Dié Malema-uitspraak nie haatspraak, sê MRK

Julius Malema. Foto: EFF

Die Menseregtekommissie het Vrydag uitspraak gelewer oor ʼn vorige uitspraak deur die EFF-leier, Julius Malema.

Malema het in November 2016 oor wit mense gesê: “They found peaceful Africans here. They killed them. They slaughtered them like animals. We are not calling for the slaughtering of White people, at least for now. What we are calling for is the peaceful occupation of the land and we don’t owe anyone an apology for that…”

Malema het die uitlatings gemaak toe hy in die Newcastle-landdroshof verskyn het op aanklagte wat verband hou met sy aanmoediging om grond te beset.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Malema by die MRK verkla en gesê dié uitlating hits geweld aan teen wit mense en kom neer op haatspraak.

Die MRK het in sy uitspraak gesê die definisie van “aanhitsing” en “haatspraak” moet in gedagte gehou word en die uitlating moet in konteks beskou word.

“Malema het vooraf ʼn argument aangevoer om grond te beset op die basis dat grond aan swart mense behoort. Hy voer aan hy is bereid om tronk toe te gaan vir die besetting van grond, maar nie vir korrupsie nie,” lui die uitspraak.

“Hy sê ook wit mense is onaantasbaar, as jy aan ʼn wit mens raak, gaan jy tronk toe en selfs onder die ANC is swart mense steeds onderworpe aan wit mense. Hy sê hy dien nie ʼn wit meester nie en is hier om wit mense se vrede te ontwrig. Hy sê swart mense het nog nooit vrede geken nie en in teenstelling daarmee ‘swem [wit mense] in ʼn poel van bevoordeling’, want hulle het nog altyd grond besit.

“As hierdie uitlating objektief geïnterpreteer word, beteken dit dat wit koloniale setlaars vreedsame swart Afrikane doodgemaak het asof hulle diere is (daarom die gebruik van die woord ‘geslag’).

“Ondanks voorafgaande, versoek mnr. Malema nie in hierdie stadium die slagting van wit mense nie. Hy versoek vreedsame besetting van grond. Hierdie stelling is kritiek van wit mense geskiedkundig en hy versoek dus huidige besetting van wit mense se grond. Dit kan aanstootlik en ontstellend wees vir talle wit mense. Sommige wit mense kan hierdeur seergemaak voel en kan aanvoer dat dit rasgedrewe is.

“Dit is egter duidelik dat wit koloniale setlaars swart grond beset het, op ʼn gewelddadige en niegewelddadige wyse. Dit is ook duidelik dat wit mense, alhoewel hulle ʼn politieke minderheid is, beduidende ekonomiese mag het.

“Dit is belangrik dat hierdie stelling handel oor hoe wit mense in die verlede opgetree het. Dit handel nie oor hoe hulle nou optree nie. Mnr. Malema sê ook spesifiek dat hy nie nou die slagting van wit mense eis nie. Hy eis slegs die besetting van hul grond.

“In hierdie konteks beskou, kom die stelling nie neer op haatspraak nie,” het die MRK bevind.

AfriForum het intussen gesê hy neem kennis van die Menseregtekommissie se bevinding rakende die burgerregte-organisasie se klag van haatspraak teen Malema. “Ons is tans in konsultasie met ons regspan en sal binnekort ʼn aankondiging maak oor verdere stappe in verband hiermee.”

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het Vrydag aan Maroela Media gesê die organisasie is geskok oor die uitspraak. “Malema se woorde ‘at least for now’ het die MRK se uitspraak gelei, wat betref aanhitsing tot geweld. Dit is duidelik dat dit ʼn ideologiese uitspraak is. Ek dink nie [die MRK] besef eers dat hulle volgens ideologie ʼn uitspraak gelewer het nie, en dit is vir ons ʼn probleem.”

Zandile Gumede, burgemeester van die eThekwini-metro, het in November 2016 gesê daar is ʼn dringende behoefte om rasseverdeeldheid tussen verskillende rasgroepe in die land te genees. “Ons veroordeel Malema se uitlatings ten sterkste. Dié soort uitlatings kan saadjies van rasseverdeeldheid plant. Ons moet die verdeeldheid wat deur die apartheidsregering gevorm is beëindig. Van die verdeeldheid is deur afsonderlike ontwikkeling veroorsaak en ons moet nooit ooit toelaat dat dit weer gebeur nie. Die apartheidsregering het probeer om verdeeldheid te skep, maar het misluk. Tans is daar weer elemente wat probeer om ons te verdeel.”

