Dié is die ‘gevaarlikste’ staatshospitaal in Gauteng

Argieffoto

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het Maandag gesê meer as 20 000 pasiënte het die afgelope twee en ʼn half jaar onder nalatigheid in staatshospitale gely.

Hy het gesê die DA doen ʼn beroep vir doeltreffende maatreëls om mediese foute te minimaliseer wat grootliks veroorsaak word deur swak bestuur en ʼn gebrek aan nagevolge vir nalatigheid.

Dié feite het aan die lig gekom tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die Gautengse wetgewer oor sogenaamde ernstige nadelige voorvalle wat in dié tydperk in hospitale plaasgevind het. Gwen Ramokgopa, LUR vir gesondheid, het ʼn vraag van Bloom beantwoord.

Volgens Ramokgopa sluit dié voorvalle onder meer aantygings van nalatigheid, onbekwaamheid van personeel en menslike foute in.

Dit het aan die lig gekom die Chris Hani Baragwanath-staatshospitaal is die gevaarlikste hospitaal vir pasiënte in Gauteng aangesien daar 4 320 sulke voorvalle aangemeld is, terwyl daar by Heidelberg-hospitaal die minste (42) aangemeld is.

“Volgens Ramokgopa sluit die aksie wat ná hierdie voorvalle geneem is dissiplinêre aksie, verwysing na die polisie, asook die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) en die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleegkundiges in,” het Bloom gesê.

Daar is glo ook verskeie voorkomende maatreëls getref om dié soort voorvalle te verminder.

Volgens hom word die krisis in die openbare gesondheidsorg-sektor bevestig deur die skokkende hoë getal skadelike voorvalle wat pasiënte raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

45 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel Strydom

Niemand word ooit tot verantwoordi ng geroep nie.

Chris

Dan wil die ANC nog beheer oor die privaat hospitale ook oorneem.

Msp

Nou vra ek, is ñ hospitaal nie die plek waarheen jy moet gaan om gesond te word nie. As hulle nie hul werk wil doen nie hoort hulle nie daar nie en moet die minister van gesondheid verantwoordelik gehou word as hy nie optree teen die werkers wat net die einde van die maand geld soek. Hulle werk nie maar kry vet salarise…

Maraai

Dit is totaal en al onaanvaarbaar. En wat gaan hieraan gedoen word ???

Isabel

Moet ASB ni verre oosrand Hosp mis kyk ni. As iemand daar ingaan kom hulle ni lewend daar uit ni. Ek het my moeder en my oom deur hulle nalatigheid veloor. Hulle is ongeskik en bombasties. As men’s by ongevalle aankom met die vervoer sal jy sit end wag tot hulle dink dit is tyd on jou te help. Vele Kerr wat ek met my moeder soontu gejaag het, het hulle ni omgegee on my te help ni. Di Dr het vele mere vi my gese my ma sit aan. Sy makeer niks. Tu been ek haar bbh tu in… Lees meer »