Dié munisipaliteit nou nog langer sonder krag

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat die Tokologo- en Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat nog langer onder kragonderbrekings gebuk sal moet gaan weens agterstallige skuld.

Die Tokologo-munisipaliteit wat Boshof, Dealesville, Hertzogville en Seretse bedien, sal van Woensdag af vir die derde week kragonderbrekings ervaar. Die onderbrekings sal intussen tot 14 uur per dag vermeerder word.

Dié munisipaliteit gaan sedert 21 Februarie onder kragonderbrekings gebuk aangesien die munisipaliteit Eskom meer as R36 miljoen skuld. “Die munisipaliteit het nog geen bevredigende pogings aangewend om verdere onderbrekings te voorkom nie,” het Bibi Bedir, senior bestuurder van Eskom se kliëntediens in die Vrystaat, gesê.

“Dit laat ons met geen ander keuse nie as om die onderbrekings uit te brei. Ons hoop dat die munisipaliteit ʼn dringende poging sal aanwend om die bedrae te betaal wat nodig is om die onderbrekings te beëindig ter wille van die gemeenskappe wat geraak word.” (Kyk onderaan die berig vir volledige onderbrekingstye.)

Die Masilonyana-munisipaliteit wat Brandfort, Theunissen, Winburg en Verkeerdevlei bedien, sal intussen ook van Woensdag af langer kragonderbrekings ervaar. Kragonderbrekings sal met twee uur vermeerder word. Dié munisipaliteit skuld Eskom meer as R48 miljoen.

“Ons hoop dié munisipaliteit sal ook die nodige betalings maak om die kragonderbrekings te beëindig voordat ons die derde week bereik waar onderbrekings tot 14 uur per dag vermeerder sal word,” het Bedir gesê.

Tydelike geskeduleerde onderbrekings vir die Tokologo-munisipaliteit:

Week 1 (21 Februarie 2018 – 27 Februarie 2018)
Maandag tot VrydagSaterdag en Sondag
06:00 – 08:0008:30 – 11:00
17:00 – 19:3015:00 – 17:30
Week 2 (28 Februarie – 6 Maart 2018)
Maandag tot VrydagSaterdag en Sondag
06:00 – 09:0008:30 – 12:00
17:00 – 20:3015:00 – 19:00
Week 3 (7 Maart 2018 tot ʼn ooreenkoms bereik is)
Maandag tot VrydagSaterdag en Sondag
06:00 – 20:0006:00 – 20:00

Tydelike geskeduleerde onderbrekings vir die Masilonyana-munisipaliteit:

Week 1 (28 Februarie 2018 – 6 Maart 2018)
Maandag tot VrydagSaterdag en Sondag
06:00 – 08:0008:30 – 11:00
17:00 – 19:3015:00 – 17:30
Week 2 (7 Maart 2018 – 13 Maart 2018)
Maandag tot VrydagSaterdag en Sondag
06:00 – 09:0008:30 – 12:00
17:00 – 20:3015:00 – 19:00
Week 3 (14 Maart 2018 tot ʼn ooreenkoms bereik is)
Maandag tot VrydagSaterdag en Sondag
06:00 – 20:0006:00 – 20:00

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Chris Ws ·

Eskom gaan verkeerd te werk.Kom AfriForum,doen jul werk en vat Eskom hof toe.Eskom kan nie mense wat krag betaal straf nie.Die munisipale Bestuurders moet aangekla en voor die hof gedaag word omdat HULLE verantwoordelik is vir die nie betaling van Eskom se rekening.

zoom zoom ·

Chris Ws. Ek stem 100% saam met jou. Iemand en ek weet nie wie wat die wette van die stafsrade ken moet die mense help. Sannieshof kon sekere goedbregkry. Waarom moet betaalers gestraf word vir swak bestuur van anc beheerde stadsraad??????/? IEMAND HELP ASB

Buitestander ·

Nou moet die onskuldige verbrueker saam met die die nie betalers ly. Ag siestog.
Raadslede moet nie al die geld in julle sakke steek nie!!!

