Dié Mediclinic-hospitale kan nou ook inent

(Argieffoto: Bret Kavanaugh/Unsplash)

Die nasionale departement van gesondheid het Donderdag bevestig dat sommige Mediclinic-hospitale ook nou Covid-19-inentings sal kan toedien, as deel van fase 2 van Suid-Afrika se inentingsprogram.

Dié hospitaalgroep is tans besig om aan al die vereistes te voldoen sodat die gekose Mediclinic-hospitale gereed kan wees om teen volgende week inentings met die Pfizer-entstof te doen.

“Dit is noodsaaklik dat die gesondheidsektor saamwerk om die inwerkingstelling van dié program ʼn sukses te maak,” sê dr. Gerrit de Villiers, hoof- kliniese beampte by Mediclinic Suid-Afrika.

Nege Mediclinic-hospitale is gekies as die eerste privaat fasiliteite wat die inentingsprogram gaan ondersteun. Dié hospitale is:

  • Mediclinic Morningside in Sandton,
  • Mediclinic Medforum in Pretoria,
  • Mediclinic Bloemfontein,
  • Mediclinic Pietermaritzburg,
  • Mediclinic Geneva in George,
  • Mediclinic Gariep in Kimberley en
  • Mediclinic Cape Gate, Vergelegen en Milnerton in Kaapstad.

“Hierdie inentingsentrums sal in samewerking met die departement van gesondheid werk namate die beskikbaarheid van bykomende inentings en aflewerings geskeduleer word.

“Mediclinic is trots daarop om ʼn rol te speel in die inentingsprogram en hoop om binnekort ook al ons gesondheidswerkers self in te ent,” sê De Villiers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SjN ·

Het hul uiteindelik besef dat hul nie in staat is om alleen te kan doen nie?

Johan ·

Ek sien uit daarna dat die outopies hul gaan inent sodat hul kan aanbeweeg van hul vrees….sien regtig uit daarna, almal wat so bang is gaan registreer ASB dadelik en ent jul so gou moontlik in, dan kan 20% van jul lekker siek word, herstel en aanbeweeg. Tot hul vir jul sê daar is n nuwe variant of twak soos dat jul immuun laag is en weer moet gaan, doen dit dan ook kronies so gou as moontlik sodat ons kan aanbeweeg…sit sommer nou al jou naam op vir die volgende 3jaar ook.

Joan ·

Ai tog, jy is darem baie negatief en sarkasties. Was blykbaar nie daar met die 1933 groot griep nie. As daar toe reeds die kennis en inentings was, sou daar nie soveel mense gesterf het nie.

Hoeveel kinders is gered deur verpligte inentings vir Kinkhoes en TB ???

Kry die inenting en keer so dat jy nie ander mense in die toekoms aansteek nie. Jy het niks om te verloor nie behalwe om te verserker dat jy nie jou vrou of kinders aansteek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.