Klik hier om die Menseregtekommissie se volledige terugvoer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Ag regtig ·

Nou wat presies het julle verwag? Dit is nou al oor en oor wat dit gesê is, net wit mense kan rassisties wees, nie swart mense nie. Maar al wat ek kan sê is, die mannetjie lyk nie vir my heeltemal gesond nie.

Rooi Jan ·

Duidelik slegs swart mense. Hulle herhaal verskeie kere dat Malema gesê het wit mense se grond moet beset word. Let wel nie grond wat wit mense onwettig beset nie maar enige wit mense se grond. Die implikasie is duidelik as jy wit is het jy geen regte nie en jou grond kan beset word. Nee wat nou steur ek my nie meer aan die MRK nie hulle sal klakkeloos enigiets ondersteun solank dit swart bo wit bevoorreg. Dit is is ń organisasie slegs vir swart burgers nie meer vir my nie hulle kan gaan doppies blaas.

Andreas ·

Jy het die naam verkeerd, MRK = Mense Rassiste Kommissie.

Johan ·

Sal enige negatiewe kommentaar tov die Swartmense na aanleiding van destydse beweerde wandade in ‘n historiese lig gesien word?
EK TWYFEL!!

Realis ·

Presies wat ek ook gedink het, Het enigiemand iets anders verwag?

Kasper ·

Dit is baie duidelik dat die MRK heeltemal eensydig en anti-wit optree in al hulle uitsprake. Malema is hulle hero. Kyk ook wat se lagwekkende straf het daai Khumalo ou gekry in vergelyking met Penny Sparrow. Duidelik moet hulle sogenaamde bevindings met die nodige minagting benader word wat dit verdien. Tog sal ek graag wil sien dat die MRK wat eintlik net wittes haat, hof toe gesleep word om hierdie uitspraak van hulle tot niet te laat verklaar . Ook moet die MRK by die wereld regte raad verkla word vir hulle ablolute anti-wit haat wat uitgespreek word in elk van hul bevindings. Ek hoop Afriforum sal die leiding neem in die verband, en ek sal julle ten volle ondersteun.

Lourie ·

@Piet, net so, hoekom sal die “MRK” enigens iets teen hom skuldig bevind? Al wat die ANC/EFF/BLF doen is om te dreig as hul skuldig bevind, en dan word niks gedoen nie. Wel, hierdie “wit meester” betaal ook nou net my eie ras, om die wit mens te bevorder, die swart mens het genoeg voordeel.

Gert J ·

lyk my die MRK behoort aan die EFF en hulle baie gehoorsaam aan die swartes. WIT MENSE HET GEEN SE MEER NIE.

tom ·

Die sogenaamde mense regte kommisie moet ook net weet hulle gaan verandwoordelik gehou word as daar moeilikheid kom oor stellings wat gemaak word .Die blf se goed die eff se goed maar dis niks.Julle ons sit op n Tyd bom wat gaan ontplof.

Johan ·

Vir Malema se inligting. Die Swartmense het destyds nie vreedsaam saam gelewe nie. Hy moet bietjie objektiewe Geskiedenis bestudeer. As hy gelees het van Shaka se Difaqane en die optrede van die Matabeles (om twee voorbeelde te noem) dan gesels ons weer.

Awie Opperman ·

Johan, ek verstaan wat jy bedoel, maar jy moet onthou dat hierdie propaganda wat hulle versprei nie met die waarheid hoef te strook nie. Hierdie uisprake kan in geen ander lig gesien word as haatspraak nie. Ongelukkig is een van die steunpilare van ‘n funksionerende demokrasie ‘n goed opgevoede populasie, die ander is ‘n skeiding tussen die regstelsel en die regering en die derde is vrye en onafhanklike media. ‘n Goed opgevoede kieserskorps sal partye wat leuens versprei straf by die stembus. Jy kan jouself tereg afvra of ons dan ‘n demokrasie of ‘n skyn-demokratiese bestel het.

Reinholdt ·

Julius, ek Wil sê dat julle ook nedersetters hier is. Volg jou geskiedenis.
Wat ons boerevolk het is verkry deur bloedgeld. Niks is vir ons gegee nie.

