‘Die Kontrak 2’: En die wenner is…

Samantha Leonard.

Samantha Leonard is pas aangewys as die wenner van die sangkompetisie, Die Kontrak 2, wat op e.tv se eEkstra uitgesaai is.

Dié sangkompetisie het voorheen die sangloopbane van die wenner en naaswenner van die eerste seisoen, Demi Lee Moore en Ivan Roux, begin.

Leonard is tydens die eerste van ʼn reeks uitverkoopte Afrikaans is Groot-konserte by die Sunbet Arena Times Square in Menlyn, Pretoria, as die wenner aangekondig.

Die donkerkop-sangeres, wat voorheen aan The Voice SA op M-Net deelgeneem het, was uiters oorstelp en emosioneel toe sy as wenner aangekondig is.

Haar splinternuwe kortalbum, Net een keer, is pas uitgereik. Die titelsnit pryk reeds op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 en die musiekvideo is sowat 155 000 keer op YouTube gekyk sedert dit ʼn week gelede uitgereik is.

Dodo Nyoka, wat kykers van die program vermaak het deur na sy verhoogpersoonlikheid as “Frikkie vir ʼn rukkie” te verwys, is as die naaswenner van die kompetisie aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.