Eskom het aangekondig dat die Tokologo- en Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat nog langer onder kragonderbrekings gebuk sal moet gaan weens agterstallige skuld.
Die Tokologo-munisipaliteit wat Boshof, Dealesville, Hertzogville en Seretse bedien, sal van Woensdag af vir die derde week kragonderbrekings ervaar. Die onderbrekings sal intussen tot 14 uur per dag vermeerder word.
Dié munisipaliteit gaan sedert 21 Februarie onder kragonderbrekings gebuk aangesien die munisipaliteit Eskom meer as R36 miljoen skuld. “Die munisipaliteit het nog geen bevredigende pogings aangewend om verdere onderbrekings te voorkom nie,” het Bibi Bedir, senior bestuurder van Eskom se kliëntediens in die Vrystaat, gesê.
“Dit laat ons met geen ander keuse nie as om die onderbrekings uit te brei. Ons hoop dat die munisipaliteit ʼn dringende poging sal aanwend om die bedrae te betaal wat nodig is om die onderbrekings te beëindig ter wille van die gemeenskappe wat geraak word.” (Kyk onderaan die berig vir volledige onderbrekingstye.)
Die Masilonyana-munisipaliteit wat Brandfort, Theunissen, Winburg en Verkeerdevlei bedien, sal intussen ook van Woensdag af langer kragonderbrekings ervaar. Kragonderbrekings sal met twee uur vermeerder word. Dié munisipaliteit skuld Eskom meer as R48 miljoen.
“Ons hoop dié munisipaliteit sal ook die nodige betalings maak om die kragonderbrekings te beëindig voordat ons die derde week bereik waar onderbrekings tot 14 uur per dag vermeerder sal word,” het Bedir gesê.
Tydelike geskeduleerde onderbrekings vir die Tokologo-munisipaliteit:
Week 1 (21 Februarie 2018 – 27 Februarie 2018) | |
Maandag tot Vrydag | Saterdag en Sondag |
06:00 – 08:00 | 08:30 – 11:00 |
17:00 – 19:30 | 15:00 – 17:30 |
Week 2 (28 Februarie – 6 Maart 2018) | |
Maandag tot Vrydag | Saterdag en Sondag |
06:00 – 09:00 | 08:30 – 12:00 |
17:00 – 20:30 | 15:00 – 19:00 |
Week 3 (7 Maart 2018 tot ʼn ooreenkoms bereik is) | |
Maandag tot Vrydag | Saterdag en Sondag |
06:00 – 20:00 | 06:00 – 20:00 |
Tydelike geskeduleerde onderbrekings vir die Masilonyana-munisipaliteit:
Week 1 (28 Februarie 2018 – 6 Maart 2018) | |
Maandag tot Vrydag | Saterdag en Sondag |
06:00 – 08:00 | 08:30 – 11:00 |
17:00 – 19:30 | 15:00 – 17:30 |
Week 2 (7 Maart 2018 – 13 Maart 2018) | |
Maandag tot Vrydag | Saterdag en Sondag |
06:00 – 09:00 | 08:30 – 12:00 |
17:00 – 20:30 | 15:00 – 19:00 |
Week 3 (14 Maart 2018 tot ʼn ooreenkoms bereik is) | |
Maandag tot Vrydag | Saterdag en Sondag |
06:00 – 20:00 | 06:00 – 20:00 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Eskom gaan verkeerd te werk.Kom AfriForum,doen jul werk en vat Eskom hof toe.Eskom kan nie mense wat krag betaal straf nie.Die munisipale Bestuurders moet aangekla en voor die hof gedaag word omdat HULLE verantwoordelik is vir die nie betaling van Eskom se rekening.
Nou moet die onskuldige verbrueker saam met die die nie betalers ly. Ag siestog.
Raadslede moet nie al die geld in julle sakke steek nie!!!
Wat van daar word vir geen Munisipale werker salaris betaal, alvorens die miljarde rande se skuld nie opgemaak is nie.
Waarom kan Brandfort inwoners nie betaal krag instaleer nie. Die woonbuurtes het almal en die “geen krag” verontrief hulle nie?
Dis nou genoeg. Ons het nie krag nie, ons word geviktimiseer deur EFF en ANC, kom ons gebruik die grondgrypdreigemente om vir selfbeskikking te onderhandel. Ons sal baie beteraf wees as wanneer ons net stilsit en die hele land onder kommunisme ondergaan. Ons moet nou uit die sinkende skip spring terwyl ons kan.