Dié man gesoek ná moord op buitelandse student

Zwandile Richard Zungu (Foto: Verskaf)

Die polisie is dringend op soek na ʼn taxibestuurder van Diepsloot in Johannesburg, in verband met die moord op ʼn buitelandse student in Augustus verlede jaar.

Die 18-jarige Pu Shirong is op 20 Augustus binne ʼn taxi doodgeskiet waarna sy liggaam langs ʼn straat in Selby gelos is. Volgens kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, was Shirong deel van ʼn groep Chinese studente wat vanaf Polokwane in Limpopo na Krugersdorp gereis het.

Dié studente het op die dag ʼn taxi by die Wanderers-taxistaanplek in die Johannesburgse middestad gehaal ná hulle nie daarin kon slaag om hul gereelde bestuurder in die hande te kry nie. Hulle het glo gevolglik in ʼn Quantum-bussie geklim wat hulle sou vervoer.

Hul gereelde bestuurder het egter nadat hulle reeds met die taxi onderweg na hul volgende bestemming was, teruggeskakel om te sê dat hy op pad is na hulle toe. Volgens Mbele het die studente vir Zwandile Richard Zungu (29), die bestuurder van die taxi, gevra om terug te draai en hulle terug te neem na waar hy hulle oorspronklik opgelaai het. Hul bestuurder sou hulle glo daar kry.

Zungu het egter volstrek geweier selfs nadat die studente aangebied het om steeds die fooi vir die rit te betaal.

Mbele sê dat Zungu glo met die groep studente in die stad rondgery het waarna hy nog twee passasiers opgelaai het. Een van dié passasiers het glo ʼn vuurwapen op die studente gerig terwyl die ander passasier hulle deursoek het.

Die ander passasier het die studente van hul selfone, geld en tasse vol klere beroof. Shirong het daarop aangedring dat die verdagtes sy besittings moet teruggee waarna hy binne die taxi doodgeskiet is.

Sy liggaam is op die hoek van Main Reef- en Andersonstraat uit die taxi gegooi en al die ander studente is uit die voertuig geboender. Zungu en sy twee makkers het toe glo weggejaag.

Zungu en sy twee vermeende medepligtiges word tans deur die polisie gesoek in verband met die moord op Shirong.

Die polisie versoek enigiemand met inligting rakende die voorval om konst. Matshepo Twala by 083 881 1905 of 011 497 7251 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos ·

Darem 1 onwettige immigrant minder. Hulle sê hulle is studente en party studeer wel hier, maar dis nie lank nie dan bly en bly en bly hulle.

Katerina ·

Shirong was n Chinees. Ek kan nie sien hoe n Chinees n probleem kan wees nie, of hy nou toeris, student of onwettige immigrant is. Hoe gouer China Suid Afrika oorneem hoe beter,in my opinie. Dit is al wat ons witmense nog kan red van algehele uitwissing.

Willem ·

Daar is geen verskil tussen jou opmerking en Lyndsay Maasdorp se opmerking oor die dood van 4 kinders nie.

Colleen ·

Presies en dan maak hulle baba fabrieke oop en SA moet sorg vir dit.

VanAfrika ·

Die uitlanders weet nie hoe gevaarlik ons land eintlik is nie, jy klim glad nie in n taxi in nie. Hulle loop met die Mandela persona rond en dink almal in SA is n hero

Molly ·

Crime of opportunity, die drywer en sy makkers teer op buitelanders en dit is moontlik nie hul eerste roof en moord nie.
Buitelanders is regtig stupid en praat met alles en almal en maak hulle self teikens. Want ons is mos a vredevolle land en het geen crime nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.