Dié is die ‘gevaarlikste’ staatshospitaal in Gauteng

Argieffoto

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het Maandag gesê meer as 20 000 pasiënte het die afgelope twee en ʼn half jaar onder nalatigheid in staatshospitale gely.

Hy het gesê die DA doen ʼn beroep vir doeltreffende maatreëls om mediese foute te minimaliseer wat grootliks veroorsaak word deur swak bestuur en ʼn gebrek aan nagevolge vir nalatigheid.

Dié feite het aan die lig gekom tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die Gautengse wetgewer oor sogenaamde ernstige nadelige voorvalle wat in dié tydperk in hospitale plaasgevind het. Gwen Ramokgopa, LUR vir gesondheid, het ʼn vraag van Bloom beantwoord.

Volgens Ramokgopa sluit dié voorvalle onder meer aantygings van nalatigheid, onbekwaamheid van personeel en menslike foute in.

Dit het aan die lig gekom die Chris Hani Baragwanath-staatshospitaal is die gevaarlikste hospitaal vir pasiënte in Gauteng aangesien daar 4 320 sulke voorvalle aangemeld is, terwyl daar by Heidelberg-hospitaal die minste (42) aangemeld is.

“Volgens Ramokgopa sluit die aksie wat ná hierdie voorvalle geneem is dissiplinêre aksie, verwysing na die polisie, asook die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) en die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleegkundiges in,” het Bloom gesê.

Daar is glo ook verskeie voorkomende maatreëls getref om dié soort voorvalle te verminder.

Volgens hom word die krisis in die openbare gesondheidsorg-sektor bevestig deur die skokkende hoë getal skadelike voorvalle wat pasiënte raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Chris ·

Dan wil die ANC nog beheer oor die privaat hospitale ook oorneem.

Msp ·

Nou vra ek, is ñ hospitaal nie die plek waarheen jy moet gaan om gesond te word nie. As hulle nie hul werk wil doen nie hoort hulle nie daar nie en moet die minister van gesondheid verantwoordelik gehou word as hy nie optree teen die werkers wat net die einde van die maand geld soek. Hulle werk nie maar kry vet salarise…

Maraai ·

Dit is totaal en al onaanvaarbaar. En wat gaan hieraan gedoen word ???

Elize ·

Soos met alles in die land gaan daar net mooi NIKS gedoen word nie.
My mening is dat alles word met opset geruïneer want wie het die land opgebou tot waar ons vandag is? Dit is blatante vandalisme met alles!!

Isabel ·

Moet ASB ni verre oosrand Hosp mis kyk ni. As iemand daar ingaan kom hulle ni lewend daar uit ni. Ek het my moeder en my oom deur hulle nalatigheid veloor. Hulle is ongeskik en bombasties. As men’s by ongevalle aankom met die vervoer sal jy sit end wag tot hulle dink dit is tyd on jou te help. Vele Kerr wat ek met my moeder soontu gejaag het, het hulle ni omgegee on my te help ni. Di Dr het vele mere vi my gese my ma sit aan. Sy makeer niks. Tu been ek haar bbh tu in boksburg. In ongevalle was hulle puik maar in di saal het hulle ook niks on gegee ni. Hulle get haar so mishandel. Sy was vol blou kolle tu ek haar daar hit neem. Di slegte behandeling was so skok vi haar DAT sy n week later oorlede is. My oom het in Verde OOS gegaan vi gal stene. Hulle her him jhb gen tu gestuur waar di gal stene hit gesuig is terug gestuur Verre OOS tu en sonder behandeling drive weke later oorlede aan n bloeiende maagseer wat deur hulle stukkend gesteek is met di galblaas operasie. Maar Verre OOS het niks vi him gedun ni. Ek is bevrees dit is baie gevaarlik on di Hosp te besuk as jy siek is. Hulle gee werklik niks om ni.

Mara ·

Ek is in die wagarea van die Hermanus provinsiaal se vigskliniek vir ure laat wag.
Het maar toe gery.
Later by privaat kliniek gediagnoseer met hartversaking. Suid Afrika is nie meer ‘n land om in siek te word nie. Of oud te word nie. Daar is net te veel.mense en geen

Andrea van Vuren ·

Stem volkome saam met jou Isabel. Dar is geen deernis by verpleegpersoneel nie en al loop die drup in die weefsels vee hulle hul daaraan af. Ek het ook ‘n dierbare familielid daar verloor as gevolg van ernstige nalatigheid. Van ons klagtes het dadels van gekom. Lewend in en dood uit!

