Dié loonverhoging ‘klap in gesig’ van munisipale werkers

Samwu se lede het ’n loonverhoging van R4 000 geëis. (Foto: Samwu/Twitter)

Daar is ná uitgerekte onderhandelinge tussen die munisipale werkersvakbond Samwu en die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringsvereniging (Salga) eindelik ’n 4%-loonverhoging voorgestel vir die werkers van al 257 munisipaliteite in die land.

Samwu meen dié voorstel is ’n “klap in die gesig” van munisipale werkers wat ’n loonverhoging van R4 000 en ’n minimumloon van R15 000 geëis het.

“Hierdie voorgestelde verhoging beteken dat die munisipale werkers wat die minste betaal word, ’n salarisverhoging van R356 voor belasting ontvang,” lui ’n verklaring deur Samwu.

Samwu het verlede Maandag die voorstel van ’n driejaarsalaris-en-loonooreenkoms vanaf ’n fasiliteerder ontvang. Dié fasiliteerder is versoek om in die bresse te tree en ’n voorstel te maak nadat Samwu en Salga ná vier rondes van onderhandeling steeds nie tot ’n vergelyk kon kom nie.

Samwu is egter ongelukkig met die voorstel en meen die fasiliteerder het versuim om ag te slaan op munisipale werkers se griewe.

Die werkers het vanjaar ’n enkele jaarooreenkoms met die werkgewer geëis en aangevoer dat jaarlikse salaris- en loononderhandelinge in dié stadium die beste vir die sektor sal wees aangesien die toekoms onseker is.

“Ondanks die feit dat [Salga] tydens die onderhandelinge gesê het dat hy bereid is om ’n enkele jaarooreenkoms te oorweeg, het die fasiliteerder egter uit haar eie voorgestel dat partye ’n ooreenkoms van drie jaar moet sluit.”

Samwu sê die fasiliteerder het ook nie toegegee aan die vakbond se eise rakende behuisingstoelae, kraamverlof van ses maande vir nuwe moeders en vaderskapsverlof van een maand nie.

Samwu sê die fasiliteerder se voorstel is in werklikheid bloot ’n herhaling van Salga se voorstelle en aanbod gedurende die onderhandelinge.

Die vakbond beskuldig die fasiliteerder nou daarvan dat sy bevooroordeeld teenoor Salga is.

Die fasiliteerder het onder meer die volgende voorgestel:

  • ʼn Driejaarsalaris-en-loonooreenkoms.
  • ʼn Salarisverhoging van 4% in die eerste jaar van die ooreenkoms en verwagte verbruikersprysinflasie (VPI) minus 1% in die ander jare van die ooreenkoms.
  • ʼn Algehele bevriesing van alle voordele vir munisipale werkers tydens die eerste jaar van die ooreenkoms. Die voordele sal eers in die laaste jaar van die ooreenkoms volledig beskikbaar wees en in werking gestel word.
  • Sektorale minimumloon sal slegs verhoog word in ooreenstemming met salarisverhogings.
  • Die moontlikheid vir Salga om namens alle munisipaliteite aan hierdie en toekomstige gesamentlike ooreenkomste te onttrek.

Samwu wys in sy verklaring daarop dat net voedselinflasie meer as 10% is terwyl ander lewenskoste ook aansienlik gestyg het.

“Werkers het ’n salarisverhoging van R4 000 geëis om te verseker dat die loongaping in die sektor vernou en dat werkers ordentlike verhogings kry. Weereens het die fasiliteerder die werklike eise van werkers verwaarloos en voortgegaan om die bieëry vir die werkgewer te doen en ’n  salarisverhoging onder inflasie voorgestel,” sê die vakbond.

Die vakbond het geëis dat die sektorale minimumloon R15 000 moet wees. Volgens Samwu toon navorsing dat dié bedrag benodig word om ’n behoorlike bestaan in Suid-Afrika te maak. “Daar moet opgelet word dat die meeste munisipale werkers tans minder as R15 000 verdien en dus nie ’n ordentlike lewe kan lei nie.”

Samwu sê hy gaan die voorstel aan sy lede voorlê. Hulle sal ook kan stem ten gunste van ’n moontlike staking, sou hulle die voorstel verwerp.

