Dié man gesoek in verband met moord op Modimolle-vrou

Morris Maripa (Foto: Verskaf)

Die polisie is op die spoor van ’n man wat voorheen by Trudie Grebe (73) gewerk het voordat sy sowat ʼn week gelede dood langs haar huis in Modimolle in Limpopo aangetref is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê ʼn voorlopige ondersoek toon Morris Maripa is die dag van Grebe se moord opgemerk waar hy glo die oorledene se perseel verlaat het.

Maripa was voorheen ʼn werknemer van Grebe. Sy het haar eie onderneming waar sy honde gebad en geskeer het tuis bedryf.

Maroela Media het vroeër berig ʼn besoeker het verlede Vrydag op Grebe se liggaam langs haar huis afgekom.

Grebe is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan en sy het ook verskeie steekwonde aan haar kop, nek en hande opgedoen.

Die polisie doen nou ʼn beroep op Maripa om hom by die naaste polisiestasie aan te meld om die polisie by te staan in hul moordondersoek.

Enigiemand met inligting omtrent die moord word versoek om speursers. Amanda Rossouw by 071 133 8524 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Willehond ·

Mnr maripa moet hom asb by die polisie kantoor gaan aanmeld?????? Ek lag my n papie!!! O ja, nou onthou ek, die polisie soek nie meer die misdadigers nie. Die publiek moet maar!

Andrea ·

En mnr Matipa haas hom na die polisiestasie…
Wat n belaglike versoek!

Poppie ·

Die polisie soek hul nie meer, hul gaan soek nou die polisie whahahaha

Arno Scheepers ·

Nog n bewys, moenie die “mense” op jou perseel toelaat nie.
Hulle GAAN moor en roof. Dit is wat hulle is

Ig ·

Polisie doen n beroep op hom om hom aan te meld, what a joke, hy is lankal nie meer in die omgewing nie

JohanR ·

Kan nie verstaan nie! Polisie rekrute kry blykbaar wonderlike opleiding in die polisie
kolleges, en ‘n trotse uitgangsparade. Wat gebeure na die tyd dat hulle soe nutteloos word?

Arno Scheepers ·

Johan het jy al gesien hoe lyk hierdie “goed opgeleide” lede….. meestal 30-40kg oorgewig. Geen idee wat marsjeer en n parade is nie.

Slagyster ·

Is sy “van” reg gespel want ek het die woord al gehoor as hulle met mekaar praat?

Gaitsigubib ·

Die woord waaraan jy dink is Masipa. Dis die regter wat oscar verhoor het se van. Die van is gegee aan n “tribe” wat die laagste rang het in n gebied in die noorde van SA, deur die kgosi wat in beheer was oor die gebied. Almal met die van is verwant aan mekaar en om die van te ontvang moes jy noodwendig kwaai in onguns wees by die chief. Die koning se eie bloedlyn sal nooit so n belaglike van he nie. Wat dit beteken mag mens nie skywe nie

humor ·

S A waarheen is onderweg. Is dit ons toekoms tot die voleinding toe. Daar is baie baie rede om bekommerd te wees oor die toekoms van ons kinders.

Phil ·

Die polisie is op sy spoor maar hy word versoek om by die naaste polisiestasie te gaan aanmeld. Lyk vir my hy stap/ry vinniger as die polisie want hul is op sy spoor maar kan hom nie inhaal nie….

Karolis ·

Ek neem ongesiens foto’s van al my bure se “besoekers”

Heksie ·

Weereens die hand gebyt wat hom voed … weerlose ou tannetjie vermoor vir seker die paar rand wat sy in haar “cash box” gehou het vir die besigheid …
Ek hoop SAPS trek hom gou vas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.