Dié items dalk binnekort sonder BTW

Argieffoto

Die departement van finansies het Vrydag gesê die paneel oor belasting op toegevoegde waarde (BTW) het sy verslag ingedien waarin aanbeveel word op watter items daar nie BTW gehef moet word nie.

Volgens die paneel moet witbrood, broodmeel en koekmeel, skooluniforms, doeke (vir babas en volwassenes) en sanitêre doekies van BTW vrygestel word.

“Die paneel beveel verder aan dat die regering die voorsiening van gratis sanitêre produkte aan armes moet bespoedig en dat die vrystelling van BTW van skooluniforms slegs gedoen kan word indien dit van gewone kledingstukke geskei word,” het die nasionale tesourie gesê.

Die paneel het ook bygevoeg dat daar by elkeen van die aanbevole items verder ondersoek ingestel moet word om seker te maak dat die voordeel van die vrystelling van BTW na die verbruiker gaan en nie deur vervaardigers onderskep word nie.

Die paneel is deur die departement van finansies aangestel nadat BTW vroeër vanjaar van 14% na 15% vermeerder is. Die paneel is opdrag gegee om die lys van BTW-vrygestelde items te evalueer en te oorweeg watter items by die lys gevoeg moet word. Daar is tans 19 items op dié lys. Die paneel moes ook maatreëls ondersoek om die uitwerking van die BTW-verhoging op arm huishoudings te versag.

Die departement het gesê die paneel se aanbevelings sal nou beskikbaar gestel word vir openbare insette, wat parlementêre verhore sal insluit.

Nhlanhla Nene, minister van finansies, sal dan al hierdie insette oorweeg, asook dié van ʼn span van die tesourie en van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, voordat hy ʼn besluit neem oor watter aanbevelings ingestel sal word.

Openbare kommentaar oor die aanbevelings kan skriftelik ingedien word by [email protected] voor 31 Augustus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cherokee ·

susan, Ruben is reg want daai BTW kom bygedra het tot ‘n swart etiket (lees black Label).

Antie ·

En so gaan die pryse op die items styg om op te maak vir die btw, veral die skoolklere wat al klaar so duur is

Hanlie ·

Hulle gaan daai geld net op ‘n ander produkte opmaak.
Wie wil hulle flous.

Paul ·

En die oorsaak van dit is omdat die ekonomie nie aan die gang kan kom as gevolg van die regering nie. Lees mooi wat ek sê, die regering moet nie die ekonomie aan die gang kry nie, dit is die manier waarop die land bestuur word en die remmende regulasies op die privaat sektor wat die oorsaak is. Die regering moet net die land reg bestuur!

My groot bekommernis is, as ek sien hoe die land agteruit gaan, dat die ANC regering dink hulle moet direk by die ekonomie by wyse van regulering ingryp. Hulle sien ‘n liggie aan die einde van die tonnel en daarop staan staatsinmening/nasionaliseer/grond/energie. Hulle wil beheer oor als in ‘n vryemark hê. Hoe versoen jy dit?

Daan Erasmus ·

Daar is n goeie saak uit te maak om slegs BTW op drank en sigarette te hê. Dit kan dan netsowel met aksyns bereik word. BTW werk die beste as niks vrygestel is nie.

Paul ·

Daan, ons word nou al so beproef, maar moenie komkommer nie, soos ons aangaan sal ons mettertyd uitvind aksyns en BTW op net drank sal genoeg wees om die land te bestuur, die res sal van BTW vrygestel wees, geen persoonlike belastings nie, SARS sal baie verklein, vloerspasie, besparing, ook by die ander entiteite soos die SAL, Hakuna Matata, ons is bevry!

Elsa ·

Nie baie lank terug het n swart dame ‘n toekenning gekry omdat sy wasbare sanitêre doekies in Afrika versprei het. Hierdie doekies kan tot 2 jaar gebruik word. Waarom is hierdie doekies nie op Suid Afrika se rakke nie?
Nog’ n klug spul?

nellie ·

Elsa dit is word versprei deur n hulp groep Prism of hope gaan kyk op hulle webwerf

Nikita ·

Hehehe….klink soos Voortrekker-doekies. Net grappie. Jip, mens kan baie planne maak om deesdae te bespaar. Ek kook water & gooi in warmwaterfles vir koffie nou al n paar jaar, bespaar baie op krag. Maar nou ja, wat my vies maak hoe meer ons mense spaarsaam is, hoe meer stoot hulle die pryse op. O, wee!

