Dié Kaapse strate gesluit vir staatsrede

staatsrede-2019-06-voorbereidings-in-kaapstad

Voorbereidings word getref vir die 2019-staatsrede. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Hoewel vanjaar se staatsrede heelwat afgeskaal is weens die effek van die Covid-19-pandemie, sal verskeie strate rondom die parlementsgebou steeds vir ʼn paar dae lank gesluit wees.

Pres. Cyril Ramaphosa lewer sy staatsrede Donderdag om 19:00. Slegs 50 parlementslede kan egter die verrigtinge bywoon. Die res van die belanghebbendes, insluitend premiers, speakers en ander spesiale verteenwoordigers van die provinsies in die Nasionale Raad van Provinsies, sal nes die res van Suid-Afrika virtueel na Ramaphosa moet luister.

“Kaapstadse motoriste en voetgangers word in kennis gestel omtrent enkele beperkings op parkering en strate rondom die parlementsgebou wat gesluit sal wees,” lui ʼn verklaring wat die parlement Dinsdag uitgestuur het.

Paaie wat Donderdag tussen 06:00 en 23:45 gesluit sal wees:

  • Kerkplein
  • Roelandstraat tussen Pleinstraat en 69 m duskant Hoopstraat
  • Die Kompanjiestuin
  • Goewermentslaan van Oranjestraat tot by Waalstraat
  • Pleinstraat van Barrackstraat tot by Roelandstraat
  • Johnweg van Roelandstraat tot by Bouquetstraat
  • Galerylaan
  • Bouquetstraat
  • Parlementstraat van die hekke van die parlement tot by Spinstraat
  • Commercialstraat tussen Pleinstraat en 10 m duskant die Nieuw Meester-ingang

Beperkte parkeerplek sal tussen middernag (23:59) Woensdag en 23:45 Donderdag in die volgende gebiede geld:

  • Kerkplein op die hoek van Spin- en Parlementstraat
  • Roelandstraat tussen Plein- en Buitekantstraat
  • Parlementstraat tussen Langmark- en Bureaustraat
  • Johnweg tussen Roeland- en Vredestraat
  • Adderleystraat tussen Waal- en Langmarkstraat
  • Die parkeerarea naby die St. Mary-katedraal, tussen Bouquet- en Roelandstraat
  • Commercialstraat tussen Buitenkant- en Pleinstraat
  • Waalstraat tot en met Koningin Victoriastraat
  • Hoopstraat van Roeland- tot Bouquetstraat
  • Langmark- tot Barrackstraat
  • Kerkstraat van St. George-winkelsentrum tot by Adderleystraat

Die parlement het lede van die publiek om verskoning gevra vir enige ongerief wat dié reëlings kan veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Belaglik om die strate te sluit ter wille van 50 parlementslede om sodoende 200 landsburgers se lewe te ontwrig.

Anton ·

Hoekom kan almal nie kyk op TV nie? Nie dat ek sal nie, kyk eerder na reruns van kooperasie stories ????

Pietertjie ·

Daar word nie strate gesluit as die groot indoena our people toespreek oor afsondering nie: wat is die verskil, behalwe dat dit ‘n magsvertoon is? Gaan leer by Idi Amin wat ‘n klomp goue kettings en medaljes aan hom gehang het sodat hy meer magtig kan voorkom.

Okmardom ·

Strate word gesluit sodat jy nie naby sommige gangsters kan uitkom nie.

Tanniepetoors ·

Hoekom word daar enige strate gesluit? Wat is so belangrik aan 50 mense wat na ‘n feetjiestorie gaan luister?

Jakes ·

Al hierdie rompslomp om na CR se lee beloftes te luister. Sodra hy praat dan kry ek skielik erge sooibrand. Wonder hoekom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.