Jou eie mense word erger geteiken deur julle self. Feite is rondom jou!!!!

So hoekom die haat teenoor witmense????

Piet parys ·

Mense regte kommissie wat n grap. Noem julle maar swart regte kommissie. Julle het geen benul wat menseregte beteken nie . Wat little malema betref was hy te sleg om op die plaas wat hy gehad te bewerk daarom het hy dit verloor en nou staan hy op die kantlyn en hits vlak in die dak swart mense aan teen die wit mense .?

Hettie Gous ·

Mense regte kom is net n klug !het met hulle te doen gekry voorheen met myn geskil ,een oomblik het ek n saak en “skielik ” verdwyn die saak ?

Sanet ·

❗❗❗? OMW❗
Nou het ek als gehoor,seker ook bang vir joelees ❗❗
Gee ons krag,liewe Vader

Brutus ·

Die MRK se oordeel en uitsprake is soos gewoonlik maar absurd en het weereens bewys dat hul ook nie vertrou kan word nie.

aj ·

SKOKKENDE UITSPRAAK!!!

Witmense word nie geag as legitieme burgers van dié land nie.

As die SA regstelsel Witmense se burgeregte ontken sal Wittes moet soek vir ‘n ander land waar hulle volle burgerregte erken word.

Dit is ‘n saak vir die Verenigde Nasies.

Karin ·

aj, selfs al moor hulle blankes uit, sal die buitewêreld nie ‘n vinger veroer nie. Ons is op ons eie hier.

James ·

Ja so hulle kan se wat hulle wil want hulle eie mense en organisasies gaan hulle nie skuldig vind nie. Bribeeeee hier bribeeee daar en dis verby. Niks eties

John ·

Ongelukkig word iets wat enige mens sè nie waar deur bloot dit oor en oor te herhaal nie. Die glo Menseregtekommissie is rassisties en wil onwaarhede in feite verander. Ons regters moet maar aftree want kommissies met eie agendas het oorgeneem.

Marius ·

AfriForum moet maar die absurde bevinding in die hof toets. Dit is waarom die geldjies wat ek maandeliks vir AfriForum gee met plesier gee. Hul is regtig die eenigste wat standpunt inneem en vir minderhede veg.

Donderstorm ·

Wel one bullet one boer en kill the farmer is nie haatspraak nie hoe gan hul die dan vat as haatspraak hul kan maar eens net doen en se wat hul wil.

Andreas ·

Jip, hoekom dan nou nie, Julius is nie onnosel nie, terwyl die wind in jou seile is, waarom die voet van die petrol afhaal?

Andreas ·

Nou wonder ek watter hupstoot hierdie uitslag vir Julius na die verkiesing toe sal gee? Ek kan julle ‘n brief gee die rooi pette vier die hele naweek tot diep volgende week in fees. Hoeveel ekstra stemme sal moeilik wees om te sê, maar bemark sal dit hom bemark en dit mag sommer ‘n beduidende klomp wees, dalk sommer baie.

Sanet ·

Ek is bevrees ñ enorme trop stemme, Andreas! Hy weet hóé om media dekking te promofeer vir eie gratis promosie ?

Andreas ·

Later se worries, na die verkiesing, dan het Julius reeds sy myle gekry.

Sarel ·

Konstitusionelehof is nog erger as MRK, hier kan jy seker wees van n minderheid en meerderheid uitspraak , met die meerderheid uitspraak in Jo-Luis se guns en Dan is dit finaal.

SB ·

Malema is ‘n moroon, en die MRK het nie die insig om dit raak te sien nie. Hou so aan Afriforum, julle het my volle ondersteuning.

Koos de Meyer. ·

As dit nie vir ons was nie, was hier niks in die land nie. Wat my pla is dat daar blankes in die Mrk is. Net sekeres het menseregte.

