Die land se 10 duurste voorstede

Clifton, Kaapstad (Foto: Bevan Langley)

Clifton, Kaapstad (Foto: Bevan Langley)

Indien jy in een van Suid-Afrika se tien duurste voorstede wil bly, gaan jy minstens R10 miljoen moet opdok vir ʼn huis.

Volgens FNB het die nasionale gemiddeld vir ʼn huis in Suid-Afrika vroeër vanjaar die R1 miljoen-kerf bereik, maar die gemiddelde prys in ʼn meer gegoede woonbuurt is R10 miljoen.

Sewe van die voorstede is in Kaapstad. Dit is Clifton‚ Bantry Bay‚ Kampsbaai‚ Fresnaye‚ Llandudno‚ Bishopscourt en Constantia (nie in volgorde van prys nie).

In Johannesburg bly die elite in Sandhurst, Westcliff en Dunkeld.

Volgens Seeff-eiendomsgroep word al hierdie eiendomme ná 2007/8 as Blue Chip-eiendomme beskou. Talle van die eiendomme, veral dié in die Kaap, word deur uitlanders besit. Eiendomme in Clifton, Bantry Bay, Fresnaye, Kampsbaai en die V&A Waterfront se gemiddeld is selfs meer as R10 miljoen.

‘n Huis in Kampsbaai is vanjaar vir $35 miljoen te koop aangebied.

Hiermee die lys van gemiddelde pryse:

1. Clifton (R19.75 miljoen)
2. Sandhurst (R14.9 miljoen)
3. Llandudno (R11.2 miljoen)
4. Bantry Bay (R11 miljoen)
5. Westcliff (R11 miljoen)
6. Bishopscourt (R11 miljoen)
7. Constantia (R11 miljoen)
8. Dunkeld (R10.5 miljoen)
9. Fresnaye (R10.5 miljoen)
10. Kampsbaai (R10 miljoen)

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Dee ·

…al is dit baie meer beskeie as die waarvan hier vertel word.

Alta Robertson ·

Hier in Mooikloof Pretoria is die huise 95% oor R10 milj .

maryna ·

ek het n huisie by die see R475 000,00 met meubels wie stel belang in n see cottage op deurdrumpel van lagoon en see 5 min van Gansbaai

EMK ·

Maryna, April Fool’s day is op 1 April – is jy nie bietjie vroeg?? :D

SNEL ·

Ek dink almal se droom is n huisie by die see. Dit lyk altyd so rustig. Wonderlik om daai droom te kan leef en dit nog in so kasteel.

Akram ·

genugtig. dit net vir n dak oor jou kop. nou wonder ek so in die stilligheid hoeveel van die buitelandse eienaars is nie dalk ook voorvlugtendes nie? die pryse is skrikwekkend. ek dink net aan n pas getroude paartjie. waar gaan hulle daai geld kry?

danie ·

Meskien kan die eiendoms agente verduidelik hoekom die pryse so op gejaag word. Dit is absurd en daar behoort n ondersoek te wees.

Henneli ·

Dis die banke se waardeerders wat verbande toestaan…en so die waarde van eiendom bepaal…nie eiendomagente nie. Dis dan maar net die rekords van die banke wat hulle help om te bepaal wat eiendomme behaal het in seker area..

Genis ·

Jou prys is bietjie styf vir die Uilkransmond karavaanpark Maryna.

CCM ·

Dié Gautenger is maar tevrede met die branders van die Vaaldam.

Adoons ·

As die gemiddelde huisprys vir ‘n huis in Kampsbaai R10 miljoen is, is die inleidende paragraaf dat mens minstens R10 miljoen gaan betaal, nie heeltemal korrek nie. Min of meer helfte van die huise se pryse behoort dan onder R10 miljoen te wees.

Martin ·

Ag toe Adoons, ons praat nou nie van die fyner detail wat weggelaat is in die berig nie. Hierdie is interessant sonder daai detail.

EMK ·

Dis die spul uitlanders met hul sterk geldeenhede wat hier kom koop en ons arme S Aners uti die mark druk. Og en dan die kaders soos die Ramaposas en dies meer…

Eish! ·

En ek droom nie eens nie. Glo in elk geval nie ek wil in ‘n glashuis sonder persoonlikheid bly nie. Hul slaapkamer is groter as my hele huisie.

Eliza-beth ·

Sal nie stry, sou nou nie weer omgee vir ‘n plekkie by die see, maar glad nie so glaspaleis affêring nie. Nee myne moet sommer gewoon wees sodat almal met sandvoete kan inkom, sommer ou tweedehandse meubels waarop die kinders maar perdalks met nat “cozzies” kan gaan sit en so. ‘n Plek vol liefde en familiepret…

Theresa ·

Wou altyd reg op die see bly. Maar met al die eienaardige natuurfratse en tsunami-tipe golwe deesdae, hunker ek nou na ‘n huisie hoog teen die berg iewers (maar wil nog die see ruik en sien!). Ook in gedagte dat die huisie nie spoggerig hoef te wees nie. Skoon, goed versorg en baie elektroniese gadgets wat die lewe vergemaklik. Meer tyd vir buite wees, vars lug in te asem en die natuur te geniet.

Eddie ·

Ja dit sal nice wees om so plek op die see te he. Maar teen die trand wat die see weer sy plek wil terug vat en huise wat letterlik op die strand is stel ek nie belang nie. Ek slaap maar eerder rustig in my huis in GP elke aand en worry nie dat ek in die see gaan op eindig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.