Joshua ·

Feit: ,BEE en transformation is verantwordelik vir hierdie gemors sowel as in die ANC se weermag,gevangenisdiens,onderwys, polisie,SAL, ,Transnet, Eskom, Denel,SASSA, GEPF se PIC, munisipaliteite en nog vele meer,, n tragiese skande.

Anoniem ·

Wens meer mense wil hul opinies lig oor hospitale daar moet eintlik n groep op whatsapp gestig word waar mense die inligting kan deurgee en so kan die mense hospitale vermy wat gevaarlik is

Andrea van Vuren ·

Die hartseerste is dat al die toegewyde puik wit verpleegsters geloop het. Van my vriendinne werk nou oorsee onder skoner omstandighede. Dis so jammer dat ons hul verloor het agv wanadministrasie en oorbevolkte vuil hospitale.

Hanna Hoekom ·

Ek het in 2010 die staatshospitale vaarwel geroep en in die privaat hospitale gaan verpleeg. Ek kon die laksheid en houdings van die personeel nie meer verdra nie. Hulle was deur die bank lui en erg oorgewig. Blanke pasiente is met minagting en hatigheid behandel, twee blanke babas is binne 10 dae in ons saal weens absolute nalatigheid oorlede. Ek kon nie meer nie! Nou werk ek in die buiteland.

EP ·

Hanna, jy is nog vd verpleegsters wat goed opgelei is en wat pasientsorg vooropstel. Ek het geen vertroue in hedendaagse verpleegpersoneel sowel as dokters nie a.g.v. substandaard opleiding. Ons mediese grade word glad nie meer oorsee erken nie.

Jaco ·

“Maatreëls word nou geneem om sulke voorvalle te minimaliseer”.

Wat se wanstaltige opmèrking is dit tog.
SULKE VOORVALLE MOET EENVOUDIG NIE GEBEUR NIE.

Dis nie dat die mediese professie nou vir die HEEL EERSTE keer met sulke voorvalle te doen het nie. Statisties gesproke in die populasie en die aantal soortgelyke voorvoorvalle net te veelvuldig om dit as onbekenf te wil obekryf.

Andrea ·

Soos wat ons privaatskole en privaat tersiêre instellings oopmaak, moet ons privaatklinieke en -hospitale ook begin met mense wat die kennis en wil het om daar te werk. Nie 10 sulke mense en die res BEE aanstellings omdat dit MOET nie. Sou mens dit kon doen of sal die HPCSA dit pootjie?

Penellope Jones ·

Daar is geen respek nie, nog minder gevoel of enige verantwoordelikheid.
Hul eie onbeholpenheid haal hulle in.

liza ·

sunwardpark hospitaal is net so nalatig DIe dokters wil eers betaling he al het jy medies want hulle kan glo nie wag vir medies e fondse om hulle te betaal nie en doen dan operasies waar die narkotiseur nie eers voiraf die pasient sien nie en gevolglik benadeel dit die pasient en sterf hulle as gevilg van nalatigheid ALles gaan net om geld DIe personeel is bombasties en so ook die dokters Al die foute word onder n kombers toe gemaak. M y man se saak is deur een van die verpleegsterd aangegee na die polisie nadat die hospitaal en dokters en personeel nalatig was direk na sy afsterwe Nooit sien die hospitaal my weer nie Hulle is net pateties

IK ·

Indien jy nie ‘n mediese fonds het of dit nie kan bekostig dan is dit letterlik nag in Rama-land.

Yons ·

BBH hospital sal my nooit were sien na hulle my ma huistoe gestuur het… Net on op haar bed te sterwe… Ja hulle behandel mense sleg maak nie saak watter kleur nie.

Johanna Botha ·

En die slim minister wil almal die diens nou laat kry !

Driekie ·

Twee redes vir mishandeling in hospitale: haat en onbevoegde personeel…. Die ‘verpleegsters’ kom voor as tydelike ,,(ongekwalifiseerde) werkers. Hulle is nie in staat om n inspuiting of aarvoeding korrek toe te dien nie… En daar is geen toesig!!! Dus doen die onopgeleide personeel (of is dit opsetlike mishandeling) foutiewe en dus herhaaldelike en pynlike toedienings. .!! En die pasient moet maar net die pyn en leiding deurstaan sonder dat dit aangemeld en opgevolg word….( anders gaan die pasient verder mishandel word deur die personeel)….Daars geen behoorlike toesig!..Bestuur liop deesdae lig vir die ondergeskiktes… Die vraag ontstasn dus…wie is eintlik in beheer???

