Die koue is op pad

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Woensdag gewaarsku dat ʼn kouefront die Wes-Kaap en westelike en sentrale dele van die Noord-Kaap Donderdag sal tref en sal voortduur tot Sondag.

Die kouefront sal oor die Oos-Kaap beweeg en die sentrale dele van die land teen Saterdag bereik.

Die weerdiens het ook die publiek en kleinveeboere gewaarsku teen stormsterkwinde, swaar reën en vloede. Die land kan baie koue weer, sneeu en rowwe seetoestande te wagte wees.

Volgens Snow Report word swaar reën en sneeu Vrydag omstreeks 20:00 in die Wes-Kaap verwag en sal dit deur die nag na Springbok en Calvinia in die Noord-Kaap beweeg. Snow Report verwag dat dit teen Saterdagoggend op die Cederberg en Outeniquaberge sal sneeu. Die Drakensberge en Lesotho kan glo teen Saterdagmiddag sneeu te wagte te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Lekker lekker. Ek is mal oor die winter. Gaan die naweek lekker laag lê. Bed en lekker boek en lekker warm sjokolade.

Gaan dit so geniet. En ek is enkellopend, so ek maak dit sommer ‘n pj’s naweek.

Peter Says ·

Slaggereed, die kelder is vol lekker rooiwyn, volop biltong, vars brood, en lekker boontjiesop. Kom maar koue !!! My hart gaan uit na die wat op straat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.