Samwu se lede het tot 22 Junie om vir die voorstel te stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Anoniem ·

Wat verstaan die Vakbonde en hul lede nie. Daar is nie geld nie. Toi toi soveel soos julle wil.
Staak en breek af, dit kan nie die situasie verander nie. Die Regering het ons land bankrot gemaak.
Uiteindelik begin dit dalk deurdring dat ons “nie welkome burgers” in die land nog altyd vir
hul geslagte gesorg het. Maar nee, staan 1 karismatiese burger voor hul en snou hul allerhande
goed toe oor ons “nie welkome burgers” dan is almal opgesweep en wil net “demand”. Tyd dat jul wakker skrik.

Anel ·

En wat regverdig dit? Daar is mense wat afgedank word want daar is nie meer geld nie! Wees bly julle het werk en kry salaris. As julle nie tevrede is, loop. Iemand anders sal te dankbaar wees om dit te doen.

Phillip ·

Ek wonder maar net waar is Imatu hoor niks van hulle nie dalk van fakbond verander sal ek se

Debby ·

Ek kry al vir 8 jaar dieselde salaris, geen verhoging, geen medies geen pensioen en geen oortyd, moet ek ok begin toi toi en net so terloops dis baaaie minder as R15000

Nettie ·

Hulle werk nie eers in sekere dorpe nie sit by die huis en hulle kry R8000 per maand om by die huis te sit.Dis n skande om geld verniwt te kry om nie daarvoor te werk nie.

Pieter ·

As ek sien hoe vuil ons dorpe is dan moet julle klomp nie eers selarisse kry nie.

Di ·

BESLIS! Pta se middestad nou SO vuil en stink. Oral op die sypaadjies slaap “our people” en daar waar hulle slaap word als net daar gedoen. Vroeer jare is mense toegeluit wat dit sou waag nou is dit die norm.

Alet ·

Ons kry ook nie verhogings nie en is maar net te dankbaar om nog ‘n werk te hê wat ‘n dak oor ons kop verseker en iets om te eet.

jzjz05 ·

Ja dit is die voorland van wittes en is net goed om belasting te betaal.omdat hulle n wit vel het en wet gehoorsame burger is sonder erkening en om teen gediskrimieneer te word om aansoek te doen vir werk

Ovelia ·

Ja ek stem saam hul kry te min. In vanderbijlpark skuld die munisipaliteit on geld. Dit is oorbetasl …nie na ons toe nie.. diegrootkoppe verkoop dan ons geld aan mense wt agter is op hul rekening. Wat sal di unie daarazn kan doen

Margaret ·

Munisipale werkers is in elk geval nie die salaris werd nie. Alles is chaos.

Ellen ·

Ongeskoolde arbeiders, wil dus nou meer verdien as baie gegradueerdes wat al jare werk! Dit is nou op die platteland.

Kokerboom ·

Die vakbonde is ligjare verwyder van ekonomiese realiteite! Daar is niemand so doof soos die wat nie wil hoor en blind soos die wat nie wil sien!

Harry ·

Dis die grootste klomp snert van mense wat net bereid is om die minimum werk te doen, gaan kyk bietjie in n bedryf soos die toerisme bedryf waar mense baie harder werk vir helfte wat die klomp narre soek!! Kyk na natuur bewaarders en toer leiers op wildsplase en parke, baie het hierdie jaar geen verhogings gekry nie, maar hulle doen trippel die werk wat die lui munisipale werkers nie eers probeer doen nie, begin julle werk ordentlik doen dalk sal daar dan na julle geluister word

Riaan ·

Die klap in die gesig, is eerder vir die betaling van hulle dienste wat so pateties is.

Chris ·

Verhogings vir wat? Laat my dink aan die munispale werker wat ‘n slak trap dat die sop spat. ‘n Verbyganger vra hom nou vir wat doen jy dit. Nee, seg hy die ding volg my nou reeds die hele dag rond.

Frans ·

Hierdie mense kla met ‘n brood onder die arm,terwyl derduisende medeburgers ure lank in ‘n tou staan om ‘n aalmoes vanR350 van die regering te ontvang.As ek my sin kon kry het ek van die vakbond en sy klaers ontslae geraak.
Raak sommer ontslae van al die burgermeesters en stel mense aan met die nodige bestuurs ondervinding en kwalifikasies.

