Die land is die belangrikste, sê Kolisi

President Cyril Ramaphosa saam met die Springbokkaptein Siya Kolisi en breier Rassie Erasmus (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Siya Kolisi, kaptein van die Springbokke, het Donderdag in Pretoria breier Rassie Erasmus en die talle ondersteuners wêreldwyd geloof wat die span ondersteun het wat die Wêrelbekerrugbytoernooi in Japan gewen het.

Kolisi en die span het die gesogte Webb Ellis-beker aan pres. Cyril Ramaphosa by die Uniegebou oorhandig. ʼn Groot groep ondersteuners het saamgedrom om die span as helde te vereer.

“Ons is baie bly en trots om vandag hier te wees met hierdie beker. Dit was baie harde werk, veral vir ons afrigtingspan. Breier Rassie [Erasmus], baie dankie dat jy ons grense verskuif het en ons laat glo het dat ons enigiets kan behaal wat ons wil, solank as wat ons hard werk,” het Kolisi gesê onder luide toejuiging van die skare.

“Die belangrikste ding wat ons by jou geleer het, is dat die belangrikste ding die land is – die Springbokwapen op ons bors, nie ons eie ambisie nie. Dit val alles in plek wanneer ons saam hard werk. Ek wil ook graag die res van die afrigtingspan bedank,” het Kolisi bygevoeg.

ʼn Skare Springbok-ondersteuners het Donderdagoggend voor die Uniegebou bymekaargekom, ure voor die Springbokke in Pretoria opgedaag het tydens hul landswye bekertoer.

Die span sal oor vyf dae ook besoek aflê aan Durban (Vrydag), Oos-Londen (Saterdag), Port Elizabeth (Sondag) en Kaapstad (Maandag, 11 November).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

K P ·

Die wittes is in euforia oor die beker en die anc het vandag begin skryf aan die wet om jou grond wat grond in dorpsgebied insluit by jou te vat sonder vergoeding??

johan ·

Gister middag was hier ‘n rooftog in Soutpansbergweg (Pretoria) waar rowers toegeslaan het op ‘n rekenaar winkel. Een klant is in die winkel geskiet en is oorlede (mag die Here die familie troos), asook een van die rowers. Maar die kersie op die koek is dat een van die rowers ‘n Sprinkbok trui aan gehad het. My punt is selfs die gewapende rowers deel in die rugby euforia van die wereldbeker. Die oorwinning het niks versoen of verander nie.

N Lourens Reitz ·

VryStaat Cheethas wen die Currie beker. 11 Cheethas Spelers betrokke by die Wêreld beker en Jaco Peyper ń skeidsregter in die wêreld beker toernooi en die bokke besoek ons nie. Wonder wie het dit gereël ??

Junk Status ·

Die ou het vergeet om die status van die mooi reënbooglandjie te noem.

Hennie ·

Net n klomp twak. Ek hoop hy glo homself… Soos Mmmmm usi!

Jack Sadie ·

Fantasties! Ons is kampioene!
Die toekoms blink! …..en toe gaan die ligte af……..
Ons kry grooooot investering!.
Die toekoms blink nou eers!…..en toe gaan die ligte af.
Nag!

Cheryl ·

Weet julle wat, die Anc plus ander glo die wereldbeker is gewen ondat Kolosi die Kaptein was.

Buffel ·

Hulle glo dit. Meeste van selfde spelers afgelope 2 jaar in die span. Wat het verander ? Rassie.

Pitty ·

Op die hogtepunt van verval het hulle die “Speele” in Rome begin. En baie mense was so besig met dit dat hulle die waare en belangrike dinge vergeet.
Ek sit nou hier sonder water en dink aandie grondroof wat sal plaasvind, derwyl ons nou alweer by “Stage2” is. En wragtig, die mense vat af by die werk om vir die “Springboks” te waai. Word wakker!

Nick ·

En, glo almal nou ons is reunited, asb julle afrikaners maak my siek!!

Stebastiaan ·

Het al lankal gesê die land is vir sport verkoop. Speel al glad op ‘ n SONDAG wedstryde. Onthou die ALMAGTIGE slaap nie!!!!

Stebastiaan ·

Wonder hoeveel van die ondersteuners was Sondag in die kerk. As daar so baie was, soos met die optog, was daar nie genoeg plek in al die kerke nie. Maak mens bekommerd dat dit een van die afgode van ons ou volkie geword het.

Jim ·

Ai Stebastiaan, sportwedstryde word al vir baie jare op Sondae gespeel en jy kom dit nou eers agter. Laas Sondag se eindstryd was n spesiale dag vir ons almal wat die sport liefhet en ek glo die predikante en ook ons Hemelse Vader sal verstaan dat ons nie die oggend se kerkdiens bygewoon het nie. Maak dit nou van ons almal sondaars?

KO ·

Gys, geniet jou vakansie as jy weggaan daar is min dinge so lekker soos n vakansie aan die einde van die jaar se harde werk, veilig reis.

MEYER ·

Ai Gys jy praat waar. Ek gaan verseker lekker vakansie in die son by die see geniet.

Annie ·

Ek gun mense hulle opgewondenheid, hulle wegbreek vakansies ens. Tenminste is daar mense wat dit nog kan doen en iets het om die hartklop bietjie op te jaag. Al is dit net tydelik. Net so ietsie om net weer aan te kan gaan.

Dana ·

Lourens Reitz: Ek stem saam met jou. Hul moes Bloem ook besoek het. Weet nie waarom hul Oos Londen EN PE besoek nie, maar nou ja…..

Piet ·

Wens die bohaai wil nou einde kry. Dis net ‘n sportspan wat ‘n wedstryd gewen het. Punt.

Leon ·

Alles goed en wel. Net jammer dat hul als ongedaan maak deur openlik op die bus te sit en bier drink. Drink in publiek is n oortreding. Baie goeie rolmodelle Vir talle skoliere

Jim ·

Sien jy dit nou werklik as n verskriklike oortreding? Die manne kom so pas van n uitmergelende lang toer en offer nog n week op vir hul ondersteuners se plesier. Ek is seker hulle sou baie graag al by hul families wou wees. Laat hulle in die proses dan maar n bietjie ontspan en n bier drink, of sou jy eerder wou sien dat elkeen met n koppie tee staan.
Mens moet nie altyd alles in n negatiewe lig sien nie, dit maak net jouself en almal om jou ongelukkig.

Feite ·

Rassie, sy bestuurspan en die spelers het gewone Suid Afrikaners oor alle kleur en klankgrense heen verenig. Dit is net die politici wat dit vir hulle politieke agendas kaap en n swak smaak in die mond laat. Polities sal daar met die volgende wereldbeker net 5 wit kwota spelers op die veld mag wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.