Andreas ·

Koos, ek het nie daarmee ‘n probleem nie, ek het geen probleem dat ander ruimte gegun word om hul aspirasies uit te lewe nie. Party het minder en ander het, na gelang van hul behoefte en uitset, meer ruimte nodig. Ek kan dit nie hanteer as ek in kettings vasgebind word nie, ek kan dit nie hanteer as mense my uitdrukking versmoor nie, baie deur die Afrikaner-instansies wat terwille wil wees. Ek voel soos Breyten en daardie manne in die jare 60/70. Ek kan dit nie hanteer om in ‘n dwangbaadjie vasgeknoop te word nie, gee my ruimte om deur die lug in te klief en my passie uit te leef.

dirk bosman ·

Wat n drogredenasie.Kan seker nie beter van Jana Gaum en hulle ander maats verwag nie.Om n klagte deur n witmens na hulle te verwys is n futiele oefenining

Elvira ·

Watter menseregte? Hulle is seker deur Malema gedreig anders wert ek nie waar hierdie beslissing vandaan kom nie.

Vy ·

Kom ek se dit dan kyk ons of dit oor oorgesien word. Regtig!!!!!

Gert ·

Vervang die woord whites met blacks in dieselfde sin dan sien jy hoe word mense toegesluit vir haatspraak.

Hanna Hoekom ·

Presies my gedagtes! Of swaai die ou landsvlag rond… Dan sal jy darem n ding sien! Die MRK se naam moet maar verander word na SMRK: Swart Mense Regte Kommisie.

HPV ·

6% malema raas maar so as sy fopspeen uitgeval het. Sy eie sirkus se hoofnar maar ook destruktiewe afbreker van die land en menseverhoudings.

Andre ·

Die Apartheids Regering kry die blaam vir verdeeldheid. Daar het verandering gekom en die ANC, EFF, BLF en DA het oorgeneem om verdeeldheid te vererger.

Koos ·

Dankie Malema, ons witmense is dankbaar dat jy met jou uitsprake ons oë betyds oopmaak en oophou vir wat jy en jou soort vir hierdie land doen – naamlik die bevordering van verdeeldheid tussen ons land se mense en die aanhitsing van sekeres om anderes met geweld en haat in julle optredes nou eertens te dreig en later, wanneer dit jou pas, uit te moor.

Dankie Malema dat jy jou en jou soort se eie kele met hierdie optredes van jou, afsny.

Leonard ·

Ja die hele mrk is swart dis hoekom hulle geen fout vind met die gemors se uitsprake nie. Die anc en die mrk is bang vir hom dis hoekom hy kan se en doen wat hy wil. Net om sy naam te noem walg my

Michael ·

Nou gaan die hel los bars nou gaan hulle dreigemente gooi soos hulle wil haatspraak is nou ons voorland met ander woorde die MRK se dan nou eintlik swart mense kan nie rassiste wees nie en MALEMA maak fools van almal

Johan ·

Ek is so uit die veld geslaan….ek’t nie eers woorde om my woede hier uit te spreuk nie… of eerder die is nie die platform hiervoor nie…vrek man hoe erg kan die blatante diskriminasie nog word…… Die MRK is presies nea die DA…. doen die en se daai?

Hermann ·

MRK is patetiese klomp narre wat met minagting hanteer moet word. Hul is eensydig, soos klokslag bewys word.

humor ·

Maar kyk rondom ons ,hoeveel is daar van ons eie mense wat hul met hierdie uitspraak v.ereenselwig.

Elvira ·

Tyd dat ons saamstaan en soos Donald Trump dink. Kom ons bou n baie dik hoe muur met ons eie regering ens. Die wat eenkant in vrede en harmonie wil bly gaan daarheen en die res kan aanvoeter soos nou.

Virgil ·

Die man kan sê wat hy wil, waar hy wil, maar Steve Hofmeyr is nie geregtig op sy opinies nie en mag nie gaan optree by shows nie, dan is daar massa histerie en ontrekking van borge! Unbelievable!!!

JG ·

Virgil…jy maak n fout om die skepsel te bestempel as n “man”…hy is nie n man nie. n Ware man tree nie op soos die skepsel nie.

Elna ·

Miskien gaan my kommentaar weeer nie geplaas word nie omdat ek te reguit en eerlik is en die reinewaarheid praat maar Malema soek so graag n bloedbad in hierdie land hy dra nie verniet rooi oorpakke en rooi berret nie dink bietjie mense.

Eddie de Jager ·

Die MRK is medepligtig aan aanhitsing, rasseverdeeldheid, ontkenning en gevolglik moord, geweld en haat. Dit is ‘n rookskerm instansie vir politieke korrektheid wat populêre dog erg verdeelde uitsprake regverdig onder die vaandel van menseregte. Die MRK is getoets en te lig gevind.