Coba ·

My suster is ook in 2016, 23 April in Chris Hani Baragwanathoorlede nadat hulle haar voet geamputeer het bo die enkel en toe ñ maand daarna onder die knieg n week later is sy in n oor vol saal geplaas nadat sy eintlik volgens die personeel in ICU moes wees maar nie plek gehad het nie en toe net in n gewone saal gelos. Toe word sy geskuif en in n oogwink is sy kaplaks dood verklaar

Riaan ·

Sekere privaat hospitale is net so pateties. Veral verpleegpersoneel wat swak opgelei is en wat net wag om te sien watter pasient nie sy kos eet nie,sodat hulle dit self kan verorbe. Ongelukkig het alles in die land se standaarde geval vanaf 1994

Andrea van Vuren ·

In ‘n goeie hospitaal word stilte en respek gehandhaaf. In vandag se tyd skreeu die personeel vir mekaar terwyl die pasiënte moet rus, veral gedurende nagdiens. Die opgeleide personeel sit en slaap by die diensstasies en skree hul bevele uit na die assistente wat moet sorg. Jammer, geen respek en geen aanvoeling!

Esmé ·

Die arrogansie en sadisme loop regdeur Heidelberg hospitaal. My moeder (86) was verlede maand daar opgeneem en nadat sy vir 8dae verwaarloos was is sy ontslaan en die vlg dag oorlede. Daar kan BAIE gesê word oor die trauma wat sy en ons as haar familie daar ervaar het.

Esmé ·

Indien ons as my moeder se familie geweet het van die behandeling wat sy by Heidelberg hospitaal sou ontvang sou ons haar eerder met waardigheid by haar huis laat sterf het. Die ontberings ens daar was n nagmerrie. Ongeskikte personeel regdeur!

Mev Niemand ·

Ek het alle simpatie met patiente van Heidelberg Hospitaal. Ons het n nare ondervinding daar gehad, Kind is toe oorlede. Die matrone en die onderhoof van die hospitaal was nie baie behulpsaam nie. Jou klagtes val op dowwe ore al het jy al die bewyse. Foto’s video’s ens. Susters maak en breek die reels. Daar is nie orde in daai hospitaal nie. Die mamma wat n rukkie gelede kommentaar gelewer het oor mammas wat hul kind alleen in die hospitaal los moet haar kind Heidelberg Hospitaal toe neem dan praat ons weer. As gevolg van n Sr kon my kind nie haar kind groet voor hy oorlede is nie. Dis net n jammerte daar is nie kamera’s in die sale nie. Maar dank die Vader vir n selfoon. Vermy Heidelberg Hospitaal gaan eerder Thelle Mogoerane Hospitaal toe. En as jy moet Heidelberg Hospitaal toe gaan gaan met n koek, koeldrank en prys hul vir werk wat hul nie doen nie dan is dit n puik plek en jy kry goeie behandeling.

Esmé ·

Hulle sal bly wees oor die koek totdat jy jou rug draai. Oumense en kinders is so weerloos in Heidelberg hospitaal omdat familie slegs besoektye toegelaat word. Empatie met julle.

christa ·

natuurlik ly die pasiente onder die sogenaamde werkers. Daagliks ly die ou Suid Afrikaners onder die regering se werkskepping en dienste is die slegste wat dit nog ooit was. Maar dis die nuwe Suid Afrika

jakes ·

Staatshospitale in SA is van die swakste ter wereld. Voor 1994 was dit net andersom. As jy gou wil doodgaan dan besoek jy n staatshospitaal. Bly liewer by die huis en behandel jouself want glo my, jy self is waarskynlik beter opgelei as meeste verpleegsters in die staatshospitaal naby jou.

Duncan ·

As jy deesdae in die meeste uiterste swak staatshospitale opgeneem word, moet jy sorg dat jy sommer jou doodskis ook saamneem want dit is jou voorland.
Dan wil die onbekwane en korrupte ANC regering nog die NHP implementeer – hulle kan dan nie eers tans `n hopitaal en die personeel wat daar werk bestuur nie.
Die staatshospitale is nes die meeste swart staatskole – een groot gemors.

bren ·

Lekker om medies te kan bekostig! Ek moet n staatshospitaal besoek want ek kan myself nie self dokter by die huis nie; die frustrasie en vernederings maak my depro; maar wat kan jy doen? Ek is vrekbang vir my kniegvervangings; maar het net nie die geld nie.

