Dié menseregte word glo meeste geskend

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag onthul die meeste van die klagtes oor skendings van menseregte wat hulle ontvang, het te doen met die gebrek aan gelykheid.

Dit word gevolg deur onregverdige arbeidspraktyke en die gebrek aan toegang tot gesondheidsorg, water en kos en maatskaplike veiligheid.

Volgens die MRK het hulle tussen 2015 en 2016 se finansiële jaar 9 238 klagtes ontvang. Gauteng het die meeste klagtes gehad (1 110), gevolg deur die Wes-Kaap (670) en KwaZulu-Natal (581).

Die inligting word vervat in ʼn verslag oor statistieke en data rakende menseregte-skendings. Dié data is saamgestel uit sake wat van al nege van die kommissie se provinsiale kantore ontvang is.

Uit die verslag blyk dit duidelik dat ongelykheid steeds een van die grootste hindernisse is in die bereiking van menseregte soos dit in die grondwet vervat is.

“Die reg tot gelykheid bly die reg wat die meeste in die gelykheidshowe beveg word. Meeste van die gevalle sluit die gebruik van die ‘k-woord’ en ander neerhalense kommentare met rassige ondertone soos die terme ‘bobbejaan’ en ‘aap’ in,” het die Gail Smith, woordvoerder van die MRK, in die verslag gesê.

Minstens 31 uit 54 sake waaroor die provinsiale kantore gelitigeer het hou met die reg op gelykheid asook haatspraak verband.

Arbeidsverwante menseregte-oortredings maak die tweede grootste deel van die klagtes uit. Volgens die verslag meld meeste van die klagtes onregverdige afdankings en onregverdige arbeidspraktyke aan.

Die vyf menseregte wat volgens die verslag die meeste geskend word:

* Gelykheid (749 klagtes)
* Onregverdige arbeidspraktyke (440 klagtes)
* Die voortslepende gebrek aan toegang tot gesondheidsorg, water, kos en maatskaplike veiligheid (428 klagtes)
* Oortreding van die reg op regverdige administratiewe aksie (379 klagtes)
* Ootreding van die regte wat verband hou met inhegtenisneming en aanhouding (409 klagtes)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Potlood ·

Klink maar vir my na bietjie min klagtes. Ek bedoel gelykheid is tog so generies… alles daar genoem is generies… as iemand oor oor ‘n rooi lig ry of in die straat pee voor my kinders, of my man kan nie befordering kry agv sy kleur… Wat van die ou langs my wat nie sy tande borsel nie… Wat van die van ons wat elke dag werk vir geld, net sodat die staat dit weer vat, en dan moet ons nog self sorg vir iests soos veilligheid… maar die ongeletterde parra met 20 kinders kry net en soek net nog meer “Gelykheid”. klip gooi is al wat ons ken. Wat bepaal Mense REGTE. Wie is die Mense waarvan hulle praat? Lyk my dit hang ook af wie by die MRK werk want sekerlik sal hulle voorkeer gee aan wat belangrik is vir hulle of hulle kultuur of selfs hulle geloof… Politiek is darem maar net pateties…
Daar is mense wat glo om net te kla en ander wat hulle bekke hou en ‘n plan maak… Hoekom kan hierdie klomp nie net van die begin reg optree nie… Klagtes is veronderstel om jou gevorderde proses te wees wat uit wys waar ‘n standaard proses nie werk nie. Jy breek nie ‘n hoe gebou af sodat jou kort gebou ook hoog kan voorkom nie…

JA HOOR ·

Ja siestog en die ENIGSTE klagtes wat julle ondersoek het is die ‘menseregte skendings’ van wit op swart, daar was nie EEN anderskleurige wat hierdie jaar vasgetrap is vier mensregte skendings of selfs vir onbillike arbeidspraktyke nie. MEESTE van hierdie klagtes is teen blankes gewees want dit is al wat hanteer word,die klagtes wat blankes indien word of nie genoem nie, of niemand word net vervolg nie.. ook maar pateties.

Hanna ·

Jy is SO reg! Haatspraak op witmense bestaan mos nie… Ons moet mos maar die “punch” vat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.