Dié is die motorhandelsmerk van die jaar

Suzuki is onlangs deur die webwerf Cars se lesers gekies as die motorhandelsmerk van die jaar (Foto: Suzuki)

Suzuki is onlangs deur die webwerf Cars se lesers gekies as die motorhandelsmerk van die jaar (Foto: Suzuki)

Suzuki is onlangs deur die webwerf Cars se lesers gekies as die motorhandelsmerk van die jaar. Gewoonlik word sulke toekennings toegeken deur joernaliste, maar in die geval van die Cars.co.za Consumer Awards word dit ook aan die publiek oorgelaat.

Die peilings is uitgestuur aan motoreienaars in 2016. Die syfers is geoudit deur Lightstone. Die finale getalle is 50% peiling en 50% joernaliste se stemme. Op dié manier verseker Cars.co.za dat hul toekennings tans die geloofwaardigste in die bedryf is.

Alle kategoriewenners word gekies deur middel van die 50/50-puntestelsel, maar vir die gesogte toekenning van Handelsmerk van die Jaar is dit slegs bepaal deur leserpeilingdata. Suzuki se kliënte het gestem en die trofee is toegeken aan ʼn immerwaardige Suzuki Auto Suid-Afrika.

Suzuki het twee ander kategorieë weggeraap: Best Budget Car is toegeken aan die Suzuki Celerio 1.0 GL en Best Compact Family Car aan die Suzuki Vitara 1.6 GL+.

So lyk die res van die wenners:

Performance Car of the YearBMW M2 M-DCT
Premium Hatchback of the YearVolkswagen Golf GTI DSG
Executive Sedan of the YearJaguar XF 25t Portfolio
Business Class Car of the YearAudi A4 2.0TFSI Sport Stronic
Leisure Double Cab Bakkie of the YearFord Ranger 3.2 Wildtrak 4×4 outo
Compact Hatchback of the YearOpel Corsa 1.0T
Premium SUV of the YearVolvo XC90 T8 Twin Engine Inscription
Lifestyle SUV of the YearLand Rover Discovery Sport TD4 SE
Fun Car of the YearVolkswagen Golf GTI Clubsport DSG
Family Car of the YearVolkswagen Tiguan 1.4TSI Comfortline DSG
1st Class Car of the YearBMW 750Li

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johnny ·

Klink vir my na klomp twak. Hoeveel van daardie voertuie sien jy op die pad? Ranger uitgesluit.

Cherokee ·

Hier kort een toekenning-
Economic Winner of the Year …………….Toyota Corolla 1.6i GLE
(alhoewel dit is ‘n toekenning gegee deur myself)

SARIE VAN HEERDEN ·

Is dit so dat die “MOTOR VAN DIE JAAR” etiket mense beinvloed om dan daardie motor te koop? Kyk meeste mense maar nie wat die sak pas nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.