Dié mense tydens FAK Prestige-aand vereer

Afrikaans Hoër Seunskool se sanggroep. Foto: Jhua-nine Wyrley-Birch

Afrikaans Hoër Seunskool se sanggroep. Foto: Jhua-nine Wyrley-Birch

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Vrydagaand tydens ʼn spoggeleentheid by die Voortrekkermonument nie net Afrikaans se 90 jaar as amptelike landstaal gevier nie maar ook verskeie toekennings oorhandig.

Jannie du Toit, Josua na die Reën, Afrikaans Hoër Seunskool se sanggroep en Merna Nicholls van die Universiteit van Pretoria (UP) was die gaskunstenaars vir die aand.

Tommie van Zyl van die ZZ2-landbougroep het die FAK prestige-toekenning ontvang vir uitnemende leierskap terwyl prof. Jaap Steyn van die Universiteit van die Vrystaat (UV) die NP van Wyk Louw-toekenning ontvang het.

Daan Potgieter van Hoërskool Waterkloof het die HB en MJ Thom-toekenning vir die bevordering van uitnemende onderwys ontvang terwyl Karen Meiring, M-Net: Direkteur van Afrikaanse kanale, die FAK prestige-toekenning vir die bevordering van Afrikaanse media ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GES ·

Baie geluk aan almal wat toekennings ontvang het. Lank lewe Afrikaans. Ons hemelse Vader het ons geseën met ‘n lieflike taal.

Petra ·

Wil nou nie negatief klink nie, maar watter kans het Afrikaans nog in Kommunistiese Azania? Weet julle iets wat ek nie weet nie?

Petra ·

Ja Boervrou, ons moet net nie negatief raak nie, maak nie saak wat om ons aangaan nie.

GES ·

Moet asb nooit vergeet. Lig kan nooit uitgewis word nie. Donkerte is maar net die afwesigheid van lig (nie lig wat skynbaaruitgewis is nie). Ons hemelse Vader het ons hier geplant en vir ons ‘n taal gegee om ‘n werk vir Hom te doen. Wat huidiglik gebeur is net ‘n proses om ons weer afhanklik van Sy genade te maak. Ons gaan binnekort weer opgerig word. As die jode 2000 jaar moes wag om hulle land terug te kry kan ons ook ‘n bietjie wag. Ons is nie ‘n vergete volkie met ‘n vergete taal. Beste wense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.