Dié mans gesoek ná ontsnapping

Argieffoto

Die Limpopo-polisie is op soek na sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Saterdagaand uit die selle van die Modimolle-polisiestasie ontsnap het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die sewe verdagtes het omstreeks 20:00 daarin geslaag om te ontsnap. Ngoepe wou nie meer inligting rakende die omstandighede van die ontsnapping bekendmaak nie en het gesê dit word deur die polisie ondersoek.

Die sewe verdagtes wat ontsnap het, is Polano Ndebele, Thapelo Mello en Themba Ncube wat almal in hegtenis geneem is in verband met die oortreding van die Wet op Plofstowwe; Sello Rengane, in hegtenis geneem op aanklag van verkragting; Mpho Obvious Lesese en Kenneth Shuma, in hegtenis geneem vir gewapende roof; en Kazen Dluwayo, wat in hegtenis geneem is vir huisroof.

Enigiemand met inligting oor waar hierdie ontsnaptes hulle bevind, word versoek om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of Stop Misdaad by 0860 010 111 in te lig. ʼn SMS kan ook na 32211 gestuur word.

*’n Foto van Mpho Obvious Lesese is nie beskikbaar gestel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andreas ·

Geen kans, hulle is dalk nog op pad terug na hulle gaan stem het.

Pieter du plessis ·

Hier gaan ons alweer behalwe vir Anni is die hele klomp useless en mors die staat se geld.

Johanna Botha ·

Die polisie doen nie hulle werk reg nie of nee dit is ook korrektiewe dienste …muors net ons belastinggeld verder ….daar moet gevolge kom vir die mense wat nie hulle werk reg doen nie ASB anc begin met skoonmaak soos julle belowe het …gaan nie my asem ophou nie

? leser ·

wats nuwe nuus, alweer het die polisie misluk in hulle werk, dit gaan dalk maande vat net om een weer in hegtenis te neem, nee wat polisie, van julle bly maar net swakkelinge te wees
voorstel cele, dank die swakkelinge sumier af, soos in AF, sonder enige voordele

Ja Nee ·

Lankal terug in Zimbabwe. Sommer oor ons “grense” terug gestap. Sal terug wees as die stof gesak het.

Magda ·

Hierdie is n inside job man .. wys my in elk geval waar in die wereld behalwe SA kan mense in TRONKE stem

Michelle ·

Is dit nie tyd dat Cele die lede aankla vir hul onbevoegdheid nie want waarvoor word hul nou eintlik betaal. Kom nou kyk na die misdaad almal weet die mense oor die grens kom soek lankal nie meer eerlike werk nie hul kom pleeg misdaad want hul kan vinnig weer gehelp word om weg te kruip daar is mos geen bewyse hul is in die land nie. Ek moet sê daar is polisie manne wat liewer net daardie uniform moet terug gee en weg stap want hy maak die hele polisie mag slegs.

willem Botha ·

Michelle,hoe kla jy iemand aan vir onbevoegdheid as jy self onbevoeg is,dit is soos as iemand dood is almal weet dit behalwe jy,net so as jy onnosel is en die polisie floreer in hierdie departement.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.