Die mini-begroting in syfers

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer die 2018 mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement (24 Oktober 2018). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag die mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement voorgelê.

Die mediumtermynbegrotingsraamwerk in syfers:

  • Suid-Afrika se groeivooruitskatting vir 2018 is afwaarts aangepas van 1,5 tot 0,7%. Groei sal na verwagting geleidelik herstel tot oor 2% in 2021.
  • Bruto skuld sal na verwagting teen 2023/24 stabiliseer op 59,6% van die BBP.
  • Staatsbesteding sal na verwagting sowat R590 000 miljard oor die mediumtermyn beloop.
  • R3 300 miljard of 56,2% van die totale driejaarbegroting is aan onderwys, gesondheid, water- en elektrisiteitsverskaffing en maatskaplike toelae toegewys.
  • Daar sal oor die volgende drie jaar na verwagting R855,2 miljard op infrastruktuur bestee word.
  • Die gekonsolideerde begrotingstekort word in 2018/19 op 4% Tydens die begrotingsrede vroeër vanjaar is dit op 3,6% van die BBP geraam.
  • Die Inkomstediens sal na verwagting sowat R27,4 miljard minder invorder as verwag.
  • Die 2018-staatsdiensloonooreenkoms oorskry begrotingsriglyne met sowat R30,2 miljard oor die mediumtermyn.
  • Koek- en witbroodmeel en sanitêre produkte sal vanaf 1 April 2019 van BTW vrygestel word. Dit sal ʼn inkomsteverlies van sowat R1,2 miljard tot gevolg hê.
  • ʼn Bykomende R1,4 miljard word aan die Inkomstediens toegewys terwyl die Poskantoor ʼn bykomende R2,9 miljard kry om sy skuld af te betaal.
  • Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kry ʼn bykomende R5 miljard om sy skuld af te betaal. SA Express kry ʼn bykomende R1,2 miljard.
  • Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap kry ʼn bykomende R5,8 miljard om van sy skuld te delg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hendrik van George

So, na 24 jaar van ANC wanbestuur, is dit duidelik dat die eens terroriste organisasie nie die mas kan opkom om ‘n land effektief te regeer nie. Alles waaraan hulle raak verander in riool.

jaco

een ding ontbreek: die petrolprys gaan styg na R20 per liter

Jack Klok

Ek verwonder my altyd aan die syfers wat politic so maklik uitrol, byvoorbeeld – na verwagting sal die groei geleidelik herstel tot oor 2% in 20121 of – bruto skuld sal stabiliseer op 59.6% van BBP, of – oor die volgende drie jaar sal R855 miljard op infrastruktuur bestee word ens ens. Dis alles bog, wensdenkery, oë verblindery. Niemand kan die toekoms voorspel nie, veral as dit afhang van die uitvoering van hierdie planne deur onbevoegde en korrupte kaders. Ons is in die gemors waarin ons ons tans bevind as gevolg van uitgediende ideeologiese beleide, toegepas deur onbevoegde en korrupte… Lees meer »

RG

So koekmeel word vrygestel van BTW, wanneer waai die koppe.

Eben

Die minister noem ook nie dat 60% van inkomste gebruik worc om die land se skuld te betaal nie. Elke belasting betaler sit met R55 000 se skuld van die regering. Die enigste manier om die skuld te delg is om meer belasting te hef. Een van die dae is ons in ons m..r.