DANKBAAR ·

EK WERK AL 30 JAAR VIR DIE STAAT EN EET STAAT “BOLLIE” ELKE DAG OP WANT EK MOET. NET DANKBAAR VIR MY MEDIES DAT EK IN GOEIE HOSPITAAL BEHANDEL KAN WORD WANT SONDER MEDIES IN STAATS HOSPITAAL SAL JY VREK VAN ALLENDE, GAAN EERDER GP TOE MET ‘N VRIENDIN OF MAAT WAT JOU HELP MET DIE MEDIKASIE EN VERSORGNING TUIS.

National Health ·

Dan sien die staat kans om ALLES onder hulle in te neem . NASIONALE GESONDHEIDSTELSEL — die hele land gaan binnekort so lyk, ons gaan op die vloere slaap en in rye sit waar duisende ander sit . want almal moet mos EQUAL opportunities kry . die probleem is net die SLEGTE behandeling gaan SLEGTER word en die GOEIE behandeling gaan ook nou SLEG Word, niemand gaan BETER daaraan toe wees nie . maar whatever .die regering maak soos hy wil .. hy TAP die laaste bietjie bloed uit die belastingbetaler om kamstig BETER mediese geriewe daar te stel, net om hullle taai hande op die GELD te sit . daar gaan NIKS beters van kom nie ..

Potties ·

Ek het n tyd terug my regter hand verwoes met n hout saag 2 vingers vergruis en ander vingers lelik seer gemaak my vrou het my Voortrekker hospitaal toe geneem in Mokopane dit was n sondag oggend beste diens ooit was daar tot donderdag en vandag kan ek my hand gebruik (sonder 2 vingers)

janie ·

waar is die hospitaal bestuur. hulle moet meer verantwoordelikheid neem.. en Minister van gesondheid behoort besoeke af te le..
betaal mense wat die werk doen meer salaris …………..Verpleegsters…/ skoonmakers … ens

Elize ·

Moet asseblief nie Baragwana weggooi nie. Geen beddegoed, geen warmwater, geen eetgerei (jy moet jou eie beddegoed en eetgerei saamvat), vieslike toilette en verpleegsters wat reken as die pasiënt bietjie oorgewig is hoef hulle nie die bakkie pap (wat drie keer per dag voorgesit word) vir hulle te gee nie want hulle het dit nie nodig nie. Nie uit my duim gesuig maar persoonlik aan my vertel van ‘n pasiënt wat daar was vir ‘n knie operasie.

Emma ·

So bestuur die Anc als in sy peetjie in. Dan dink hul as als verander gaan op hul skouers getik word. Maak oop jul oe en kyk n bietjie op grondslag. Maar slim vang sy baas

Doc ·

Mens kan nie die twee plekke vergelyk nie???!! CHBH het ongeveer 3200 beddens en Heidelberg het 126 beddens!!! Statisties sal daar meer gevalle wees by CHBH. Ek sê glad nie dit is goed dat daar soveel gevalle is nie, maar dis n simpel vergelyking wat nie eers gemaak moet word nie!

Melanie ·

Mense wat ek ken het gesterf agv sepsis in hospitaal dit is orals sleg, Thembisa het my stiefma gesterf agv sepsis,in Boksburg staatshospitaal en in Witbank staatshospitaal het my nig en neef se kinders gesterf aan sepsis.

Teleurgesteld ·

Dr Jusuf Dadoo Hospitaal in Krugersdorp is ook erg…. het ‘n absolute nare ervaring daar gehad met my pa van 78. Hul het hom dae lank gevorseer om met ‘n gebreekte been rond te loop en gese sy been is geswel en seer asgevolg van swak bloedsomloop. Dit het die besering net vererger en het dit het my pa sowat 6 maande geneem om te herstel. Toe ek probeer om die korrekte mediese sorg te kry was ek van rassisme beskuldig. Die dokter het ook gese dat hy my waarborg dat my pa se been nie gebreek is nie, ek het nietemin gedreig met regstappe as hul hom nie neem vir xtrale nie, en toe, toe is sy Tibia en Febula reg onder die knieg gebreek, die dokter het homself uit die weg gemaak, die personeel het geweier om die Dokter se naam aan my bekend te maak, en hul het my pa sleg behandel omdat ek ‘n bohaai opgeskop het om die regte sorg te probeer verseker.

Dit is nag in hierdie land, dit is nag in die hospitale, dit is nagmerrie sake. En die beste van alles, ons kan eenvoudig niks daaraan doen sonder om van rassisme beskuldig te word nie.

Bang ·

Hierdie berig en kommentaar maak my verskriklik angstig. Ek is swanger (onbeplan) en moet heel moontlik van n staats hospitaal gebruik maak as my baba oor 3 maande kom, want ek is ook nie op n mediese fonds nie en privaat kos dit R34000.00.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.