Dié Kaapstadse woonbuurte dalk vanaand sonder water

water-kraan

Foto: Pixabay.com

Die Stad Kaapstad het inwoners gewaarsku dat sommige woonbuurte in die loop van Donderdagaand moontlik wateronderbrekings kan ervaar weens beplande opgraderingswerk.

Dit Stad het in ʼn verklaring gesê opgraderingswerk sal aan die waterinfrastruktuur van Scott Estate in Houtbaai gedoen word. Watertoevoer moet dus in dié omgewing afgesny word.

“Die Stad wil inwoners bewus maak dat daar werk in dié gebiede gedoen gaan word. Die beplande werk in Houtbaai sal gedoen word om die hoëdruktoevoer na Baviaanskloof, asook die langtermyn-drukbestuur na die laagliggende gebiede te verbeter. Die werk sal bydra tot die stad se voortgesette waterbesparingspogings,” lui die verklaring.

Die opgraderingswerk is van Donderdag om 22:00 tot Vrydag om 04:00 geskeduleer en raak meestal Scott Estate, Baviaanskloof en omliggende gebiede.

Die Stad het ʼn beroep op inwoners gedoen om seker te maak dat alle krane toegedraai bly om te voorkom dat water vermors word wanneer die toevoer herstel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.