Persheks Adri ·

Flippen belaglik! Nie eers die privaat sektor betaal dit nie. 6 maande kraamverlof sodat hulle kronies by huis kan bly? Wat ‘n cheeck!

Sobymykoolkop ·

Kommunisme op sy beste, die arbeider moet dieselfde as die hoof kry. Munisipale dienste bestaan nie regtig meer in die platteland nie. Staak, ons kom dit in elkgeval nie agter nie, dorpe, stede, alles is een groot vullishoop.

Stof ·

Vergoeding word nie slegs fiskaal bepaal nie. Ons kry al vir ‘n leeftyd, slegs en wanneer daar is, wat beskikbaar is. En die wonderwerk daarin, is dat daar nog nooit tekort was nie. Ons Werkgewer gee op vele ander maniere, Sy voorsiening, sonder dat dit fiskaal gemeet kan word.
Vakbonde verstaan nie hierdie beginsel nie.
Dalk tyd om te besin.

dom Hollander ·

Ok gaan staak tog asseblief so gou moontlik……ons sal dit nie eers agter kom, behalwe dat julle alles gaan brand en afbreek. Elke sent wat julle betaal word is 1 te veel.

marius ·

Kom kyk hoe lyk die hool waarvoor ons dienste moet betaal ! Julle moet almal in die pad gesteek word . Die laaste een !

Bushy ·

Besef hulle nie hul salarisse kom van belasting betalers se sak en daar is veel minder mense oor wat nog n werk het. Die unies betaal hulle nie, mense met werke buite regerings instansies se belasting betaal hulle. Verhaal die geld van al die korrupte amptenare wat hulself verryk ten koste van die land se burgers.

Misky ·

6 maande kraamverlof…… meeste van hulle kry amper elke jaar ‘n kleintjie. So hulle wil net helfte van die jaar “werk” en dan nog meer af wees want die kind is kamma siek. Vet jaarlikse bonus en so gaan die kringloop en binnekort weer swanger

Nie Verbaas ·

En waar gaan korrupte en bankrot munisipaliteite die geld vir die verhoging vandaan kry of dink die werkers en unie nie sover nie? Of is dit nou n onnosel vraag? As mens kyk na dorpe en stede se huidige toestand wil hulle meer betaal word vir totale onbevoegdheid.

Jacques ·

Suid Afrika se munisipaliteite moet soos n besigheid bedryf word waar n mans slegs betaal vir dienste gelewer. Dit sal mos nooit werk nie want hulle doen niks vir hulle salarisse nie. Sou dit wel in werking gestel word is hulle binne 2 maande bankrot. Maar soos gewoonlik wil hulle n arm en been hê en niks doen vir dit nie. Sink maar die sinkende skip vinniger.

Astrain ·

Iemand behoort hulle te klap want hulle slaap net en werk niks…

Rian ·

Maak maar soos zimbabwe en druk meer note vir die armlastiges, al word die geld al hoe minder werd. Kaders kan dan maar almal n paar miljoen (of biljoen), waardelose Rande per maand verdien. Dan dink hulle hulle is stinkryk.

Blikkies ·

En hulle geen formele opleiding nie en soek R15000.00. Laat ek wel noem daar is groot privaat maatskappye wat jou slegs sal aanstel met begin Bcom graad vir R18000.00 n Maand. Dit is ‘n skande.

Di ·

GEEN dienslewering nie maar hulle soek verhogings?? Baie van die munisipaliteite tans in die nuus oor korrupsie en die feit dat niks in stand gehou word nie. So wat doen hierdie klomp wat betoog dat nou konsuis elke dag om so ‘n groot verhoging te eis?

Sê maar net ·

R15000 pm?
Hahahaha!
Wys my hulle uiniversiteitsgrade!
Meeste mense sukkel om te oorleef en hulle soek R15000? Gaan my verstand te bowe! Hulle het absoluut geén kennis van arbeidsmark en salarisse nie!

Shaun ·

Wel as hulle darm gewerk het vir hulle geld was dit n ander saaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.