Amelia ·

Wat van daar word vir geen Munisipale werker salaris betaal, alvorens die miljarde rande se skuld nie opgemaak is nie.

Petro ·

Waarom kan Brandfort inwoners nie betaal krag instaleer nie. Die woonbuurtes het almal en die “geen krag” verontrief hulle nie?

Tyd vir aanbeweeg ·

Dis nou genoeg. Ons het nie krag nie, ons word geviktimiseer deur EFF en ANC, kom ons gebruik die grondgrypdreigemente om vir selfbeskikking te onderhandel. Ons sal baie beteraf wees as wanneer ons net stilsit en die hele land onder kommunisme ondergaan. Ons moet nou uit die sinkende skip spring terwyl ons kan.

wraggies ·

Ek meen die tyd is lankal verby dat betalende verbruikers oorgaan tot aksie teen hierdie munisipaliteite.

Sarel Strydom ·

Die Munisipaliteite moet tot verantwoording geroep word soos on nou. Sal natuurlik verskoning aanvoer dat verbruikers nie hulle rekening by munisipaliteit betaal nie.

Charl ·

Ons het dit probeer hulle kan nie gedoen word nie rede is onbekend.

Jaco ·

En so ly die betalende mense onder die wat nie betaal nie… En die nie betalers kry maar net want hulle bly stem om n regering aan bewind te hou wat nie die basiese dienste kan of wil verskaf nie omdat hul ondersteuners n houding van gratis dienste het. Hou julle gelde terug en bele in sonkrag of so iets waar moontlik om nie van die munisipaliteit afhanklik te wees nie. Is daar dan nie n son aanleg so n paar jaar gelede hier opgerig nie?

AJ ·

Bevry jouself van die onderdrukkende monopolie deur EKSDOM (ANC ontplooiide) kaders deur sonkrag en gas te gebruik.

Water is volgende!

Staan saam en instaleer sonkrag boorgatpompe en water opgaar tenks waarmee bure ook van water vooraien kan word.

En siedaar … jy (julle) is bevry!

Wek jou eie elektrisiteit op en bou netwerke vir eie water voorsiening.

Regering is besig om ‘in te plof’ op alle vlakke … lokaal, provinsiaal en nasionaal!

jaco ·

die ANC beheer hierdie munisipaliteite en die ANC-regering het die beherende aandeel in Eskom. So eintlik sny die ANC dus die ANC se krag af. Iets maak nie sin nie. So iets kan met 1 dag se administratiewe proses afgeskryf word.

RM ·

Nee man, geen mens wil sonder krag leef nie! Dit druk ‘n mens om nie hierdie Afrika leefstyl te aanvaar nie.

Volgende is water, dan lee’’ rakke sonder kos..

Louis ·

Net vir julle inligting dit is net die dorp wat kragonderbrekings het by Tokologo het. Die woonbuurt buite die dorp is nie geraak deur die onderbrekings nie, want hulle het n koopkrag stelsel. Maar die dorp word tans nie toegelaat om n koopkrag stelsel te kry nie.

Hoe verklaar mens dit, kan iemand dalk help met die wetlike aspek hier.

Suzie ·

More Petro.
Die inwoners van Sabie het vir n lang tydperk gebuk gegaan onder beurtkrag as gevolg van agterstallige skuld. Nou praat ek nie net van elekrtisiteit nie maar ook beperking op hulle water toevoer wat gesny was. My suster woon daar en het ‘n “pre-paid” meter maar hulle het nog steeds almal se krag en water gesny. Eers einde verlede jaar is daar ‘n hof bevel uitgereik dat Eskom dit nie mag doen nie en die dienste moet herstel. Sabie het nou ‘n spook dorpie geword want talle handelaars het hulle deure gesluit want toeriste wil nie sonder die dienste in ‘n land kom kuier nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.