Die mini-begroting in syfers

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer die 2018 mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement (24 Oktober 2018). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag die mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement voorgelê.

Die mediumtermynbegrotingsraamwerk in syfers:

  • Suid-Afrika se groeivooruitskatting vir 2018 is afwaarts aangepas van 1,5 tot 0,7%. Groei sal na verwagting geleidelik herstel tot oor 2% in 2021.
  • Bruto skuld sal na verwagting teen 2023/24 stabiliseer op 59,6% van die BBP.
  • Staatsbesteding sal na verwagting sowat R590 000 miljard oor die mediumtermyn beloop.
  • R3 300 miljard of 56,2% van die totale driejaarbegroting is aan onderwys, gesondheid, water- en elektrisiteitsverskaffing en maatskaplike toelae toegewys.
  • Daar sal oor die volgende drie jaar na verwagting R855,2 miljard op infrastruktuur bestee word.
  • Die gekonsolideerde begrotingstekort word in 2018/19 op 4% Tydens die begrotingsrede vroeër vanjaar is dit op 3,6% van die BBP geraam.
  • Die Inkomstediens sal na verwagting sowat R27,4 miljard minder invorder as verwag.
  • Die 2018-staatsdiensloonooreenkoms oorskry begrotingsriglyne met sowat R30,2 miljard oor die mediumtermyn.
  • Koek- en witbroodmeel en sanitêre produkte sal vanaf 1 April 2019 van BTW vrygestel word. Dit sal ʼn inkomsteverlies van sowat R1,2 miljard tot gevolg hê.
  • ʼn Bykomende R1,4 miljard word aan die Inkomstediens toegewys terwyl die Poskantoor ʼn bykomende R2,9 miljard kry om sy skuld af te betaal.
  • Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kry ʼn bykomende R5 miljard om sy skuld af te betaal. SA Express kry ʼn bykomende R1,2 miljard.
  • Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap kry ʼn bykomende R5,8 miljard om van sy skuld te delg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hendrik van George ·

So, na 24 jaar van ANC wanbestuur, is dit duidelik dat die eens terroriste organisasie nie die mas kan opkom om ‘n land effektief te regeer nie. Alles waaraan hulle raak verander in riool.

jaco ·

een ding ontbreek: die petrolprys gaan styg na R20 per liter

Jack Klok ·

Ek verwonder my altyd aan die syfers wat politic so maklik uitrol, byvoorbeeld
– na verwagting sal die groei geleidelik herstel tot oor 2% in 20121 of
– bruto skuld sal stabiliseer op 59.6% van BBP, of
– oor die volgende drie jaar sal R855 miljard op infrastruktuur bestee word ens ens.

Dis alles bog, wensdenkery, oë verblindery. Niemand kan die toekoms voorspel nie, veral as dit afhang van die uitvoering van hierdie planne deur onbevoegde en korrupte kaders. Ons is in die gemors waarin ons ons tans bevind as gevolg van uitgediende ideeologiese beleide, toegepas deur onbevoegde en korrupte politici en kaders, wat met behulp van staatskaping hulle self verryk het ten koste van alle Suid-Afrikaners buiten die ANC/SAKP/Cosatu binnekring.

Het julle al opgemerk dat ANC leiers nooit ‘n woord sê of bereidheid toon om die beleide wat ons in die gemors beland het soos AA en BBBEE ens te verander nie? Nee wat, die ANC ploeter voort op dieselfde afdraende pad waarop al die afgelope twintig jaar strompel. En algaande las hulle nog meer blokke aan die voete van die ekonomie soos die tyd aanstap.

RG ·

Goed gestel…en hou aan om dieselfde korrupte spul aan te stel. Dit sê alles.

Eben ·

Die minister noem ook nie dat 60% van inkomste gebruik worc om die land se skuld te betaal nie. Elke belasting betaler sit met R55 000 se skuld van die regering. Die enigste manier om die skuld te delg is om meer belasting te hef. Een van die dae is ons in ons m..r.

Johann cb ·

Dit maak nie sin dat sinkende staatsinstansies voortdurend “borg” toegestaan word nie…regtig, belaglik!

Mrs H ·

Hoooo-oooohhhhh HKGK! Maroela….GROOT asb, stuur vir ons n opsomming van Dawie Roodt af?! Belde kan nie meer stywer vas gemaak word nie. Daar is nie meer virsekeringe en mediese fondse om te kanseleer nie. Spaar rekeninge is uitgeput en ook toe gemaak. Hoe gemaak met nog stygende brandstof, voedsel, kruideniers, elektrisiteit, water, erf belasting, basiese munisipale dienste(wat niemand kry nie) en en en….???

IK ·

Ook ek droom drome van skenkings ontvang. Van kabouters met sakke vol goud wat aangedraf kom na my. Ek hoef NIKS te doen behalwe om my hande bakhand te maak . . . SA voorwaar ‘n land met ‘promises’ wat net waar moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.