Gemaskerde Sopbeen ·

BTW staan vir Belasting op Toegevoegde Waarde…..nou HOE voeg ek waarde toe as ek byvoorbeeld derduisende Rande moet spandeer om my huis in ‘n tronk te omskep…omdat die regering NIE die misdaad onder beheer kan bring nie? Voorbeeld: Ek is gekaap en van my voertuig verlos voor my hek. Uitstaande bedrag op die voertuig? NUL. Boekwaarde? R220 000,00. Prys van ‘n soortgelyke vervangingsvoertuig? R320 000,00. Ek het BTW op die oorspronklike voertuig betaal. Die finansierder het sy geld gekry. Die versekering gaan nou almal se premies WEER opjaag. Krimineel kry R25 000,00 vir sy “job”. En die oomblik as ek my voertuig vervang? Dan ontvang die regering R41 739,13 se BTW……for doing NOTHING!!! As die regering ernstig was oor ons betrokkenheid by die voorkoming van misdaad…behoort alle misdaadverwante uitgawes (hetsy voorkomend of herstellend) ook teen 0% BTW aangeslaan te word!!

Sue ·

Geagte Mnr Bene,
Ons moes onlangs ‘n groot eis indien weens die 8 elektries-lose dae in Pretoria…die crux is ons was toe met ‘n gerieflikke 15% onderverseker – Die BTW… want die bedrae verseker was sonder BTW. M.a.w. as ‘n item R1000 sou vervangbaar wees – moet jy dit teen R1150 verseker.
Aldus Alle Versekering Premies wat ons so hard swoeg om maandeliks te betaal moet BTW-Loos wees!!

N Lourens Reitz ·

Wanneer btw op wit brood,broodmeel en koekmeel afgeskaf word-is my vraag of btw dan op koring ook afgeskaf gaan word?

John ·

En ondervinding het geleer dat alles wat sekere mense verniet kry, word nie waardeer nie. Op Oudtshoorn het hulle pakke onoopgemaakte sanitêre doekies weggegooi.

julius ·

Ek wil ook weet hoekom word bruinbrod ook nie vrygestel nie? Wit en bruin brood word van koring gemaak so ook die meel vir brood.

John ·

… interessant die produkte… ons moet eenvoudig net die bevolking groei wat die staat sit met oormaat kapitaal en iemand moet dit tog gebruik. Hierdie vryskelding gaan iewers opgemaak moet word en nou moet brandstof ook goedkoper sodat diegene wat gereeld in hul moederlande wil gaan kuier darem dit kan bekostig en kan terugkeer voor die gratis universiteite weer begin en die stakings by die myne waar pappie moet oppetie. Daar is glo ‘n geskarrel om die drukkers by die Reserwebank betyds te olie daar waar die goud begin aanslaan van wag vir uitdeel. Groot druk noodsaak groot druk. CR is nie skaam vir geld nie. Watter geluk. Dis hoekom die Afrikaners nou op brooklax is, om die spaarsamigheid te verminder en die vloei van die ekonomie aan te help. Hopla!

skerfies ·

ek praat onder korreksie, maar ek dink brood, mieliemeel, rou vleis ,melk, rys,eou groente en rou vrugte wasa van verkoopsbelasting veygestel onser sie np regerinf. brood en mieliemeel was ook deur die np gesubsideer.

Gerhard Bezuidenhout ·

En brandstof ? Of was die belofte dat daar na die prys gekyk sou word n klomp ANC warm lug.

KanekVra? ·

Die items wat hulle die BTW op wil skrap beteken nie veel nie. Daar is soveel ander belastings wat ons moet betaal, hierdie paar wat nie BTW op gaan hê nie beteken boggerol. Die huidige regering is nie in staat om sonder korrupsie en nepotisme te regeer nie. Meeste staats instansies word wanbestuur en die land lyk al meer soos ‘n piesang republiek.

Sieg ·

Bla bla bla die item onbekostigbaar in die nabye toekoms. Gaan voort met grond onteiening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.