standard en absa en die diens is baie beter en die kostes redelik hoop dit bly so

Cherokee ·

Enige iemand ervaring met OU Mutual Bank? Nogal nuuskierig oor hul dienste.

Anton KLD ·

Was van 2006 by Old Mutual Bank. Ek was baie meer as tevrede met hulle diens en kostes.
Ongelukkig het hulle ophou bestaan (+/- 2008) en het al die rekeninge terug gegaan na Nedbank stelsel waarop OMB rekeninge gekoppel was.

Cherokee ·

Anton, in die Pavillion in Westville (waar ek weekliks instap) is daar ‘n Ou Mutual Bank en so ook in Pinetown.

Charles ·

Ek was al by al die banke betrokke, oor gegaan na Capitec kort nadat oop gemsak het, was nog nooi spyt gewees nie, sal Capitec enige tyd aan beveel…

Marc ·

Al vanaf 2012 by Capitec. Geskuif vanaf ABSA. Capitec is nog die beste wat die bankwese kon kry. Sal hulle enige dag aan enige iemand aanbeveel. Altyd uitstekende en vriendelike diens. Laat jou altyd voel of hulle daar is vir jou.

Swannie ·

FNB hef geen bankkostes indien daar R10 000.00 of meer in die Linked-savings- account is nie.
Ongelukkig word geen rente egter meer betaal in die checking account nie en wanneer die bedrag R20 000.00 of meer in die savings account is, word slegs 2,5% rente betaal. Onder R20 000.00 is rente 5,5%

Enigetse bank waarvan ek weet wat minder rente betaal hoe meer geld jy spaar.

Deon ·

Ek werk vir die Angeline 11 haar in die buiteland en het bankrekeninge in 2 verskillende lande weens die plekke waar ek werk: ek het in 11 jaar nog nie een sent bankkoste op hierdie rekeninge betaal nie. Die SA bankwese rip ons mense net die heletyd af!!!!

Tatta ABSA ·

My bankkoste in die vorige boekjaar was R6000 by ABSA. Ek is besig om al my rekeninge toe te maak en Capitec toe te skuif. Ek is gatvol vir ABSA.

My 2c ·

Capitec het hulself bewys. Ek was ook Trust Bank toe United Bank toe Perm en daarna ABSA. Paar jaar terug oorgegaan Capitec toe. Nie n dag se probleme. Staan nooit in n tou nie. Hul is altyd behulpsaam. Kostes laag. Beslis n bank vir die toekoms. Nedbank se kostes is ongelooflik hoog en buitensporig en hul is vol s,,,,,t net vir n openinv van n spaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.