Dié man het dalk inligting oor aftreeoord-moord

Legonya Thamsadu (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Die polisie in Polokwane doen ʼn beroep op enigiemand met inligting wat kan help om Legonya Thamsadu op te spoor ná die moord op die 80-jarige Jacoba Grobler.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Thamsadu kan moontlik die polisie bystaan met inligting vir hul ondersoek.

Grobler is op 21 September omstreeks 11:30 dood aangetref in haar huis by die Koraal-aftreeoord in Polokwane. ʼn Vriend het op haar liggaam afgekom en die polisie ontbied.

Sy is vermoedelik met ʼn stomp voorwerp aangeval en haar skootrekenaar en selfoon word vermis.

“Die polisie doen nou ʼn beroep op Legonya Thamsadu om by die Polokwane-polisiestasie aan te meld of die naaste polisiestasie dadelik te kontak, omdat hy die polisie vermoedelik met hul ondersoek kan bystaan,” het Mojapelo bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

Enigiemand met inligting oor Thamsadu kan brig. James Esbach kontak by 082 576 0743.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hercules ·

“The wicked plot against the godly; they snarl at them in defiance. But the Lord just laughs, for he sees their day of judgment coming. The wicked draw their swords and string their bows to kill the poor and the oppressed, to slaughter those who do right. But their swords will stab their own hearts, and their bows will be broken” – Psalms 37:12‭-‬15 NLT

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.