Gerhard ·

Soos duidelik gesien kan word is daar twee standaarde in Suid-Afrika, een vir nie-blankes en een vir blankes.

Anna Theron ·

Wil graag dat ek en ander die MRK en hul doelwitte, struktuur samestelling en rede vir hul nuttelose bestaan beter kan begryp. Kan iemand n verduideliking gee asb.

Werner ·

Nie net die MRK is n grap hierdie hele land is n grap hierdie komende verkiessing is n grap mense wat dink n gestemmery gaan iets verander is n grap die uitslag is klaar bepaal of jy nou gaan stem of nie ons sal ons moet beywer vir selfbeskikking as ons wil oorleef

George in Bloem ·

Mense Regte Kommissie? Regtig? Wat ‘n patetiese grap is hierdie kader orgabisasue tog bie? Duidelik het net swartes enige regte hoegenaamd in hierdie mislukte piesangrepubliek van ons.

Jerry ·

Malema is net bek en geen binnegoed en se wat hy se omrede hy ANC staats en wetstoepassersbeskerming geniet en nou ook van die MRK. Een van die dae sal die howe hom ook beskerm en dan wil ek sien wat AfriForum se regslui gaan doen, want as jy taai wil wees moet jy enduit taai wees. Die slimjanne was gewaarsku! Vlug en los die res met die gebakte pere en die hel sal julle haal!

Judge Dredd ·

Die probleem is dat wit mense te beskaaf is.

Wit mense moet ook eers geboue afbrand/dreigemente van geweld maak/ in die strate rond spring en die ewige slagoffer speel voordat die howe en kommisies in ons guns sal beslis – Die links liberales wil mos slagoffers van ons almal maak.

Deesdae is dit – Rule by emotion.

marco polo ·

Juis. Dankie dat iemand dit uiteindelik kan se, as ek dit se, word ek gesensor.

Attie. ·

Onslandbehoort aan die Boesmans, Die VSA behoort aan die Indiane, Britanje behoort aan die Romeine, Israel behoort aan die volke van Kanaan. Kom ons gee al die lande terug aan hul regmatige eienaars.

sakkie ·

So daar is dit nou.
Spandeer liewers ons swaar verdiende geldjie op voorraad en oorlewing.

Stripes ·

Julle verstaan die MRK verkeerd. Hulle besluit watter mense het regte en watter nie. Wittes in die land het geen regte nie behalwe om wit te wees of jy nou lewe of dood is maak nie saak nie.

Ore ·

Nou gaan Mugabe jnr se wat hy wil,hy sien nou die howe en gereg is babg vir EFF

Johan ·

As die kommissie sê dat Malema se sêgoed op die verlede gegrond is en nie vandag skade aanrig nie,, geld dit mos vir die kamtige gronddiefstal ook? Dan moet dit ook tussen hakies geplaas word. Grond diefstal moet nog bewys word en die moord stories is duidelik vals inligting wat mense oprui.

Anton ·

Die ANC het in die 1990’s gematigde swart mense met “necklaces” verbrand en hulle gedreig om ANC te stem of anders.. Dit was met tante Winnie as die voorbok met haar boksie vuurhoutjies. Waar was die MRK kaders se stemme toe?

Andreas ·

Jip, die ANC moes hulle op die swart mense afdwing anders sou hulle nooit aan die bewind gekom het nie. Die ding het so in twee fases gebeur, die geveg teen die NP regering en die geveg om die swart mense aan die ANC te onderwerp.

Andreas ·

Jip, die ANC moes hulle op die swart mense afdwing anders sou hulle nooit aan die bewind gekom het nie. Die ding het so in twee fases gebeur, die geveg teen die NP regering en die geveg om die swart mense aan die ANC te onderwerp.

Roelf ·

Seker al geê deur iemand – as n wit persoon dieselfde woorde geuiter het onder dieselfde omstandighede wat die hof nou aanhaal – sou die uitsraak ook dieselfde gewees het. NOOIT OP DIE AARDE EN TYD NIE – TRONK TOE MET JOU JOU RASSIS

chrisjan ·

Ek besit nie grond nie.Kan ek ook iemand sin gaan beset en ontein?Ek meen wat vir die swart bevolking geld geld sekerlik vir my ook want ek is ‘n (blanke) burger van die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.